Finish en klaar.

My laaste blog uit Stockholm uit. Dit voel vreemd om te dink ek vlieg môre weg. Sê net so totsiens vir ‘n lewe wat nie meer gaan wees nie.

Ek het vanaand gemengde gevoelens. Ek praat vroeër met my ma en sy vertel my van vriende van ons wat met ‘n wapen aangehou is in ‘n winkel omdat die boewe vas geglo het die oom is die eienaar van die winkel (hy was net ‘n klant). Ek lees van ander bloggers wat hulle goedjies gaan pak en die teenoorgestelde roete as myne gaan volg. Land-uit. Ek lees dat 18% van huise wat deur wit mense besit word in die mark is omdat die eienaars die land verlaat. En ek pak my goedjies en vlieg met ‘n spoed land in . En ek is nog opgewonde daaroor ook. Ek wil nie teleurgestel word nie.

Op ‘n prettiger noot kry die “wat gaan ons eerste eet?” speletjie wat ek en Liefie al vir 15 maande lank speel nou momentum. Ek dink die wenners is braaivleis en biltong. Dis ook vir ons goed dat die twee gekombineer kan word. Ek het ook ‘n kaas-en-tamatie broodjie op Albany witbrood op my lysie. Ek weet die brood is wind en bevat geen voedingswaarde nie, maar teen die brood wat mens hier op die rakke vind en wat altyd ten minste twee dae oud is, gaan daai Albany sagte-sagte-sagte brood uit die boonste rakke wees.

‘n Paar ander gedagtes:

1.Ek het nogsteeds nie my “by-line” of watookal mens dit noem verander nie en die “Sweedse stories en ander nonsens” is na vanaand nie meer van toepassing nie. Help!
2. Is dit ‘n natuurlike effek van vlieg dat mens heeldag “Leaving on a jet plane” sing?
3. Gaan ek onthou om ‘n kar te bestuur?
4. Ek wonder of ek môre gaan huil?
5. Hoe gaan ek oorleef sonder onbeperkte internet teen ‘n stink spoed?
6. Gaan my sussie toelaat dat ek by haar blog?
7. Waaroor gaan ek van nou af blog?

Ek mag dalk vir ‘n paar dae stil wees – my to-do lysie is langer as lank en Liefie is nogal ‘n slawedrywer as hy die dag wil en ek is nie seker oor waar ek my volgende internet fix vandaan gaan kry nie, dink maar aan my!

Sweedse groete (vir ‘n laaste keer!!)

Hej då! 🙂

(ek is oorstelp van opgewondenheid!)

Advertisements

17 thoughts on “Finish en klaar.

  1. kaalvoetinireen Julie 23, 2008 / 5:46 vm

    Sterkte met die laaste reelings ens! Mag julle ‘n aangename en veilige vlug terug he na SA. Ek is jaloers oor al die lekker kos wat jy gaan eet in SA, so jy moet maar vir my part ook biltong ens eet. Die naaste was ek hier aan biltong kom is gedroogde inkvis en beef jerky is nie lekker nie!

  2. Eben Julie 23, 2008 / 7:02 vm

    Mmmm lekkerrrrrr dink aan daardie lekker braaivleisie en die kersie op die koek is al die mense wat omgee om jou. Al die geselsies en ‘ … vertel nog, wat het gebeur!!’ Maar dis ‘n lekker ondervinding van jou lewe wat jy absoluut met deernis en liefde styf teen jou hart kan vertroetel!!

    Misdaad …. gisteraand nog noem ek ‘ … wonder of ons nie maar ook die bal aan die gang moet kry?’ 😦

    Maar-nie-te-min welkom terug, en ons almal hoop en sien uit na ‘n lekker lang posting wat alles gebeur het op die vlug terug en wedersiens van familie en vriende. 🙂

  3. René Julie 23, 2008 / 8:35 vm

    Nr1 – Wat van iets soos … Is daar lewe na Stockholm?!! 😆

    Geniet die vlug en die weersiens en die vleis en biltong en al die lekker dinge wat SA jou bied!!!

  4. demoerin Julie 23, 2008 / 9:01 vm

    Jou opgewondenheid is aansteeklik. Vir my beteken dit dat in jou hart het jy besluit dit is die regte besluit! Lekker vlieg….ek sou eerstens uitgesien het na Suid-Afrikaanse wyn, teen ‘n bekostigbare prys!

  5. Paula Julie 23, 2008 / 10:50 vm

    Sterkte vir jou!

  6. boendoe Julie 23, 2008 / 3:01 nm

    Jane, ek kan regtig identifiseer met jou issues!
    Ek het nog nie my blog verander nie, maar dis regtig ook nie meer van pas nie. 😆
    Ek dink nie jy gaan more huil nie, maar bietjie later. Laat weet of ek reg of verkeerd was!
    Welkom tuis, en sterkte!

  7. boerinballingskap Julie 23, 2008 / 3:36 nm

    Sterkte vir die “reverse cultural shock”!

    NS: Kaalvoet, beef jerky is vir my lekker!

  8. Pikkelik Julie 23, 2008 / 6:54 nm

    Ek is so agter met die gelesery ek moes eers seker maak ek is by die regte dag!! 😳 Sterkte, lekker vlieg, en as jy by die lughawe land en jy sien ‘n vrou met ‘n wit rok en ‘n rooi roos in haar hand… dis nie ek nie… Ek kan dit ongelukkig nie maak om jou ter verwelkom nie…

  9. Wipneus! Julie 23, 2008 / 8:59 nm

    Wel dan neem ek aan dis in orde as ek nou sê:

    Welkom terug NJ !!!
    Geniet die braaivleis en Albany broodjie 😉

  10. Emil Julie 24, 2008 / 8:51 vm

    Daar is NIKS fout met Albany brood nie – veral met die kaas en tamatie!! Stapelvoedsel in my huis, stapelvoedsel!

    Nou, ja, welkom (terug) in Suid Afrika.

  11. demoerin Julie 24, 2008 / 8:54 vm

    Fokkit, nou is ek weer laaste in die kraal. WELKOM TERUG!

  12. Rustig Julie 24, 2008 / 12:39 nm

    Ek oorvreet my aan die skaap ribbetjies en tjops as ek by die huis is. Res van die jaar is dit pienk polonie en kaas toebroodtjies. So geniet dit!

  13. Emil Julie 25, 2008 / 12:36 nm

    Ek gaan my enigste hit uit Swede mis!

  14. netjane Julie 27, 2008 / 9:17 nm

    Liefie moet vir 2 maande weer terug Stockholm toe. 😦

    Sal hom aansê om jou blog te besoek, dan kry jy darem nog die hit Emil. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s