Die Skim is terug.

Ek is terug!

Ek is ook vreeslik jammer dat ek net soos ‘n dief in die nag verdwyn het, maar ek het op die laaste nippertjie besluit om nie my rekenaar in te pak nie en die outjie by wie ons gebly het kon nie sy wireless network se wagwoord onthou nie en en en…

Duitsland was fantasties. Ons is flou gekuier! Ons gasheer is ‘n regte dinamo en sy energie ken geen perke nie. Hy het selfs 2 groot verrassings vir ons gereël en dit het tot gevolg gehad dat ‘n ander vriend van Frankfurt af gekom het vir ‘n aandete in Stuttgart en 2 ander vriende van Berlyn gekom het vir die naweek. Ons het omtrent gekuier! Ek het veels te veel geëet en kan eerlik sê dat ek nie baie vinnig weer duitse spesialiteite wil sien nie! Ek het ook my deel gedoen vir die duitse bierbedryf.

Nog iets fantasties in my lewe – Ons het ‘n vroeër vlug terug Suid-Afrika toe gekry! Ons vlieg Woensdagaand. Ek is omtrent uit my vel uit!

Advertisements

16 thoughts on “Die Skim is terug.

  1. Toddy Julie 21, 2008 / 12:16 nm

    ha..ha..ha , sorry I can’t understood your language ,
    but filler you are very happy.

    please , leave your comment , here.

    thanks and best regards

  2. kaalvoetinireen Julie 21, 2008 / 12:31 nm

    Klink of jy omtrent feeste gehad het! Ek is skoon jaloers oor jy SA toe gaan. Voel of die tyd hier by my ekstra stadig verby gaan! Geniet jou laaste paar dae in die vreemde Janie!

  3. Zee Julie 21, 2008 / 12:36 nm

    NJ, jinne ek kan sien jy is omtrent uit jou velletjie uit!

    Klink of jy Duitsland baie geniet het 🙂

  4. Emil Julie 21, 2008 / 12:43 nm

    Voorspoedige reis terug!

  5. Blixer Julie 21, 2008 / 1:59 nm

    Bon voyage! En welkom terug!

  6. krista Julie 21, 2008 / 2:12 nm

    Lekker!

  7. René Julie 21, 2008 / 2:46 nm

    Hey! Welkom terug opi lug dame!!!

    Ek kan sien jy is baie opgewonde om huistoe te kom!!

    Hoop jul reis terug is baie voorspoedig!!

  8. ICE Julie 21, 2008 / 3:26 nm

    Welkom terug!

    Geniet die laaste twee dae in Europa!

  9. Dellie Julie 21, 2008 / 4:18 nm

    Goed om weer van jou te hoor, Skim… :mrgreen:

    Voorspoedige reis, en ek hoop jou bagasie travel ook goed. 😉

  10. Pikkelik Julie 21, 2008 / 7:30 nm

    Ja,ja,ja,ja,ja… Kom terug en kom skuif jou reg voor daai rekenaartjie van jou! Ons het jou omtrent gemis! Veilig vlieg, en rus maar die arms so halfpad! 😆 😆

  11. Wipneus! Julie 21, 2008 / 9:04 nm

    Wow dan is jy amper by die huis!! Dis lekker om jou terug te hê!

  12. Wenchy Julie 21, 2008 / 9:46 nm

    klink lekker

  13. demoerin Julie 22, 2008 / 8:56 vm

    One day and counting!!

  14. Rustig Julie 22, 2008 / 2:53 nm

    Veilig reis. Jy gaan dit mis!

  15. Paula Julie 22, 2008 / 3:50 nm

    Sterkte vir jou met die reis!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s