Wat pas nie?

Terug by die huis! Hoe presies ek ‘n tydelike woonstel met 3 tasse as my aardse besittings as “huis” ervaar, weet net ek. Dis seker maar omdat ek terug is in Stockholm. Of omdat daar ‘n bad is.

Ons huur tans ‘n woonstel wat aan Liefie se werk behoort en aangesien ons eintlik net so 7 dae aan en af nog in Stockholm gaan slaap werk dit goed en goedkoper uit as ‘n hotel. Toe ons uiteindelik vanaand hier aangeland het van die lughawe af het ons vinnig gaan kos koop sodat ek darem iets vir aandete aanmekaar kon slaan. Toe ek begin rondsoek in die kombuis vir goed, slaan een van my snaakse maniere deur. Die kaste is nie na my sin ingerig nie en ek moes myself dwing om eers klaar te kook voor ek die kaste begin regpak het. Hoekom ek omgee hoe iets lyk waarin ek eintlik geen belang het nie, weet ek nie, maar dit moes net reg.

Ek is die tipe wat in Pick ‘n Pay die verlore blikkie groente wat iemand iewers anders gelos het terugneem na die regte rak toe. In Look & Listen groepeer ek die DVD’s sodat dieselfde titels bymekaar is. Ek kan myself nie keer nie. Dis onwillekeurig, as ek myself kry sorteer ek goed uit. Liefie gluur my al aan en dan doen ek dit as hy sy kop wegdraai. As daar ‘n rooi pen tussen die swart penne in CNA lê haal ek dit uit en sit dit by die swart penne. Dieselfde met Hallmark kaartjies, as ek ‘n verjaardagkaartjie onder die “Innige simpatie” afdeling sien wil ek omtrent crack. Ek skei die wit- en bruinsuiker pakkies in koffiewinkels, want ek hou nie daarvan as dit gemeng is nie. (Ek drink nie eens suiker in my koffie of tee nie!).

Ek weet nie wat ek groepeer en wat nie. Al my broeke hang byvoorbeeld nie langs mekaar in my klerekas nie, maar hemde, toppies en t-shirts is netjies gegroepeer. Handsakke is nie volgens kleur nie, maar volgens grootte. My CD’s is nie alfabeties of volgens genre nie, hulle val maar net waar hulle val.

My “maniertjie” pla my nou…

Advertisements

27 thoughts on “Wat pas nie?

  1. Paula Julie 11, 2008 / 9:24 vm

    So het ons elkeen maar maniertjies 🙂 My klerekas word ook so georden.
    Lekker dag vir jou!

  2. Dellie Julie 11, 2008 / 9:42 vm

    My klerekas moet ook so wees. Soort by soort. My kombuiskaste is net so erg. Die bekers se ore moet links wys, die groottes bymekaar, dan die kleintjies, die met prentjies, die sonder prentjies. Selfde met glase. As iemand anders skottelgoed gewas het, kom pas ek agterna die kaste reg.

    Die res van my huis is in chaos… :mrgreen:

  3. Pikkelik Julie 11, 2008 / 10:03 vm

    Jeeeeez, nie een van julle het klein kinnertjies nie!!!!!!!!!!! 😆 😆 😆 😆 😆

  4. Wipneus! Julie 11, 2008 / 11:08 vm

    Ek ken dit, dinge moet in gelid lê, op hulle plek waar hulle hoort 😳 Die blikkies met die labels vorentoe 😉

  5. René Julie 11, 2008 / 12:51 nm

    OMW!! Ek weet waarvan julle praat – ek het dieselfde siekte! Die sielkundiges sê dis angstigheid. Deur dinge te orden skep jy “rustigheid en ordelikheid” vir jouself en skakel jy so die eskalering van jou angstigheid uit!! Ek wetie of dit “bull” is nie – maar as my omgewing georden is – is ek beslis rustiger! Maak sin vir my!

    Moenie dat die goedjies jou pla nie Janey!! Water op ‘n eend se rug….! As dit jou happy maak, doen dit anyway!

  6. Zee Julie 11, 2008 / 12:56 nm

    Sjoe, julle wil nie my tupperware kas sien nie. Tot die spice rakkie loop nou al deur!!

    Ek verander een keer ‘n week Zeethan se kaste. Manlief het al moed opgegee oor waar die doeke nou eintlik gebere word. 😛

  7. ICE Julie 11, 2008 / 3:38 nm

    Stem saam met jou Pikkelik!

    As julle klein kinders het, is niks ooit op hulle plek of in volgorde vir langer as wat dit hulle vat om dit te move nie! 🙂

  8. demoerin Julie 11, 2008 / 4:27 nm

    A nee a mense! Daar is soveel meer pret goed om te doen as te sorteer! Sterkte aan jou Liefie!

  9. rosalindfranklin Julie 11, 2008 / 6:54 nm

    Ek pak weer die boeke in boekwinkels reg wat nie onder die regte afdeling gesit is nie. Kan dit nie verdra as pseudo-wetenskap onder wetenskap beland nie ect.
    Ook DVD’s in winkels, ek verpes dit as ‘n drama onder “aksie” beland, dis so ‘n skande vir my.
    Maar ons koskas is effe deurmekaar.

  10. DGS Julie 14, 2008 / 8:48 vm

    Nee o hel! 😆 Dis darem te erg!

    Ek pak ‘n ding daar waar daar ‘n plek is, maar as ‘n reël het elke ding sy plek. Die grootste chaos in my lewe is my lessenaar en sy laaie. Nie ‘n mooi gesig nie…

  11. Blixer Julie 15, 2008 / 1:42 nm

    Ongelukkig is ek nie so nie, wens soms ek was, maar ek is te ‘gemaklik’ met die lewe om oor klein goedjies stres te vang.

  12. Wipneus! Julie 15, 2008 / 1:53 nm

    NJ nog 11 dae!!!! 😆

  13. Emil Julie 15, 2008 / 4:08 nm

    Teehee: die patroon waarin die obsessief-kompulsiewe NJ vasgevang is, is een van vrees en angs. Die kompulsiewe bring dikwels verligting van die angstigheid. Die handeling is die individu tot hulp, want beheer word herwin.

    Net nog ‘n paar dae, dan kan jy weer totaal nuwe rituele in SA uitwerk. Orden dus maar rustig voort, want dit maak jou tog beter voel agterna.

  14. Rustig Julie 16, 2008 / 9:34 vm

    Netjane: Dit is ‘n ding wat erger word as dit nie vasgevat word nie. Ek hou ook van orde en dit het later bietjie hand uitgeruk. Ek het darem al baie afgekoel en besef ons kan nie ons omgewing beheer nie, maar wel ons eie gedrag.

  15. demoerin Julie 16, 2008 / 10:27 vm

    10 dae…maar dan moet jy mos nou weer begin inpak? Eishhh

  16. Zee Julie 16, 2008 / 10:21 nm

    Mmm, as ek nou net so bietjie gewag het kon dit 9 dae gewees het!!!

    Ek wonder nou, hoe gaan jy pak… volgens snit, kleur….

  17. Wipneus! Julie 17, 2008 / 1:34 nm

    9 dae!!! 😆

  18. DGS Julie 17, 2008 / 10:41 nm

    Ek reël ‘n search party. Tussen al die orde behoort ons jou te kry. Of het jy met al die pakkery jou laptop verlê?

  19. René Julie 18, 2008 / 9:59 vm

    Come out come out wherever you’re hiding!!!

    Thanx vir die surprise Janey – jy het my dag gemaak gister!!! :mrgreen: Groot beertjie (((((HUG))))) vir jou!

    Lekker inpak en sterkte moet die koebaai sê!

    Dink aan julle!! xxxx

  20. NetJane Julie 18, 2008 / 11:31 vm

    Ek pak glad nie. Ek galavant in Duitsland van vroeg oggend tot laat aand, ek is stokflou! Geen laptop of internet nie, skryf van Liefie se blackberry af. Sondag aand vertel ek alles! Dankie vir die search party.

  21. Wipneus! Julie 18, 2008 / 11:36 vm

    Hi NJ dit klink lekker, kan nie wag vir Sondag-aand nie!!! Geniet dit.

  22. Emil Julie 20, 2008 / 10:13 nm

    Hierdie “maniertjie” van jou om so te verdwyn is swak maniere!

  23. Da Mario Julie 25, 2008 / 8:04 nm

    My “maniertjies” sou my ook gepla het as hulle hierdie tipe van dinge was…. 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s