Oor volkshelde en koringlande

Ons is in die Skåne provinsie van Swede. Dis ‘n pragtige provinsie met die mooiste landskap. Die lande vol goue koring langs die blou see is te pragtig. In die middel van die rollende heuwels is daar nog groot bome en as afwisseling blom die aartappels spierwit teen die groen blare. Die koringlande het ook rooi poppies al langs die grense af en al die kleurskakerings is soos ‘n skildery. Daar’s padstalletjies wat vars aarbeie verkoop en die algemene gevoel van die area is net een van rustigheid en vrede.

Toe ek klein was, was daar ‘n paar tv programme wat hoog op my prioriteitslys was. Die een was Dawie die Kabouter en die ander was Nils Holgerson. Nils Holgerson se tuisprovinsie was Skåne. Die vlae by toeriste informasie punte wys dan ook die prentjie van Nils op die gans se rug. Swede se 20 kroon noot het ook vir Nils op. (Duidelik ‘n volksheld!).

Die wysie van die liedjie is ook al heeldag in my kop, maar ek kan tot die dood toe nie enige van die woorde onthou nie! Help! Dit pla my vreeslik! Ek het op youtube gaan loer, maar kry net die Nederlandse weergawe.

Ons het vanaand by vriende gaan eet en siende dat Liefie moes bestuur en die reëls baie streng in Swede is, kon hy glad nie iets drink nie. Ek word toe aangesê om sy kwota ook te drink. Ek sê maar net “hmm”. Môre oggend sal ek seker “grr” sê.

Ons ry môre al langs die weskus van Swede, op na Göteborg (Gothenburg) toe. Ek het visies van wit strande en palm bome. A girl can dream!

Advertisements

11 thoughts on “Oor volkshelde en koringlande

  1. kaalvoetinireen Julie 8, 2008 / 2:08 vm

    Dis ‘n stunning prentjie wat jy skep en dit laat my sommer dink aan ‘n paar Van Gogh skilderye met die goue koringlande teen helder blou agtergronde… Wie onthou nie vir Dawie en Nils nie…ek het nooit ‘n episode gemis nie. Kan jou ongelukkig nie met die woorde help nie. Geniet die res van jul trip!

  2. René Julie 8, 2008 / 8:11 vm

    Foto’s??????

    Die Swartland is hierdie tyd van die jaar op sy mooiste (en natste)! Dit reën nou al 6 dae aaneen! Die groen van die koringlande met spikkelswart beeste wat kol-kol wie, die geel van die canola lande, die grougrys van die berge en die helder blou van die lug (dis nou as die nie reën nie), die herfsrooi-oranje wingerde en spierwit swewende wolkies – is seker die mooiste gesig wat ek al ooit gesien het!

  3. René Julie 8, 2008 / 8:14 vm

    mmmm…wie moes WEI gewees het!! :mrgreen:

  4. Pikkelik Julie 8, 2008 / 10:09 vm

    Dit klink hemels….
    ♫♪♫ Nils Holgerzon, vlieg na die lande daar vêr.. ♫♪♫ kan ook nie die ander woorde onthou nie… Oi die ouderdom…. :mrgreen:

  5. ICE Julie 8, 2008 / 10:28 vm

    Ek onthou vir Nils en sy maatjie, Krummel.

    Maar om die dood toe kan ek nie die woorde van die kenwysie onthou nie…

  6. Wipneus! Julie 8, 2008 / 12:46 nm

    Sorry NJ ek ken nie die woorde nie. Hulle saai daardie programme nou weer op Kyknet uit.

    Jinne dit klink of julle nou mooi goed sien!!! Ek wens so ek was daar!

  7. reisiger Julie 8, 2008 / 2:26 nm

    Dit klink heerlik en jy beskryf dit so mooi maar ek sal graag die foto’s wil sien veral van die rooi poppies!! Assebliefffff….??? As jy weer ‘n kansie kry??

  8. demoerin Julie 8, 2008 / 3:31 nm

    Sjoe maar dit klink mooi, wil weereens net my tasse gryp en pak! Almal onthou seker vir Nils en Krummel…om een of ander rede onthou ek ok net Dawie se liedjie, ek dink dit is Pieter Smith se skuld! 😆

  9. Dellie Julie 8, 2008 / 3:40 nm

    Ek was ook stout oor Nils en Dawie, maar skuus, die woorde ontwyk my ook… kan net daai stukkie saam Pikkie sing… 😳

  10. netjane Julie 8, 2008 / 10:05 nm

    Kaalvoet: Dis nes Van Gogh. Ek is mal oor “landelike” tonele en hierdie is van my gunsteling scenery.

    René: Wat ek hier sien het my baie aan die Swartland laat dink. Vandag die velde canola ook begin sien. 😉 Sal maar by jou moet kom kuier om myself weer in die scenery te verlustig

    Pikkie & Dellie: Dankie vir die probeer! Ek lalalalala en dan Nils Holgersoooooon ek maar weer, dryf vir Liefie na die poorte toe!

    Ice & DMI: Ek het alweer van Krummel vergeet. Ek vermoed ek gaan weer die programme moet kyk! Nostalgiese herinneringe…

    Reisger & Wipneus: Ek sien pragtige goed, maar ek was so bietjie lui met die neem van foto’s! 😳 Dit was so asof die kamera nie kon sien wat ek sien nie, maar ek sal weer probeer!

  11. Zee Julie 8, 2008 / 11:30 nm

    Nou hoekom ken ek nie vir Nils Holgerson nie? Ek onthou darem vir Dawie.

    Ok, ek sing ook maar saam met julle….. lalalalala

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s