Daai gevoel

Toe ek nog op universiteit was, was daar altyd ‘n tyd in die jaar, so skuins voor jaar eind eksamens begin het, wanneer daar iets in die lug en die gevoel van die stad was en ek het dit altyd vir myself beskryf as dit voel soos somer. Dit kon miskien ‘n liedjie op die radio gewees het of ‘n spesifieke manier hoe die son geval het wat my laat opmerk het dat dit soos somer voel, maar na ek daai eerste “gevoel” gekry het, was alles vir my sommer net reg.

Ons het vandag by talle klein kusdorpies ingery. Die strande is kalm en die kinders baljaar rond en die ou tannies is (ongelukkig) in hulle bikinis. Oral eet mense roomys en op die horison is seilbootjies sigbaar. Die huise se tuine is mooi versorg en daar’s ‘n algemene gevoel van vakansie. Daar was toe ‘n gegrom van donderweer en so ‘n jakkals trou met wolf se vrou reënbuitjie wat uitgesak het en toe ek die reën ruik, toe voel dit vir my soos somer. Ek het al vantevore opgemerk dat die brein en sy truuks my altyd onkant vang, maar dat ek eintlik net vir ‘n donderstorm gewag het om die somer te “aanvaar” bewys net weer my punt.

Dis vir my vreemd om somer sonder Kersfees te hê. Dis my tweede somer in die Noordelike halfrond en dit voel net nie vir my asof dit “my” somer is nie. Die Swede voel seker so oor ‘n Kersfees met baie son. Mens raak so geheg aan dit waaraan jy gewoond is.

Ek begin nou kriewelrig raak vir ‘n regte huis. Dit gebeur altyd met my nadat ek vir ‘n ruk gereis het, veral as ons baie rondbeweeg. Ek voel soos ‘n skurk omdat ek nie vanaand in die stad rondstap nie, maar ek vat vir eers ‘n blaaskansie.

Advertisements

13 thoughts on “Daai gevoel

  1. Zee Julie 8, 2008 / 11:27 nm

    Netjane, dink net, nog net 18 daggies dan kom jy na jou regte huis toe.

    Ek wou nog altyd ‘n wit Kersfees gehad het maar ek glo niks kom by ons somer Kersfees uit nie!

  2. ICE Julie 8, 2008 / 11:35 nm

    Ek stem. Die kinders se skool sluit ook oor ‘n week, vir die jaar en die nuwe jaar begin vroeg September.

    Dit maak my moerse deurmekaar, want as dit die einde van die jaar is, moet dit mos Kersfees wees, of hoe?

  3. DGS Julie 9, 2008 / 7:34 vm

    Ek onthou ons moes altyd wag vir die eerste reën in Sptember voordat ons kon gaan swem. Dit was die teken dat die somer begin het. Deesdae is dit so bietjie deurmekaar. Soos elke somer was dit vrekwarm, maar dit het ook nooit ophou reën nie. En nou wil hierdie verdomde winter nie verby gaan nie, en dis al amper weer Kersfees! 😉 En van die dae gaan ons wintersokkies en heaters onder die Kersboom begin kry… 😦

  4. Wipneus! Julie 9, 2008 / 8:35 vm

    Oor 17dae is jy hier by ons!!! ♪ ♪
    Geniet jou vakansie, as jy terug is moet jy weer werk!!
    Neem vir ons baie foto’s! Ons is al nuuskierig om ook al die mooi plekke te sien

  5. Paula Julie 9, 2008 / 9:34 vm

    Vasbyt! … jy is amper by die huis!

  6. Da Mario Julie 9, 2008 / 12:21 nm

    ‘n Mens se brein werk soms met snaakse truuks ja. So wanneer kuier ons nou weer?

  7. demoerin Julie 9, 2008 / 3:20 nm

    17 days and counting…en dan is dit amper lente en dan Somerkersfees!

  8. mykopop Julie 10, 2008 / 6:53 vm

    Ek dink dis goed dat jy die somer daar jou eie begin maak. Hier hier Jhb het ons beswaarlik winter. Dankie, jy herinner my daaraan dat ek die appelkoosboom die naweek moet snoei, want sy blare is nog nie eens almal af nie en oor bietjie meer as ‘n maand moet hy begin bot.

  9. jaans Julie 10, 2008 / 11:00 vm

    Haai, ek is ‘n nuwe leser hier rond, so verskoon as ek simpel klink: maar ek dink dis awesome dat jy in Swede is! Een van my gunsteling lande 😀

    Ek sal dit definitief een dag besoek!

  10. Emil Julie 10, 2008 / 6:42 nm

    Hallo hallo – hier’s ek weer!

  11. Parenthesis Julie 10, 2008 / 9:10 nm

    It’s true. No matter how far or for how long we leave it, there’s something about home soil that is ingrained in us all of us. I loved Europe, I love travelling, I love exploring other corners of the globe, but somehow there’s no place quite like home – and you’re almost there 🙂 Lovely post dear, like koeksisters and melk tert 🙂

  12. netjane Julie 10, 2008 / 11:08 nm

    Ek raak nou al so opgewonde oor my “final countdown” dat ek nie weet wat om met myself te doen nie!

    @ Zee: Ek was vir Kersfees in Jordanië, so ek het nie eens ‘n wit kersfees gehad nie! Go figure? 🙄

    @ Ice: Daai “einde” van die jaar storie vang my ook…

    @MyKop: geniet die snoei! Snoei so dat ons darem bietjie appelkooskonfyt ook kan bedel…

    @ Jaans: Welkom! Klink glad nie simpel nie, dit is awesome, maar my tydjie hier is ook amper verby…

    @ Emil: Hello! 🙂

    @ Parenthesis: Koeksister & Melk tert – now you’re talking!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s