Die kamer wat ons ontwyk het

Na ‘n 5 uur vertraging in ons vlug het ons skuins voor middernag in Kopenhagen aangekom. Ons het gelukkig ‘n hotel naby die hoofstasie bespreek en het nie baie gesukkel om dit te vind nie.

Kamer 034 is aan ons toegeken. Die grondvloer hou op by kamer 031. Die eerste vloer se kamers begin (duidelik) met 1. Terug ontvangs toe. Die ontvangs dame kan ook nie kamer 034 opspoor nie. Nooit ‘n goeie teken as die hotel personeel self nie ‘n kamer kan opspoor nie. Ons sleep ons tasse op en af in verskeie gange en ek raak meer en meer bedonnerd. Kamer 034 is op die eerste vloer, maar nie regtig nie, aangesien mens by ‘n (ongemerkte) stel trappe moet afloop en dan ‘n geheime (ongemerkte) deur moet oopmaak en dan kom mens by kamers 033-036 uit. Ek voel jammer vir die ou wat 032 vir homself gewen het, want daai kamer bestaan nie, tensy dit ‘n Harry Potter kamer is en mens net deur die muur moet loop om daarby uit te kom.

Kamer 034 is in die kelder. Die kamer het nie ‘n nommer op nie, maar ‘n stukkie papier op die rekenaar uitgedruk en met prestick op die deur vasgeplak. Kamer 034 se vensters maak nie behoorlik toe nie, want nie ‘n probleem is op ‘n warm aand soos gisteraand nie, maar wel ‘n probleem is as jou naaste bure ‘n stripclub is. Kamer 034 het ‘n bad.

Ek en Liefie besluit gesamentlik dat al die baddens in die wêreld nie kan opmaak vir die ligging van kamer 034 nie. Ons word verplaas na 221. Heel skaflik.

Ons begin ons oggend met my nuutste missie. Ek wil ‘n appel Danish in Kopenhagen eet. Dis vir my soortgelyk daaraan as om ‘n croissant in Parys te wil eet. Kan julle glo? Nie ‘n enkele appel Danish te vinde nie. Waar kom Suid-Afrika dan aan die naam? Vreemd.

Dit was ‘n verskriklike warm dag hier en ek het ‘n lekker tan gekry. Na meer as ‘n jaar in Stockholm is ek nie meer gewoond aan hitte nie. ‘n Goeie dag in Stockholm is so 24 grade, met ‘n effense bries. Vandag was baie warmer hier en die Netjane-Liefie span het hulself gereeld op parkbankies in die skaduwee bevind.

Ek het ‘n idee gehad dat Kopenhagen en Stockholm baie dieselfde gaan wees, maar ek kon nie meer verkeerd gewees het nie. Beide is stede met baie water, maar Kopenhagen voel vir my soveel groter en besiger. Amper asof Stockholm provinsiaal in vergelyking is.

Môre, so laatmiddag se kant, sal ons die trein van Kopenhagen na Malmö in Swede toe neem. Dit vat so 35 minute en ek is baie opgewonde om die brug tussen die twee te sien. Daarna pak ons die suid en weskus van Swede aan en ek hoop vir goeie weer, aangesien die kus die “riviera” van die Noorde is…

Advertisements

9 thoughts on “Die kamer wat ons ontwyk het

  1. Wipneus! Julie 6, 2008 / 7:08 vm

    NJ ek sou ook nie in kamer 034 wou bly nie 😆

    Geniet Malmo!!

  2. Zee Julie 6, 2008 / 11:04 nm

    Whawha……. die trane die rol oor my bokkie…. Dit is wat nou in my mind opkom soos die trane rol soos ek vir jou lag NJ. Gelukkig het hulle nie vir jou die Harry Potter kamer gegee nie. 😆

    Geniet Malmo (Hoop ons sien die foto van die brug)

  3. chris Julie 7, 2008 / 6:23 vm

    ag ek is bly julle het ‘n kamer gekry

  4. Paula Julie 7, 2008 / 9:42 vm

    Sjoe, klink maar woes daar! Gelukkig het julle ‘n ou slaap plekkie gekry 🙂

  5. Dellie Julie 7, 2008 / 10:54 vm

    Ek het nou eers alles kom opvang. Dis lekker om te lees! Ten spyte van die weer in Ysland, was dit seker nogsteeds ‘n moerse ervaring. Geniet die res!

  6. Pikkelik Julie 7, 2008 / 11:40 vm

    🙄 Waaat????? Amper slaap julle in die slawekwartiere??? 😆 😆 😆

  7. demoerin Julie 7, 2008 / 2:59 nm

    😆 Ek onthou ek het een keer in London so ‘n ding gehad met ‘n funny vloer tussen ander twee, maar net met een van dei 4 stelle trappe bereikbaar! En nog ‘n bad ook! Jackpot! $$$$$

  8. VanDonk Julie 7, 2008 / 6:40 nm

    hahahaa… ek vra verskoning maar toe jy by die “bedonnerd” deel kom kon ek nie meer uithou nie (sien toe myself eenkeer in ‘n London hotel met sy patetiese plankdun mure tussen kamers!! :)) Hierdie is net soos daai paspoortstorie van jou! Die ongeluk het my ookal getref, maar in Oostenryke. Is natuurlik nie snaaks op daardie oomblik nie, maar wel later, HEELWAT later is dit wel – Jou blog doen my altyd baie goed 🙂
    Doet so voort!

  9. mykopop Julie 8, 2008 / 8:39 nm

    Sjoe maar jy het baie interessanthede, om te vertel! Jammer dat ek so lank laas kom inloer het, dinge is baie deurmekaar by my werk.
    Baie snaaks van die kamer, vir mense wat sulke goed ontwerp maak dit gewoonlik seker sin!

    En oor die Appel Danish – ons kon ook nie skuinskoek kry in Pofadder nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s