Ysland dag 5 (2 Julie)

Die missie: om ‘n puffin te siene te kry.

Ons is in die suide van die eiland en was veral naby ‘n gedeelte waar baie voëls in die somer broei, onder andere puffins. Ek weet nie wat my obsessie was om ‘n puffin te siene te kry nie (ek vermoed dit het iets te doen met hoe lekker die naam sê), maar ons het onderneem om ‘n puffin te sien al is dit die laaste ding wat ons doen.

Die wind het (weereens) storm sterk gewaai. Ons het ons nie laat onderkry nie en ten spyte van die feit dat omtrent geen ander lewende wesens, gevleuel of nie, dit buite hulle karre, huise en neste gewaag het nie, het ons die kar in 4×4 gesit het die kranse uitgery. Bo gekom was dit moeilik om te loop. Mens het net oranje voetjies teen die grys lug gesien en dan woeps was die puffin in sy (goed versteekte) nes teen die krans. Die voëls is nie bekend vir hulle vliegvernuf nie, maar hulle swem ‘n bars hou. Vir hulle om in daai weer gevlieg te kom vat nogal durf. Ons het nog so rukkie rondgestrompel en met een oog na die ander voëls gekyk. Ons is glad nie voëlkykers nie en as iemand my so vra wat ek gesien het sou ek net opmerk “iets wat soos ‘n eend lyk”. Ek vermoed nou dit was Eiders.

Ons het toe teen steiler heuwels uitgery en hierdie keer het Liefie ‘n stappie verder gegaan deur op sy maag te lê en oor die krans te leuen. Met die wind wat so waai het ek vermoed ons gaan puffins sien, maar dit gaan die laaste ding wees wat ons doen. Ek het so entjie verder aangestap en Eureka! Daar staan ‘n enkele puffin met ‘n bek vol vis. En hy staan net. En hy kyk vir ons. Toe kom sy maatjie. En sommer nog so paar ander. Ek was tevrede.

Met ‘n selfvoldane gevoel (asof ons die puffins self geskep het) ry ons toe na ons volgende avontuur. Snowmobile op ‘n gletser. Daar gekom word ons deur twee mal fransmannetjies ontmoet. “Zee weazer eez very very bad today, but for me, it eez very good! Hahahahaha!” Ons het daar weggetrek in die ysreën en dit was nog goeie weer. Ek en Liefie het twee indrukwekkende wipe-outs gehad en bietjie kans gekry om ons stunt bewegings in die sneeu te oefen. Ek het met ‘n snowmobile bo-op my geëindig wat nie iets is wat ek sal aanbeveel nie. Het vanaand lekker bloukolle en ‘n pyn in my heup wat seker gaan sorg vir rumatiek in my ou dag. Ek is glad nie een vir adrenalien sports nie, maar dit was bedonnerd gewees!

Ons laaste stop vir die dag was by ‘n geysir gewees. Dit is ‘n totaal hipnotiese ervaring. Die water borrel en die gat vul op en dan spuit daar ‘n stroom water in die lug op. En dan sê mens “nog net een keer” en dan wag mens weer en dan gebeur dit weer, maar hierdie keer lyk dit anders en die geysit spuit sommer twee keer namekaar. En dan sê mens “nog net een keer”. As dit ‘n sonskyn dag was dink ek ek sou vir ure daar kon sit en kyk hoe die warm water soos towerkuns in die lug in spuit.

Vir nou eers gaan ek vir ‘n laaste keer my bloukolle bewonder en dan in my slaapsak inkruip. Ek vermoed die beserings gaan môre seerder wees…

Advertisements

7 thoughts on “Ysland dag 5 (2 Julie)

  1. kaalvoetinireen Julie 3, 2008 / 1:07 nm

    Flippet maar dit klink lekker! Ek sou ook met so baie bloukolle daar weggestap het, maar dis iets wat ek verseker sal wil doen (nie die deel waar die snowmobile op jou land nie).
    Geniet die res van jul avontuur…sien uit na die foto’s! Ek wil ook ‘n puffin sien!

  2. DGS Julie 3, 2008 / 1:57 nm

    Bedonnerd…

    Somehow love ek dit as jy swets!

    😆 😆 😆 😆

  3. Paula Julie 3, 2008 / 2:08 nm

    Bly julle geniet dit so 🙂
    Pas jouself mooi op!

  4. Pikkelik Julie 3, 2008 / 8:13 nm

    Dit klink so lekker!!!!!! Ek hoop julle vries nog vir ‘n vale… Geniet dit!!! 😛

  5. DGS Julie 3, 2008 / 9:37 nm

    By the way – is die kamera darem nog orraait?? 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s