Ysland dag 4 (1 Julie)

The rain in Spain falls mainly on the plain. In plaas van Spain lees “Iceland” en in plaas van plain lees “everywhere and incessantly”. Mens kry weer, slegte weer, mislike weer, weer waarin mens regtig nie wil uitgaan nie en dan die kak weer wat ons tot dusver gehad het.

Die koudkry pla my al lankal nie meer nie, die natword word beperk deur ons reënbaadjies, maar dis die digte bank wolke wat oor alles hang wat my frustreer. Ons kan omtrent niks van die land sien nie! Ons kan vae buitelyne uitmaak en maar net raai dat dit hoë sneeubedekte berge met grasgroen valleie en kabbelende rivierstrome is. As ons dan later foto’s by die toeriste informasie punte sien wys dit ons was reg. Die land is pragtig, maar ons mis ‘n groot deel daarvan! Die tekort aan sonlig en lig het tot gevolg dat alles grys en grou vertoon. Die see bloei in die strand bloei in die kusvlakte bloei in die berge. Grys. Glad nie goed vir mooi foto’s nie. Alles gaan maar swart-en-wit moet wees. Die reën en wind het ook tot gevolg dat net my oë in elke foto uitsteek, maar ek kry darem goeie waarde uit my super wind en weer bestande reënjakker.

Ons het vandag die belangrikste gletser in Ysland en die grootste in Europa te siene gekry. Wow. Later ook by ‘n lagoon gestop waar stukke ys van die gletser afbreek en hierdie ysberge dan afdryf see toe. Dubbel wow. Die ys is die mooiste blou kleur. Tussen die ys swem robbe sodat mens net hulle neusies sien uitsteek. Net een tiende van die ysberg is sigbaar bo water en die res skuur dan heen en weer oor die rivierbodem totdat hulle uiteindelik genoeg smelt om see toe te dryf. Ons is verhoed om teen die gletser uit te loop, aangesien die weer vreeslik sleg was en die wind mens letterlik dubbel gebuig het. Die omie by gisteraand se slaapplek het ons verseker dat die weer nie normaalweg so sleg is nie en dat dit teen hierdie tyd van die jaar al 15 grade moet wees. Die weer klaar blykbaar teen Sondag op, maar dan is ons long gone!

Ons bly nou in ‘n huisie tussen die snaakste golwende groen heuweltjies en ek verwag dat ‘n Teletubbie enige oomblik mag verskyn.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s