Ysland – dag 2 (29 Junie)

Ek het te vinnig oor die koudkry gepraat.

6 grade is koud, 5 grader is kouer, 3 grade is onplesierig. 3 grade is veral onplesierig as die wind waai (soveel so dat mens nie hoef te loop nie, die wind dryf jou aan) en dit reën. Ek het locals in kortbroeke gesien.

Die land is pragtig! Die vistas verander vinnig en die swart strande (lava sand) fassineer my. Plek-plek is nog sneeu en tussen die sneeu is die Yslandiese perdjies en Yslandiese skape.

Die perdjies is vreeslik oulik. Mens kan hulle nie regtig ponies noem nie, maar hulle lyk eerder soos regte perde wat gekrimp is. Yslandiese perde is spesiaal omdat hulle ‘n vyfde “gait” het, maar ek weet nie genoeg van perde om verder te kan verduidelik nie.

Die skape is vreeslik snaaks en baie baie skrikkerig vir mense en karre. Engels het ‘n mooi woord vir die gedrag: “skittish”. As die skapies ‘n mens sien laat spaander hulle laat mens net wol sien trek. Sien seker bitter min ‘n mens. Ek, as ‘n stadkind seker, vind dit ook baie snaaks om die skape op die strand te sien rondloop.

Verder is daar ook padtekens wat mens waarsku teen robbe (die pad is nogal ‘n entjie van die strand/see af) en ek wonder nou of robbe so ver gaan “wandel”?

Ek oorleef die gedeelde badkamers, maar net. Alles is skoon en netjies en word goed gediens, maar as ek wil piepie wil ek piepie, nie buite die deur staan en trippel en wag vir iemand nie!

Onward en upwards! Lekker werk vir die wat so ongelukkig is. Hahahahahahahahahaha

Advertisements

25 thoughts on “Ysland – dag 2 (29 Junie)

  1. DGS Junie 30, 2008 / 12:06 nm

    Perdjies. Skape. Padtekens…

    Alles onbenullighede, YsJane! ‘n Post moet foto’s hê, en jy’s agter met die vorige post se foto’s. Tattoo’s en liquorice, onthou? 8-0

  2. Pikkelik Junie 30, 2008 / 2:05 nm

    Whahaha – ‘pasop vir die robbe’ Sterkte met daai koue, ek sal dit nie oorleef nie, my geraamte bibber al klaar in sonnige SA!!! 😆

  3. demoerin Junie 30, 2008 / 2:18 nm

    Ek wil ok graag meer van die gedeelde storte weet! 😆 Die Ysland trippie klink wel na pret, ne tbietjie koud vir my liking.

  4. René Junie 30, 2008 / 3:30 nm

    O donnerasie Janey – jy is in vir ‘n ding met daai foto’s!!

  5. Da Mario Junie 30, 2008 / 3:31 nm

    Miskien “tan” die skapies op die strand. O nee wag, dis mos koud. Mmmmm…. 😕
    Ek sekondeer DGS se voorstel. 😉

  6. Eben Junie 30, 2008 / 8:47 nm

    Hoekom sal die skape weghardloop, bang hulle word geskeer, of was jy lus vir ‘n skaap ribbetjie dat hulle dit van ver in jou oge gesien het.

    Ja neeeeee ek is geneig om saam Soldaat te stem, ‘n post sonder fotos is soos om jou sussie te soen!! 😆

  7. boendoe Junie 30, 2008 / 11:01 nm

    Foudie’s! Foudie’s!!

  8. demoerin Julie 1, 2008 / 10:45 vm

    Tog ek nou ek gaan vaanoggend hier aanklop en kiekies vind… 😆

  9. Wipneus! Julie 1, 2008 / 12:51 nm

    Dit klink lekker, waar is die foto’s???

  10. DGS Julie 1, 2008 / 1:37 nm

    Frokkit….

    Nog steeds niks….

    /me sug – verwaarloos…

  11. George Maru Julie 1, 2008 / 11:24 nm

    Julle was nie dalk by die Náttúra musiekkonsert nie? Blykbaar het Björk en Sigur Rós opgetree. Die Yslanders is voorwaar gelukkig.

  12. Zee Julie 2, 2008 / 12:38 vm

    Ek dink daar is iets fout met WP. Dit willie fotos wys nie.

    Ja toe toe Janie, is dit nou nodig om mens so lus te maak vir Ysland? Geniet dit!!

  13. demoerin Julie 2, 2008 / 8:53 vm

    Miskien het een van daai skapies met die kamera laat spaander?

  14. DGS Julie 2, 2008 / 10:15 vm

    Liewe hel, VerdwynJane! Jy het laasmaand laas geblog! Het iemand jou in een van daai toilette opgekluister?

    Moenie worry nie, ons sal jou (met die verloop van tyd) vergewe as jy nie vir ons ‘n paar foto’tjies wil plaas nie!

  15. Paula Julie 2, 2008 / 11:38 vm

    Kan nie wag om die fotos te sien nie!
    🙂

  16. Rustig Julie 2, 2008 / 12:43 nm

    Netjane gaan seker politieke loopbaan volg as sy terug is in SA. Sover sien ek net lee beloftes oor foto’s.
    /me Gaan nou maar die Penthouse koop!

  17. demoerin Julie 2, 2008 / 3:16 nm

    😆 Rustig

  18. Emil Julie 2, 2008 / 10:04 nm

    Snaakse een Rustig.

    Ek dink Jane is besig om hordes foto’s te neem.

  19. Rustig Julie 2, 2008 / 10:20 nm

    Hoop Netjane se fotos is in Braille. Ek kry beter idiee as ek met my hande kyk.

  20. DGS Julie 3, 2008 / 6:43 vm

    OK ouens, dis dag 3 na dag 2, en steeds geen teken van PornJane nie. Daar’s besluite wat gemaak moet word. Gaan ons ‘n soekgeselskap uitstuur? Moet die geselskap die blogger soek, of net haar kamera?Wanneer ons haar vind – moet net die kamera gered word, of die blogger ook?

    Enige voorstelle??

  21. Rustig Julie 3, 2008 / 8:56 vm

    Sy lê en “poach” seker in die Blue Lagoon, of stoei met ‘n ysbeer.

  22. netjane Julie 3, 2008 / 12:02 nm

    Hier is ek! Ek is in die wildernis onthou – die hele land het nie eens 300 000 inwoners nie, mens is gelukkig as jy ‘n ander mens sien!

    Vir die wat so vreeslik ongeduldig is vir foto’s – patience is a virtue!

  23. DGS Julie 3, 2008 / 1:45 nm

    😆 😆 😆 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s