Ysland, dag 1 (28 Junie)

Toe die loods die afkondiging maak dat dit ‘n lekker dag in Ysland is en toe byvoeg dat die temperatuur 11 grade is kom ek agter hoekom die eiland se naam Ysland is – die land waar dit koud is, selfs in die middel van die somer.

Liefie merk toe ook op dat Ysland in Yslandies Island heet, wat in Engels eiland lees, en Ysland is ‘n eiland en wonder toe sommer of daar ‘n verband is. (Ek dink hierdie string gedagtes tussen ons het gekom na ‘n paar aande van min slaap.)

Kort nadat ons geland het, het ons vinnig ingeval by die Duty Free om sjokolade en Haribo gummy bears te koop (my gunsteling). Ek praat nog lekker Afrikaans toe die kassiere terug in Afrikaans praat. Sy werk blykbaar net hier vir die somer en gaan dan weer huis toe.

Ons spring toe in ons spoedwa (en ‘n V6 teen R17/liter petrol is nie snaaks nie) en jaag Blue Lagoon toe. Man, maar dit was lekker. Warm water wat nooit koud raak nie, net nou en dan warmer. So melkerige ysblou kleur. Vir 2 ure daar rondgelΓͺ totdat ons behoorlik soos oumensies gelyk het, silica gesigsmasker opgesit en ontspan. Begin ‘n Hollandse omie toe met ons in Afrikaans praat, omdat hy in 1964 by Onderstepoort gestudeer het en toe leer Afrikaans praat het, maar intussen bietjie van die Afrikaans verleer het. Lyk my ek sal moet pasop vir Afrikaans in Ysland!

Die Blue Lagoon was ook vir my ‘n eye-opener. Gemeenskaplike aantrekkamers, (darem nie unisex nie!) en storte en so aan. En mens moet sonder jou swembroek stort voor jy in die water mag ingaan en daar staan ‘n tannie met ‘n besem en hou jou dop om seker te maak jy doen dit. Ek was heel bereid om dit te doen, aangesien die storte mooi modern met sterk watervloei was en mens kon die Jeyes Fluid ruik. Skoon. Oppad uit moet mens dan ook al die sout van jou lyf afwas en jou hare goed conditioner invryf, aangesien dit stokstyf staan. Effek van al hierdie stortery – vreeslik baie kaal vroue lywe.

Ek was laas in standerd 7 in L.O. klas tussen ander kaal vroue lywe. Ek gym nie, so word nie by die gym daaraan blootgestel nie. Ek weet mens is nie veronderstel om te kyk nie, maar as almal oral kaal is, waar moet mens kyk?

‘n Paar gedagtes:

1. Baie vrouens is glad nie skaam oor hulle lywe nie en sal so ver gaan as om in hulle evasgewaad voor klomp ander wildvreemdes hulle hare droog te blaas. Meisies sit ook kaal en hou lang gesprekke met wie ook al wil luister.

2. Baie vrouens het genoeg moed vir ‘n brazilian.

3. Klomp kaal vrouens saam gee regtig ‘n liquorice allsorts van tieties.

4. Tattoos op die linker bo-boud is gewild.

5. Die vrouelyf in al sy vorme is eintlik baie mooi.

Toe ons Reykjavik toe ry luister ons radio en hulle saai toe stukkies van Nelson Mandela se 46664 konsert uit.

Drie Suid-Afrikaanse gebeurtenisse in een dag – ek neem dit as ‘n teken van die Universe aan my, everything is going to be just fine.

Advertisements

17 thoughts on “Ysland, dag 1 (28 Junie)

  1. Sonkind Junie 29, 2008 / 10:03 nm

    Oor daai paar gedagtes – lyk my jy het BEHOORLIK gekyk πŸ˜†

    Jy sal maak dat DGSoldaat jou KykJane noem πŸ˜‰

  2. Wipneus! Junie 29, 2008 / 10:14 nm

    Dit is ‘n teken van die Universe: “Everything is going to be just fine” NJ.

    He he lekker gesmile vir jou gekyk na die vroue lywe. πŸ˜‰

    Geniet dit!

  3. Reisiger Junie 30, 2008 / 7:58 vm

    Lekker gelag vir die opsomming! πŸ˜†

    Ek het dieselfde tipe ondervinding destyds by die Engedi Spa by die Dooie See gehad! Die dag toe ons daar was, was daar egter meestal net ou tannies! 😯

  4. demoerin Junie 30, 2008 / 8:25 vm

    πŸ˜† Hel maar jy was darem gelukkig met daai stortery! Net die woord Ysland wil my laat bibber!

  5. RenΓ© Junie 30, 2008 / 8:38 vm

    Ek weet van twee stoetbulle wat ASAP ‘n reis Ysland toe gaan beplan! Mmmm…kom ons maak dit een stoetbul – die PTA stoetbul is lost in love! Then again, die Noordkaap stoetbul hou nie van koudkry nie!

    Jy sal maar foto’s moet plaas Janey! (Alhoewel ek diep in my binneste hoop jy het glad nie foto’s geneem nie – dit sou nou ordentlik kwalifiseer as “perv”!) Lol πŸ˜†

    OK – i’m outta here – lyk my ek wil net nonsens praat vanoggend!!

    Geniet Ysland!! :mrgreen:

  6. boendoe Junie 30, 2008 / 9:43 vm

    Lekker, Jane!
    Ek weet ook nie waar om my oe te laat rus tussen ‘n klomp kaal vrouens nie. Vreemd, ne?

  7. Dellie Junie 30, 2008 / 11:53 vm

    Die tannie met die besem tickle my – dink jy sy sou jou daarmee probeer bykom as jy nie jou swemklere uitgetrek het nie? πŸ˜†

  8. DGS Junie 30, 2008 / 12:02 nm

    Heito, PervJane! Nou praat jy mos my taal! πŸ˜† πŸ˜†

    Het jy jou kamera by die huis vergeet, of gaan jy sommer die evidence e-mail??!! Kaniwagi!!

    SΓͺ gou vir soldaatjie – waaroor gesels julle klomp kaalgatte as julle so kaal sit?? πŸ˜‰

    Boy-o-boy – liquorice all sorts… Ek verorber sommer dadelik ‘n pakkie!

  9. demoerin Junie 30, 2008 / 2:07 nm

    πŸ˜† Ek sien ok nou eers die all-sorts raak!

  10. Da Mario Junie 30, 2008 / 3:29 nm

    Ek dink ek moet ‘n vakansie Blue Lagoon toe beplan want die weer klink lekker. Maar ‘n gestortery saam met ‘n klomp mans… πŸ˜•

  11. Sarie Junie 30, 2008 / 4:01 nm

    Dis interessant die skaamte ding. Mans is gewoonlik min skaam om kaal te wees voor ander mans (ek was vir jare in ‘n manskoshuis op universiteit waar almal saam gestort het). Vrouens (of eerder SA vrouens) is om een of ander rede meer skaam. Europese vrouens weer baie minder. Dit vat net ‘n rukkie om gewoond te raak daaraan dat almal rondom jou kaal is, dan kom jy dit nie eens meer regtig agter nie. Dieselfde gebeur as mens saam met kaal mense van die ander geslag is (in ‘n nie-seksuele situasie soos ‘n nudiste strand). Aan die begin is dit miskien snaaks, maar gou-gou raak mens gewoond daaraan. Eintlik het mens tog niks om oor skaam te wees nie as jy daaroor dink (veral ons vrouens soos jy tereg in punt 5 opmerk). Die Duitsers sauna almal saam, mans en vrouens, poodle to the noodle.

  12. DGS Junie 30, 2008 / 8:13 nm

    …vir ‘n oomblik het ek gelees “noodle to the poodle”… πŸ˜‰

    Sal moet begin konsentreer!

  13. Eben Junie 30, 2008 / 8:44 nm

    Toe ek die kommetaar begin lees smile ek toe ek Sonkind lees …. dit was ook nie lank en Soldaat raporteer vir vrywillig diens in die vrou stort lokaal !!! πŸ™‚

    Ai ai ai Soldaat … πŸ˜†

  14. Rustig Julie 1, 2008 / 9:24 vm

    Netjane: Jy kom toe darem mooi reg met al die storte en loerdery. Al wat jy vir jouself moet wysmaak is dat jy die sexieste is van die lot. Dan voel jy sommer beter. Ek het jare terug in Switserland ook so sonder wete op nudiste strand afgekom. Toe maak ek maar ook soos die Romeine in Rome.

  15. netjane Julie 3, 2008 / 12:12 nm

    Ek het vermoed hierdie inskrywing gaan die mans aan die praat kry! πŸ˜‰

    Julle sal maar julle verbeelding moet gebruik, om te kyk was erg genoeg en het al genoeg protokol verbreek, om foto’s te neem sou skaamteloos gewees het, maar ek is beskikbaar op email vir die wat verdere beskrywings verlang πŸ˜‰

  16. DGS Julie 3, 2008 / 1:59 nm

    Beskrywings?? Wat is nou ‘n beter beskrywing as ‘n foto????

    /me skud kop en stap teleurgesteld weg…

  17. chris Julie 7, 2008 / 5:39 vm

    Wens ek was ‘n vlieg teen die muur in daardie storte Raai wat dan het ek jou ook kaal gesien. Man sal nie weet waar om te kyk nie. gelukkig is net die tietties sigbaar. die belangrike deel is mos met hare bedek. hoewel dit ook mos deesdae afgeskeer word. ek sien mos my vrou,eers net ‘n bietjie tot als af is. kaal is mooi veral as dit vrouens is

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s