See ya!

Die blog gaan bietjie met vakansie.

Verskeie redes, op die oomblik hoofsaaklik omdat my hart seer is en dit lei tot ernstige blog blok vir my.

Verder kom die treklorrie ook môre en ek het nog ‘n rits goed om te doen, onder andere die res van die trou uitnodigings se linte vasplak en nadat ek gister my vingers aan alles vasgeplak het dink ek dit gaan vandag nogal stamina vat om nie my moer te strip nie.

Saterdag gaan ons Ysland toe en ek dink die gemeenskaplike badkamers gaan my verder tot stilswye skok. Meeste van die plekke het gratis internet en ek vat my rekenaar saam, so ek glo my hart sal sag raak en dan sal ek weer begin blog of fotos opsit, omdat ek julle so vreeslik mis as ek weg is.

Laastens moet ek ook dink aan ‘n make-over vir die blog, aangesien “Sweedse stories en ander nonsens” nie meer van toepassing gaan wees nie en somehow het “die lewe van ‘n fleksi-tyd prokureur” net nie dieselfde ring nie.

Intussen laat ek julle met die liedjie wat ek altyd op repeat sit en kliphard speel totdat ek die boodskap begin glo.

(Terloops, as ek môre weer blog wil ek niks hoor van die sogenaamde “blog vakansie” nie! ) 😉

Advertisements

16 thoughts on “See ya!

  1. ICE Junie 26, 2008 / 12:56 nm

    Xcellent liedjie!

    Sterkte en geniet die vakansie in ICEland 😉 , maar kom gou weer terug!

  2. kaalvoetinireen Junie 26, 2008 / 1:26 nm

    Strongs girl! Hoop jy voel gou beter en dat die badkamers in Ysland nie so erg sal wees nie (sien dit as ‘n avontuur). Geniet elke oomblik!

  3. Emil Junie 26, 2008 / 1:29 nm

    Geniet die vakansie en onthou die plakkies!

  4. Paula Junie 26, 2008 / 1:58 nm

    Baie sterkte vir jou!
    Hoop jy voel sommer gou weer beter.

    Geniet die vakansie 🙂

  5. Die Gestorwe Soldaat Junie 26, 2008 / 2:21 nm

    In verband met die foto’s wat jy dalkies gaan pos… Nee toemaar! Ek het alweer stoute gedagtes. Daai blêddie Ysland-badkamers… 👿

  6. René Junie 26, 2008 / 2:58 nm

    Geniet dit vriending!!! Ons wil baie foto’s sien onthou!
    (En nie noodwendig enige Ysland-badkamer tonele nie!)

    Ek gaan jou mis mis mis mis mis mis mis mis mis!

    Love ya lots! xx

  7. Wipneus! Junie 26, 2008 / 3:09 nm

    NJ ons gaan jou mis! Geniet dit, ek lag saggies vir die Ysland badkamers!! en ek koes vir daai klap :mrgreen:

    Ek hoop die seer in jou hart word gou beter (((NJ)))

  8. Reisiger Junie 26, 2008 / 5:11 nm

    Ek gaan ook jou inskrywings mis!! Jy moet dit verskriklik geniet in Ysland en al die ander plekke daarna!!

    Hoop jy voel gou beter!

  9. Pikkelik Junie 26, 2008 / 6:28 nm

    Ag gaan geniet die ys, neem baie foto’s en moontlik praat ons weer more??? 😉

  10. boendoe Junie 26, 2008 / 8:40 nm

    Ag, Janey, ek dink ek verstaan. Strongs, jong.

  11. Dellie Junie 27, 2008 / 10:03 vm

    Moet nie te veel na ons verlang nie, hoor! 😉

    Ons wag vir daai foudies – neem sommer die badkamers ook af? 😆

  12. rosalindfranklin Junie 27, 2008 / 12:23 nm

    Hi daar. Ek gaan jou vreeslik mis. Ek is so jammer jou hart is seer (((NJ)))
    Geniet jou vakansie en ontspan lekker. Weet net dat ek altyd hier sal kom kuier, al gee jy dit watse make-over! 😉

  13. demoerin Junie 27, 2008 / 2:29 nm

    Lekker vakansie…en geniet die shared badkamers! 😆

  14. René Junie 27, 2008 / 2:42 nm

    *sug* – ek mis jou alreeds…! 😦

  15. Da Mario Junie 27, 2008 / 6:15 nm

    Ek dink DGS het ‘n briljante idee beet daar…. 😈

  16. DGS Junie 28, 2008 / 11:40 vm

    *Sug*

    Nog geen foto’s nie…

    Julle stink seker al vreeslik… 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s