Hoekom?

Hoekom is mense so selfsugtig?

Hoe kry hulle dit reg om ‘n stel feite so te verdraai dat hulle altyd aan die regte kant uitkom, ten spyte van die ander party?

Hoe voel dit om net aan jouself te dink?

Hoekom is ek altyd die poephol?

Advertisements

14 thoughts on “Hoekom?

  1. kaalvoetinireen Junie 25, 2008 / 11:42 vm

    Ek het gister presies so gevoel en ek wonder nogsteeds daaroor. Ek dink party mense word sonder ‘n gewete gebore en sal alles en almal om hulle vertrap om goed te lyk. Ek sal nie eers begin nie, want netnou word die comment ‘n inskrywing… As jy die antwoord kry, laat weet my ook asb, want ek staan ook altyd aan die verkeerde kant.

  2. Paula Junie 25, 2008 / 11:55 vm

    Ek het ook al te doen gekry met sulke mense. Baie hartseer!

  3. rb Junie 25, 2008 / 1:44 nm

    Ja, ek het ook op die oomblik so ‘n probleem. Eintlik al vir lank en die ergste, dit is familie, so ek kan hulle nie juis ignoreer nie! So ek bly maar die poephol!

  4. Wipneus! Junie 25, 2008 / 4:33 nm

    NJ ek het ‘n jaar terug ook so gevoel. Ek weet ook nie hoe kry mense dit reg nie.
    Sterkte

  5. netjane Junie 25, 2008 / 4:40 nm

    Lyk my almal het al so gevoel, voel nogsteeds so! Ek is te nice. Te gemoedkomend. Te betroubaar.

    Ek belowe myself elke keer “no more Mr Nice Guy”, maar ek kan myself net nie so ver bring om net vir myself te lewe nie.

    Rb Dis juis ‘n familielid wat my so boos maak!

  6. krista Junie 25, 2008 / 5:40 nm

    Jy ôk? 😀

  7. Pikkelik Junie 25, 2008 / 6:41 nm

    Dit maak nou amptelik ‘n hele paar poepholle, ek inkluis!!!

  8. Wipneus! Junie 26, 2008 / 8:22 vm

    Hoe gaan dit vandag? 🙂

  9. René Junie 26, 2008 / 8:55 vm

    Ai ek ken die gevoel maar al te goed!

    Toe ek besig was om ons troue te reël het ek meeste van die tyd soos ‘n poephol gevoel, want ek wou MY idees gebruik en alles so reël dat dit ONS pas! En toe begin die familie kommentaar lewer … wat die poephol gevoel nogal mooi aangehelp het- maar ek het my net later nie gesteur nie en my voet neergesit en hulle moes maar vat wat hul kant toe kom! Tot die oomblik wat ek by die kerkdeur ingestap het, het almal gedink ek gaan in ‘n swart rok trou! (In ‘n erg konserwatiewe (skoon)-familie kan jy net imagine wat die reaksie op daardie brokkie nuus was…)

    Anyhow – mens kom daardeur ook – jy moet net moed hou suster, wat jou nie doodmaak nie, maak jou sterker!! Hoop jy voel al beter!! :mrgreen:

  10. netjane Junie 26, 2008 / 10:23 vm

    Krista, Soldaat, Wipneus Dit gaan okay. 😉

    Pikkelik Nice guys finish last of hoe?

    René Lyk my jy weet waarvan ek praat!

    Wat my die dood maak nie, maak my net moeriger! 😈

  11. Emil Junie 26, 2008 / 1:28 nm

    Niks fout met laaste nie – solank jy deelneem!

  12. demoerin Junie 26, 2008 / 2:01 nm

    O wee! As iemand weet waar dit aangeleer kan word, ek wil inskryf! Maar ek glo nie ek sal ‘n goeie poephol maak nie! NJ, dit is nie JY wat die poephol is nie!

  13. Eben Junie 30, 2008 / 8:37 nm

    Mens kan sulke mense net opsom as SELFSUGTIG!!!!

    Sterkte vir jou 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s