Pakesel

Vrydag word my goedjies gepak en dan sien ek my besittings eers weer oor 2 maande terwyl hulle oor die see reis. Dis nogal ‘n vreemde gevoel.

Ek en Liefie het oor die naweek voor ons klerekaste gestaan en moes besluit wat ons dink ons sal dra as ons terug is in Suid-Afrika, sodat ons dit wat ons dadelik nodig het in ‘n tas kan pak om terug te vat.

Ek moes sommer net so uit die lug uit ‘n paar uitrustings bymekaargooi. Liefie het nie baie gesukkel nie, ‘n paar werk pakke in die tas gelaai en skoene en hemde om daarby te pas. 2 of 3 jeans vir oor die naweek en ‘n paar t-hemde en daar gaat hy. “If I need anything else, I’ll buy it”. Ek het vir ure gestaan en trippel en hmm en ha. 20 kg elk bagasie bring mens ook nou nie ver nie. En ek hou van “dress”. Ruil omtrent elke dag my handsak. En my skoen versameling! Ek troos my darem daaraan dat nie al my skoene saamgekom het Swede toe nie, so ek gaan weer kan kennis maak met ou bekendes terug in Johannesburg. So ek moes maar klere wat almal bymekaar pas inpak, kon geen “odd” kleure ingooi nie, want dan kort dit weer spesiale skoene of ‘n trui of iets. Dis erg om ‘n vrou te wees.

Hou in gedagte dat ons ook in hierdie 2x 20kg bagasie klere vir ‘n week in Ysland (koud), ‘n week in die suide van Swede (medium) en ‘n week in die suide van Duitsland (warm) moet hê, net om dan terug te gaan Suid-Afrika (koud) toe. O, en 2 slaapsakke.

Verder probeer ek vir oulaas my lewe hier uitsorteer en alles tot die minimum te sny. Ek wil nie met een ekstra till slippie trek nie, want dan moet ek dit weer aan die anderkant gaan uitsorteer en ek dink dinge gaan mal genoeg gaan. 1 Augustus begin ek weer werk. (O die pyngedagte!).

Ek moet ook ‘n kar koop en siende dat ek niks van karre weet nie, nie juis deur karre meegevoer raak nie en ‘n beperkte hoeveelheid geld het, gaan dit ook interessant wees.

Maar! Ek kan weer bad! Ek gaan weer ‘n Stephina hê! ‘n Tuin! Woolworths ready meals! Sonskyn!

Ek is so opgewonde!

Advertisements

6 thoughts on “Pakesel

  1. Dellie Junie 24, 2008 / 12:35 nm

    Nie lekker om uit ‘n tassie te leef nie, maar ja, aan die einde van die reis wag ‘n warm bad! 😉

  2. Paula Junie 24, 2008 / 3:06 nm

    Jy het iets lekkers om na uit te sien!
    Hoop jy geniet dit!

  3. Paula Junie 24, 2008 / 3:08 nm

    Jy het iets lekkers om na uit te sien!
    Hoop jy geniet dit!

  4. René Junie 24, 2008 / 3:15 nm

    O Frokkit – hoe bly is ek nou ek is nie jy nie!!! :mrgreen:

  5. demoerin Junie 24, 2008 / 4:17 nm

    Soveel cool dinge om na uit te sien! Al is dinge bietjie in ‘n gemoers die meeste van die tyd…is daar net 1 Suid-Afrika!

  6. Wipneus! Junie 24, 2008 / 8:52 nm

    NJ ek het simpatie met jou ek weet hoe moeilik is dit om net 20kg klere te moet laai 😯 Vir ons twee veral, ons skoene weeg al klaar 20kg!!!! whahahaha

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s