Los gedagtes

Met die dat ons nou op pad terug is Suid-Afrika toe is dit my en Liefie se normale Sondag gesprek oor ons gebakte eiers of ons die regte ding doen. Wat anders kan ons doen? Hoekom doen ons dit? Is dit ‘n lewe wat ons nou hier het? Gaan ons weer ‘n lewe in Suid-Afrika hê?

Is familie en sonskyn en ‘n gemaklike lewe vergelykbaar met die houtgeruste manier waarop ons hier kan lewe? In restaurante merk mense hulle tafels met hulle handsakke terwyl hulle, hulle bestellings gaan plaas. In Suid-Afrika is daai handsak weg. Of oordryf ek? As Liefie weg is vir besigheid en ek hoor ‘n geluid hier draai ek om en slaap verder. Geen nare gedagtes flits eers deur my brein nie. In Suid-Afrika kom ek by die huis en sit die “beams” rondom die huis aan. Ek dink nie eers meer daaroor nie. En ek is nie ‘n bang mens nie. Hier het my permanente bewustheid van elke mens in my nabyheid vervaag. In Suid-Afrika is dit tweede natuur om elke mens, kar, beweging en ongeruimdheid waar te neem, soms onbewustelik.

Teenoor al die bogenoemde is daar die realiteit dat die land nie kan verbeter sonder sy mense nie. Ons is twee goed gekwalifiseerde individue. Ek glo die land het ons nodig, maar ai. In my brein draai daar tog die gedagte dat as ek meer as ‘n jaar kon uithou en nou eers lekker begin bly, kan ek mos maar 5 jaar ook uithou en die EU paspoort kry. Net vir daai agterdeur opsie. Ek wil nie so oor my eie land voel nie.

Ek luister toe vandag na hierdie liedjie van Creed en dit het vir my mooi by die politieke situasie in SA gepas, veral hierdie sin: “what if your words could be judged like a crime?”. Vir die vir wie die rock bietjie hard is, lees die woorde.

“What If”

I can’t find the rhyme in all my reason
Lost sense of time and all seasons
Feel I’ve been beaten down
By the words of men who have no grounds
Can’t sleep beneath the trees of wisdom
When your ax has cut the roots that feed them
Forked tongues in bitter mouths
Can drive a man to bleed from inside out

What if you did?
What if you lied?
What if I avenge?
What if eye for an eye?

I’ve seen the wicked fruit of your vine
Destroy the man who lacks a strong mind
Human pride sings a vengeful song
Inspired by the times you’ve been walked on
My stage is shared by many millions
Who lift their hands up high because they feel this
We are one We are strong
The more you hold us down the more we press on

What if you did?
What if you lied?
What if I avenge?
What if eye for an eye?

[Guitar Break]

I know I can’t hold the hate inside my mind
‘Cause what consumes your thoughts controls your life
So I’ll just ask a question
A lonely simple question
I’ll just ask one question
What if? What if?
What if? What if?
What If I?

What if? What if?
What if? What if?
What If I?

What if? What if?
What if? What if?
What If I?

What if? What if?
What if? What if?
What If I?

What if you did?
What if you lied?
What if I avenge?
What if eye for an eye?

What if your words could be judged like a crime?

What if? What if?
What if? What if?
What If I?

What if? What if?
What if? What if?
What If I?

What if? What if?
What if? What if?
What If I?

What if? What if?
What if? What if?
What If I?

Lirieke van http://www.azlyrics.com

Advertisements

10 thoughts on “Los gedagtes

  1. George Maru Junie 24, 2008 / 3:14 nm

    Netjane, is daar ‘n opsie om terug te gaan Swede toe, sou julle dink julle het ‘n fout gemaak?

  2. netjane Junie 24, 2008 / 3:22 nm

    George , ons idee was nooit om permanent Swede toe te kom nie, die gedagte was altyd net om vir ‘n jaar of so te kom, Liefie was op ‘n vlak wat sy maatskappy sulke inter-kantoor skuiwe aanmoedig. Ek het net klaar gekwalifiseer, so vir my was die tydsberekening ook reg.

    So as Liefie by dieselfde firma bly kan ons omtrent enige land in die wêreld kies en vra vir ‘n verplasing, maar ons het nog nooit ernstig daaraan gedink nie. Dis eers nou dat ons die gras aan die ander kant gesien het wat ons twyfel…

  3. boendoe Junie 24, 2008 / 4:08 nm

    Janey, jy moet nie eens begin op hierdie topic nie. Ek dink ek kan boeke daaroor skryf! Misdaad in SA is eenvoudig net te erg. (En nie net omdat ek dit laasweek aan my eie lyf gevoel het nie) In Angola is mens bang vir die polisie, maar daar is wraggies min, min, min crime. Waar kan jy nog in SA op die strand slaap? Of met jou huis ongesluit? Dit is soos jy se. Mens hou elke beweging dop, want jy weet nie wanneer is dit jou beurt nie. Nee, suster, SA is baie, baie erg. Braaivleis, rugby en sonskyn maak NIE op daarvoor nie.

  4. Reisiger Junie 24, 2008 / 4:23 nm

    Sal mens ooit weet wat die regte besluit is? Julle het nou ondervind hoe dit is om in ‘n ander land te bly. As julle dus terug is in SA en dit nie meer vir julle werk nie, sal dit dalk vir julle makliker wees om die besluit te neem om te immigreer of nie.

  5. Die Gestorwe Soldaat Junie 24, 2008 / 5:56 nm

    Dis ‘n taai tameletjie… Ek het op ‘n stadium outjies en vroutjies soos julle twee gesien as geelgatte wat weghardloop. (No disrespect!) Deesdae weet ek nie meer nie…

    Sterkte – dis ‘n moerske besluit. As ek julle was, sou ek daai agterdeur oophou. Of dalk nie. Ek weet nie. Sterkte…

  6. Wipneus! Junie 24, 2008 / 8:49 nm

    NJ gelukkig kan julle vra vir ‘n verplasing as dit nie werk nie. Soos soldaat sê hou maar ‘n agterdeur oop.

  7. Rustig Junie 24, 2008 / 10:01 nm

    Netjane: Ek kan nie regtig vir ander besluit en vertel nie. Ek is al in Europa sedert 1996. Is lekker om SA toe te gaan, so graag soos ek wil twyfel ek of ek ooit terug gaan SA toe. Ek het vrede wat mense van my sê. Dit is my lewe en ek doen wat ek wil daarmee. Patriotisme aan myself. Mens moet mooi besluit. As jy eers in is in Europa dan is dit OK, maar pasop as jy eers uit is kan dit soms moeilik wees om weer die deur oop te maak. Sê nie Europa of enige ander land is sonskyn en rose nie. Ek soek my kwaliteit lewe, op die oomblik kan SA dit nie vir my gee nie. Ek oorweeg dit sterk om na Kanada te gaan in my volgende fase van trek.
    😉

    Sterkte met die besluit.

  8. Blixer Junie 25, 2008 / 11:32 vm

    Netjane- ek dink dit is ‘n vraag wat almal van ons vra. Ek is noual ‘n maand in Europa en so bietjie minder as twee weke in Ierland. Ja, die Europieers dink anders as ons mense en nee dit is nie die paradys nie- hier is ook misdda ens. Ek wil nie ‘n multimiljoener wees nie, ek wil net veilig voel in my eie huis en tuin. Ek het ‘n werksaanbieding in Ierland en ek sit nou al dae en lysies maak oor positiewe en negatiewe punte van albei lande- Suid-Afrika se lys negatiewes het nou al 13 bladsye.

  9. ICE Junie 25, 2008 / 12:12 nm

    Jane,

    Ons is al 8 jaar in Engeland, en soos Rustig sê, ons kan nie vir ander besluit nie en gee ook nie om wat daar van ons gedink word nie. Op die oomblik is my kinders en ons veiligheid vir my belangriker. As ons kon sou ons môre terug gegaan het Safrika toe.

    As dit vir jou moontlik is om ‘n agterdeur oop te hou, doen dit.

    Sterkte!

  10. Rustig Junie 25, 2008 / 5:55 nm

    Blixer: Ek woon al meer as sewe jaar in Ierland. My pa het altyd vir my herinner om nooit ‘n deur toe te maak nie. Mens weet nooit wanneer jy hom nodig het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s