My oggend

Ek is vanoggend boos.

Die pos het deur die voordeur geval en oudergewoonte het ek gaan loer wat aangaan. ‘n Sweedse brief wag vir my. Sweedse gebabbel, met groot woorde, maar my prokureursoog ken ‘n aanmaning as ek een sien. They look the same in any language.

Die uistaande skuld is 160 SEK. Dis net so oor die R200. Die invorderingskoste bring dit tot ‘n mooi 800 SEK. R1040. Vir die eerste keer sien ek die Sweedse woord wat waarskynlik wêreldwyd meeste in omloop is: Ombudsman. Ek moes geraai het dat daar ‘n nasionale invorderingsorganisasie is. Alles hier is baie “big brother is watching you”. Die skuldeiser stel ‘n invorderingsagentskap/prokureur aan en hulle verwys dan weer die saak na die regeringsinstelling. En elkeen tel hulle geldjies by.

Ek bel al die nommers (die skuldeiser, die invorderingsagentskap, die regeringsinstelling) net om seker te maak ek verstaan sake reg en om uit te vind waar de moer die oorspronklike 160 SEK vandaan kom. Vir 160 SEK gaan hulle hof toe, in die land waar ‘n 100 jou omtrent niks koop nie. Miskien twee lattés en ‘n danish.

In elk geval, ek land by die Sweedse weergawe van “your call is important to us” op, en begin verwoed knoppies druk. Die Sweeds wat ek so mooi elke dag verstaan vlieg by die venster uit as dit by call centres kom. Ek dink hulle kry die mense met die vreemdste aksente om die opsies te gee. So ek druk gewoonlik so patroon van 1-1-2 en hoop vir die beste. Vertel my hele storie vir wie wil luister net om hierdie sin te hoor (keer op keer op keer op keer) “uhm, I didn’t hear anything you said.” Dis nou as hulle nie so skrik om Engels te hoor en net die foon neergooi nie. So ek bel weer en begin met ‘n goeie Sweedse “Hej!” en spring dan met die Engels weg. Beter resultate.

Die 160 SEK is afkomstig van ‘n rekening wat ons laat betaal het. Omdat ons die rekening laat ontvang het, maar om ‘n Sweed te oortuig dat Svenska Post nie 100% werk nie is onmoontlik. Nou wonder ek maar net, hoe moet ek weet daar’s ‘n 160 boete vir laat betaling as hulle nie hierdie fooi in die volgende rekening vervat nie? Blykbaar moes ek net weet. Of dis die antwoord wat hulle my gee.

“Wat is my opsies”, vra ek. “Jy moet die brief teken om te sê jy’t dit ontvang”. “Erken ek meer as net ontvangs as ek die brief teken”, vra ek. Lang stilte. “Jy moet die brief teken.” Teen hierdie tyd wil ek al vir Johan/Anna/Maria/Erik opfok. “Is dit net die 800 op die brief wat betaal moet word, of het daar intussen nog koste opgeloop, ek wil betaal en klaar betaal”. “Wat het jy gevra, ek het niks gehoor wat jy gesê het nie”.

Ek dink dit gaan minder pynvol wees as ek net my kop herhaaldelik teen die muur stamp.

Advertisements

23 thoughts on “My oggend

  1. kaalvoetinireen Junie 23, 2008 / 12:14 nm

    /me dink daai laaste opsie van jou klink na die beste! Dis maar moeilik om so iets in ‘n vreemde land en taal te probeer uitsort…I know! Sterkte!

  2. Paula Junie 23, 2008 / 12:16 nm

    Sterkte vir jou!
    Hoop jy sorteer dit uit.

  3. Die Wolf Junie 23, 2008 / 12:37 nm

    Teen daardie tyd het ek lankal in Afrikaans vir hulle vertel wat ek van hulle dink.

  4. boendoe Junie 23, 2008 / 1:23 nm

    Fnok, nee, ek gil saam met jou. Partykeer help dit net nie om te poep teen donderweer nie.

  5. Blixer Junie 23, 2008 / 1:28 nm

    Laat my dink aan die begin van die boek Hitchhikers Guide to the Galaxy- die dokumente is oop vir die publiek om te sien, maar dis onmoontlik om daar te kom.

  6. Pikkelik Junie 23, 2008 / 3:19 nm

    Probeer: ‘Julle d*nn*rse mamparras, wil julle nou die hele afrikaanse wordpress op julle fken case hê of gaan julle nou soos ordentlike m*ere my help????’ 😆

  7. Wipneus! Junie 23, 2008 / 3:26 nm

    Ek het maar ‘n kort humeur as dit by die goed kom. In ‘n ander taal gaan ek net soos jy, my kop teen die muur wil stamp

    Sterkte

  8. Jaco Junie 23, 2008 / 4:12 nm

    Sulke goed is die rede hoekom mamma my nêrens heen kan vat nie. Ek sal die rede wees dat ons binne die eerste maand gedeporteer word, nadat ek ‘n internasionale insident veroorsaak het oor ek nie my humeur in toom kan hou nie.
    Ek hoop jy kan die ding uitsorteer voor hy nou nog verder aanteel.

  9. netjane Junie 23, 2008 / 4:38 nm

    Pikkelik ek dink jou idee is ‘n baie goeie een en dankie vir die ander se saamvoel aan die pyn. Ek is so goed gemanierd dat ek net kwaad raak, maar niks sê of doen nie. Ai.

    My dag het sopas erger geraak. Probeer al vreeslik lank die uitklarings wat ons betaal het toe ons huis gekoop het terug te kry, want dit sit nog in die ou eienaars se rekening. Stry met die prokureur (wat nog nooit ‘n refund aangevra het nie!) net om vandag ‘n snotty email van hom te kry wat my mooitjies aanbeveel om dit met die Stadsraad op te neem, want hy dink nie hy het ‘n plig teenoor my nie.

    Toe skop ek die naaste boks (ek trek Vrydag) en nou pyn my voet.

    Ek gee op.

  10. Dellie Junie 23, 2008 / 4:56 nm

    Lyk my Maandag was blou oral! 😯

    Hoop nie jou voet is ook blou nie… :mrgreen:

  11. Roer Junie 23, 2008 / 6:15 nm

    Hier by ons werk die call-centres presies dieselfde. Jy weet mos. Al wat verskil is die “eish”, maar dan kry jy ook “I don’t understand”. Ek skop ook gereeld bokse. 😆 Sterkte met daai voet!

  12. Wipneus! Junie 23, 2008 / 6:52 nm

    Nee ek sien jou Maandag het nie beter geword nie!

  13. Emil Junie 23, 2008 / 7:49 nm

    Betaal die R200,
    Skip die land!

  14. netjane Junie 23, 2008 / 7:57 nm

    Ek wil baie graag betaal Emil, maar hulle maak dit so moeilik en kripties. Hulle forseer my om met hulle te praat. (Nou verstaan jy hoekom ek iemand hard gaan klap).

    And I am so ready to skip this country! Foktog.

  15. Nico Junie 23, 2008 / 9:18 nm

    Just goes to show… burokrasie is dieselfde orals en k@k diens ook.

  16. Die Gestorwe Soldaat Junie 24, 2008 / 12:54 vm

    😯 Ek het het daai “foktog” gesien!

    Nou besef ek hoe erg dit regtig moes wees!

    Betaal maar – ek weet nie of mens uit ‘n Sweedse tronk kan blog nie, en jy wil nou nie jou eie troue mis nie.

    En gelukkig skop jy darem nog net bokse… 😉

  17. hanlie Junie 24, 2008 / 2:37 vm

    Janee! Dis oral dieselfde! Burokrasie is ‘n vieslike siekte…

  18. Eben Junie 24, 2008 / 6:39 vm

    🙂 Soldaat !!!!

    Ek is weer bang jy stamp so jou kop so hard dat jy skoon wil terug kom SA toe, wat nog groter #$% is.

    O jaaaa hulle verstaan jou nie, hier is die tweede woord mos “Sorry!!” Oooo my liewe aarde!!! Sterkte.

  19. Wipneus! Junie 24, 2008 / 9:25 vm

    Daar het jy dit nou so reg uit die Soldaat se mond gehoor whahahaha

  20. demoerin Junie 24, 2008 / 10:23 vm

    Sjoe. Hoop nie jy sit nou nog met ‘n knop op die voorkop ok nie. Sekere dinge is blykbaar maar dieselle oral in die wêreld. Sterkte! En gee hulle hel soos net ‘n egte Suid-Afrikaner dit kan doen. 😆

  21. netjane Junie 24, 2008 / 11:12 vm

    @Soldaat – baie erger woorde uit my mond gekom! 😉

    @ Eben – 27 Julie is ek terug in SA, so my kop is reeds moertoe gestamp! 😉

    Ek is vandag kalm. Gaan nie eers probeer om hel te gee nie Demoerin

    @ Nico & Hanlie: ‘n Sweed het aan my verduidelik dat meeste van die mense hier die houding het dat die salaris buitendien gaan kom, so hoekom meer doen as nodig. So dis nie net in Afrika nie…

  22. Skoor Junie 24, 2008 / 12:14 nm

    Moet netnie terugkom hierheen nie. So goedkoop gaan jy nie loskom nie.

    Sorrie vir die lattes en danish wat jy nou moet misloop!!

  23. maeree Junie 24, 2008 / 4:04 nm

    bwahahahaha
    gotta love the swedes

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s