Pannekoek herinneringe

Toe ek vanoggend pannekoekdeeg aanmaak en die vanilla essence ingooi word ek met ‘n spoed terugverplaas na ‘n hele klomp plekke en gebeurtenisse. My brein het die herinneringe sommer so gekompakteer en ‘n mengsel van kerkbasaar, kinderpartytjies en verjaardagkoeke gemaak. Ek kon die cupcakes ruik.

In die ou dae, toe die eerste Mei nog nie ‘n vakansiedag was nie het ek altyd koek ingevat skool toe as ek verjaar. My ma het vir ‘n tuisnywerheid gebak en hou nie van sukkel nie. Sommer vroeg-vroeg met die lede self gereël om die koeke en koekies en rice crispy cones te maak. Ek het nie gespeel as dit my eetgoed kom nie, maar in my hart was ek nooit tevrede nie.

Reg deur laerskool was daar ‘n tweeling saammet my in die klas. ‘n Seun en ‘n meisiekind. Hulle het op die 24ste Maart verjaar. Hulle het elke jaar, vir 7 jaar lank (ek glo miskien in die Hoërskool ook, ek was net nie daar om dit te ervaar nie) ‘n roomyskoek gehad. ‘n DUBBEL roomyskoek, want hulle was 2.  Om die roomyskoek afterond is die hele klas dan oor die naweek, gewoonlik op ‘n Sondag, na sondagskool, Wild Waters toe gevat. Dit was ‘n lang rit vir ons, regoor die stad en dan kon ons slides en super-tubes gaan ry en mal gaan, courtesy van die tweeling.

Hoe kon vanilla cupcakes met so iets kompeteer?

Advertisements

7 thoughts on “Pannekoek herinneringe

  1. Wipneus! Junie 22, 2008 / 9:15 nm

    Hoe lus kry ek nou vir pannekoek. Terloops ek is mal oor cup cakes ek sou die cupcakes gekies het 😛 Maar as jy ‘n kind is, sal die Wild Waters lekkerder weesl.

    Ek wens ek kon ook van daardie pannekoek kry.

  2. netjane Junie 22, 2008 / 9:17 nm

    Nounet die laaste een in my mond gedruk Wip, jy moes vroeër gepraat het! 😉

  3. Paula Junie 23, 2008 / 9:53 vm

    Dit is lekker memories!

  4. Die Gestorwe Soldaat Junie 23, 2008 / 10:57 vm

    Mmmm… Cupcakes…. Ek sou jou maatjie gewees het… Behalwe op daai Sondag – dan kon ek die vriendinnetjies in hulle bikini’s sien! 👿

  5. demoerin Junie 23, 2008 / 11:43 vm

    As kind sou Wild Waters definitief loshande gewen het, maar ‘n cupcake is ok nie te versmaai nie. Ek sit hier en ruik daai pannekoek!

  6. Rustig Junie 23, 2008 / 12:02 nm

    Dit kan as dit van die hart kom. Ek geniet liewer ‘n “cup cake” met liefde gebak as roomys koek om beter te wees.

  7. Pikkelik Junie 23, 2008 / 2:02 nm

    Daar is geen manier nie, cupcakes kan nie kompeteer nie… Dis vreeslik snaaks, gee vir my nog ‘n pannekoek aan asseblief!! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s