My motto: in woord, nie altyd in daad.

Pikkie het my getag.

Wat is jou “motto”? Die vraag het my tussen die oë geslaan en ek kon eers nie antwoord nie. Gedink en gedink, heel demoerin vir myself omdat ek nie ‘n uitdruklike spreuk of iets het om my leefwyse aan te toon nie. Sommer gedink oor waar mens die eerste keer met leuses in aanraking kom.

My laerskool se leuse was “Nooit Terug”. ‘n Goeie leuse, maar mens kan ook nie so van die verlede vergeet nie, mens het wat jy leer nodig om vorentoe te gaan. My hoërskool se leuse was “Volhard”. Iets wat ek nou en dan onthou om te doen, veral as dit by nog ‘n rukkie langer slaap of nog ‘n hoofstuk in ‘n boek kom.

Toe tref dit my. Die leuse wat elke dag in my kop ronddraai, dit wat ek wil wees, wil doen, waarvolgens ek wil lewe. Dit wat ek (omtrent) elke dag nie regkry nie.

“Carpe Diem”.

Miskien as ek lank genoeg daarin volhard en nooit terug kyk op die kere wat ek daarin misluk het nie, sal ek dit tog regkry om die dag aan te gryp.

Advertisements

10 thoughts on “My motto: in woord, nie altyd in daad.

  1. Pikkelik Junie 20, 2008 / 3:56 nm

    Mooiskoot Netjane – gryp die dag en laat waai!!!

  2. Jaco Junie 20, 2008 / 4:22 nm

    Ek hou daarvan. Kort, kragtig en op die punt af.

  3. Paula Junie 20, 2008 / 6:16 nm

    Leef voluit .. baie mooi!

  4. Roer Junie 21, 2008 / 3:00 nm

    Perfek.

  5. Reisiger Junie 21, 2008 / 7:07 nm

    Aanhouer wen!! 🙂

  6. Wipneus! Junie 21, 2008 / 7:41 nm

    Ek hou baie van jou motto. Mens moet leef.
    Wayne Visser het ook ‘n gedig geskryf oor Carpe Diem:

    Carpe Diem: Seize The Day

    Sages through the ages wisely say:

    Carpe Diem – seize the dawning day!

    Oh, would that I could assuage that thirst

    But the day conspires to seize me first!

    With the hurry and scurry

    Of home’s frantic flurry

    And the hustle and bustle

    Of work’s tangled tussle

    With the knocks and blocks

    Of life’s surprise shocks

    And the names and games

    Of love’s fickle flames

    Alas! It’s not the day that I seize

    But the feathers floating in the breeze

    And the jetsam drifting on the tide

    That I cling to for my daily ride

    (Copyright 2006 Wayne Visser)

    http://www.waynevisser.com

    • Wayne Visser Mei 14, 2009 / 11:28 nm

      Thanks for posting my poem. I’m glad the words resonated.
      Lekker bly!
      Wayne

  7. netjane Junie 21, 2008 / 7:56 nm

    Dankie Wip! Dit som my gevoel mooi op!

    Ek het hierdie ‘n ruk terug iewers op ‘n blog raakgelees en in my dagboek neergeskryf, maar nie waar ek dit raakgelees het nie:

    “Someday I’ll be stuffed in some museum
    scaring little kids
    with the inscripture ‘Carpe Diem’
    Something I never did.”

  8. Zee Junie 21, 2008 / 9:20 nm

    Ek like, dis hoe dit moet wees NJ, dit help nie om te “sulk” oor wat mens nie kon regkry nie, dit wat mens voorentoe doen wat tel!

  9. demoerin Junie 23, 2008 / 11:41 vm

    Konnie dit beter stel nie! Sterkte met elke dag se Carpe Diem!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s