Luuks.

Ek dink ek is besig om ‘n verkoue te kry. Die nies-nies-nies is daar, die krapperige keel is daar. Ek wag in spanning vir verdere tekens. Om ‘n verkoue in die somer te kry is net nie reg nie. Om dit erger te maak kan ek nie bad nie.

In my lewe maak ‘n bad alles reg. As die wêreld vir my te veel raak klim ek in die bad. (Ek het ook al in die bad geklim sonder om water in te tap en net daar gesit, dit het my some how ook laat beter voel). As ek die dag nukkerig is weet Liefie al en sê hy sommer maklik “why don’t you take a bath angel?”. As ek klaar gebad het is daar nie meer warm water in die geyser oor nie. Ek lees in die bad, ek dink in die bad, ek vernuwe myself in die bad.

Ons Sweedse apartment het nie ‘n bad nie. Vir 14 maande lank stort ek al. Dis net nie dieselfde nie. Liefie het laasjaar vir ‘n paar maande in die suide van Oostenryk gewerk en ek het so vir weke op ‘n keer gaan kuier. Ek vermoed ek het net die hotel lewe aanvaar omdat ek 4 keer op ‘n dag kon bad.

Ek en Liefie bespreek elke nou en dan wat ons eerste gaan doen as ons terug is in Suid-Afrika. Biltong koop by Impala Slaghuis, ‘n sak vol kruidenierware koop en lag oor die prys, uitstrek in ons tuin, vinnig ry, fliek, fliek, fliek, Vida e Caffé toe gaan vir koffie en portugese vla tertjies, binne in die huis bly as die son skyn, want ons weet hy gaan môre weer skyn en so aan. My antwoord, bo al die res, is bad. Ek gaan bad en bad en weer bad en nog ‘n keer bad en as ons warm water op is gaan ek na my suster toe ry en daar ook bad. Want ek kan.

Advertisements

21 thoughts on “Luuks.

  1. Paula Junie 19, 2008 / 8:54 vm

    Ek hoop jy word nie te siek nie en voel gou weer beter!

    En geniet daardie bad as jy terug is!

  2. Rustig Junie 19, 2008 / 9:07 vm

    Huis is lekker. Ek moet ongelukkig erken na al die jare in Europa raak dit soms al vreemder elke keer as ek na SA gaan vir vakansie. Dink mens raak so bietjie afgestomp van die SA lewe. Is nog steeds lekker om familie te sien.

  3. boendoe Junie 19, 2008 / 9:36 vm

    Jy is ‘n vrou na my hart! Dis hel om nie te kan bad nie! 14 maande sonder bad…dis erg, baie, baie erg!

  4. demoerin Junie 19, 2008 / 10:05 vm

    hehehe, julle beter vinnig kom kuier…anders mag ons dalk vir julle lag met daai sak groceries!

  5. Zee Junie 19, 2008 / 11:04 vm

    Ai, daar is niks so lekker soos ‘n lekker warm bad nie. Lekker lin die warm water te lê en sommer n hele storie boek te lees, al die warm water vat…….

    Hoop jy word gou beter Netjane, dis nie lekker om siek te wees nie, en jy kan mos nou nie Ysland toe gaan siek nie!

  6. Dellie Junie 19, 2008 / 11:49 vm

    O ja, ek hou ook van ‘n laaaaang bad. Met bubbles en olies en en en. Ek is ‘n Kreef. Ek lief water. In die week is daar nie so baie tyd nie, maar naweke neem ek my kans waar. Veral Saterdae oggende. En somehow is dit ekstra lekker in die winter om vir ‘n uur of wat daar te lê en marineer… mmm, kom Saterdag! 😉

  7. kaalvoetinireen Junie 19, 2008 / 12:07 nm

    Ek haat dit om te bad!!! Ek kan ure onder die stort staan…heeltyd warm en skoon water…
    Ek is die enigste een van ons klomp vriende wat ‘n bad het en die ander is goed jaloers en half moerig oor ek dit nog nooit gebruik het nie. Ek het vir 3 jaar in huise gebly sonder storte en dit was aaklig!
    Lyk my almal hier in die Noordelike halfrond loop met ‘n effense verkoue rond…dis net verkeerd in die somer! Sterkte!

  8. Pikkelik Junie 19, 2008 / 1:19 nm

    Ek kan ook nie lewe sonder ‘n bad nie…. Ek MOET bad, maakie saak of ander sê jy sit in jou eie vuil water nie, dis myne, ek het dit vuil gemaak… Maar bad moet ek bad en bad en bad en bad….

  9. Reisiger Junie 19, 2008 / 3:07 nm

    Nee ek stem! Niks so lekker soos ‘n skuimbad, ‘n mooi boek en kerslig nie!!

  10. maeree Junie 19, 2008 / 3:48 nm

    ag nee wat, selfs die stort in die slums in swede was luuks. (ek hou natuurlik ook nie van bad nie.)
    wat ons die meeste gemis het, glo dit of nie, was boerewors.

  11. Blixer Junie 19, 2008 / 6:08 nm

    Ek verstaan jou 100%- ‘n bad is die lekkerste ding wat mens kan doen (met die uitsondering van 1 of 2 ander goed). Bad laat mens waarskynlik geborge voel soos om terug te wees in die vrugsak met sy vrugwater.

  12. Pikkelik Junie 19, 2008 / 6:38 nm

    Net omdat jy so verskriklik lanklaas gebad het, het jy huiswerk!

  13. Wipneus! Junie 19, 2008 / 7:05 nm

    Oe!!! bad is lekker, jy maak die bad vol borrels en lekker ruikgoedjies. Steek die kerse aan, as die water koud raak, draai jy die warmwater met jou toon oop, omdat jy kan. Jy voel sommer hoe al die stres jou liggaam verlaat…. feeste.

  14. Emil Junie 19, 2008 / 11:17 nm

    Die eerste ding wat ek twee ure terug gedoen het, was ‘n lekker skuimbad, met die warmste water denkbaar, skuim tot by my ken en ‘n glas Pinot Noir!!! Bad … BAD …. bad (lees dubbelsinnig, in Engels)!!!! Dank die hemels vir luuks.

    Ek het ook vyf keer die toilet gespoel, net om die geluid weer gewoond te raak!

    :mrgreen:

  15. demoerin Junie 20, 2008 / 9:02 vm

    @ emil 😆
    @ DGS, daar is storte met deurskynende gordyntjies.. lol
    Elk geval…ek haat bad!

  16. Rustig Junie 20, 2008 / 2:19 nm

    Bad is om in jou eie vuil water te lê en jouself te oortuig dat jy skoon is.
    Ek hou van “power shower”.

  17. Sonkind Junie 20, 2008 / 2:38 nm

    Ek sal doodgaan as ek nie kan bad nie – ek word net nie behoorlik warm in ‘n stort in die winter nie. Die plek waar ek elke maand bly as ek in Johannesburg is, het net een kamer wat ‘n bad ook het – die ander het net storte. Hulle weet nou al daardie kamer is myne vir die 3 dae wat ek daar bly, nadat ek een keer omtrent ‘n bohaai opgeskop het toe ek die kamer vooruit bespreek het en daar kom en dis vir iemand anders gegee 😆

  18. Emil Junie 20, 2008 / 7:34 nm

    Maar … maar rustig as die enigste ding vir 5 dae waarmee jy jou kan was ‘n tuisgemaakte stortkop is met ‘n emmer vol reenwater sonder enige verhitting … dan lê ek graag in my eie vuil, vuurwarm water!!

  19. Rustig Junie 20, 2008 / 7:42 nm

    Emil ek is baie vol fiemies. Ek moet daagliks kan was, en hou van my mod cons. Het maar net geleer dat ons soms moet vasbyt en deur druk. Ek haat kamp en potjiekos. As dit moet dan doen ek dit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s