Ek wil nie eens daaraan dink nie

My persoonlike spasie is groot. Ek hou nie van groot crowds nie en clubs waar almal gesuip is en oor jou val maak my de bliksem in. (As ek ‘n man was sou ek waarskynlik in vuisgevegte geëindig het). Rye waar mense te naby aan my staan laat my omtrent hiperventileer. Ek hou nie juis van mense nie.

Ten spyte van myself waardeer ek nogal die Sweedse nommer sisteem, want dit beteken dat daar nêrens rye vorm nie en mense drom nie in groepe saam nie. Jy kan byvoorbeeld rustig aangaan met jou shopping en jy moet net na die “nommer bord” oplet wanneer jou nommer geroep word en dan kan jy vir jou kaas/vleis/ander delikatessen goed vra. Natuurlik kry jy geen diens sonder ‘n nommer nie, selfs al is jy die enigste mens in die winkel.

Ek praat nie met vreemde mense nie en is al vertel dat ek ‘n “fok jou” kyk op my gesig het as ek uitgaan. I am not approachable.

Die 28ste Junie vlieg ons Ysland toe. Die land is vrek duur. Die vlugte is bo-gemiddeld duur vir ‘n Europese vlug, kar huur is seker 3 keer so duur as in Swede. Ons moet spaar op akkomodasie. *snik* *snik*. Slaapsak akkomodasie is groot in Ysland. Enige mens met ‘n ekstra bed maak hulle huise oop en dan val jy daar in, vir ‘n 8ste van die prys van ‘n hotel of gastehuis. Ek het in my lewe nog nooit naby aan backpack gekom nie en die goedkoopste plek waar ek nog ooit geslaap het was in ‘n skoolkoshuis in die verre noorde van Noorweë. Baie van die plekke in Ysland het slaapsale. Nou vra ek vir die wat dit al gedoen het, hoe de moer raak mens aan die slaap met wildvreemdes rondom jou? Dit freak my so uit ek wil nie eens daaraan dink nie. Ek het die streep getrek en Liefie se persoonlike spasie is darem net so groot soos myne, so ons bespreek privaat kamers, maar moet nog badkamers deel. Ek kan alweer voel hoe ek hiperventileer.

Mis ek baie?

 

Advertisements

38 thoughts on “Ek wil nie eens daaraan dink nie

  1. Pikkelik Junie 17, 2008 / 9:35 vm

    Oi, ek voel net soos jy. This is my space and that is your space – alla Dirty Dancing! Deel maar die badkamer (Vat ‘n groot bottel Dettol saam) maar slaap in jou eie kamer. Te veel asems, reuke en geure maak my benoud!

  2. kaalvoetinireen Junie 17, 2008 / 9:42 vm

    Been there done that en dis ‘n ervaring!!!! Die Koreane like van krismisbeddens! Whahaha! Die public baths het nie plek om weg te kruip nie en almal hol kaalgat daar rond! (mans en vrouens darem apart) Ek verpes dit! Ek sal maar liewer nie ingaan op die storie nie 😆
    Vat maar baie ontsmettingsmiddels saam en stort met plakkies en moenie die baddens gebruik nie! Stort is veiliger en minder grillerig! Sterkte!

  3. Paula Junie 17, 2008 / 9:58 vm

    Beslis sal ek Dettol of so iets saamvat om die nodige te steriliseer!

    Gelukkig slaap julle apart 🙂

  4. demoerin Junie 17, 2008 / 10:16 vm

    Ontsmet so ver jy kan, en indien moontlik pak maar ‘n slaapsakkie. Drink jouself dan maar elke aand in ‘n stuper in, sodat jy nie eers weet daar is wildvreemdes om jou nie….hehehe.

  5. Dellie Junie 17, 2008 / 11:25 vm

    Volg maar Demoerin se raad… krismisbeddens saam met familie en vriende kan ek hanteer, maar ek weet nie so mooi van slaapsale met vreemdes nie…

  6. netjane Junie 17, 2008 / 12:02 nm

    Soldaat, ek wil nie eens daaraan dink nie! 😉

  7. Rustig Junie 17, 2008 / 1:15 nm

    Ek lees net “issues” hier! 😆
    Julle sal maar almal vir bietjie terapie moet gaan. Ek is self vol fiemies, maar sal nooit my 9 maande “backpack” trek deur Europa vir enige iets anders verruil nie.

  8. Pienk Zuit Junie 17, 2008 / 1:17 nm

    Die laaste keer wat ek saam met ‘n klomp vreemdes in ‘n kamer geslaap het, was in 2001 in ‘n youth hostel in Los Angeles. Ek het 3:00 die oggend wakker geword van iemand wat sy blaas ledig in die asdrommetjie reg langs my kop (ek was op die onderste bed van ‘n bunkbed). Nooit weer nie!

  9. Die Gestorwe Soldaat Junie 17, 2008 / 1:26 nm

    Pienk Zuit, jy kan bly wees daai karakter het die moeite gedoen om op te staan en die asdrom te gebruik. Kan jy imagine hoe suiwer die druppels sou wees teen die tyd wat hulle van bo af tot by jou deurgesyfer het! 😆

  10. netjane Junie 17, 2008 / 2:16 nm

    @ Rustig : Ek het issues en ek is nie skaam om dit te erken nie! 😉

    Ek het gehoop die klomp bloggers hier gaan vir my een of ander peptalk kan gee, maar duidelik is my vrese nie ongegrond nie.

    Vreeslik dankie aan Pienk Zuit dat jy vorendag gekom het met ‘n persoonlike (of is dit nou pisoonlike) staaltjie om my nog meer uit te freak!!

  11. boendoe Junie 17, 2008 / 2:19 nm

    Ag, ja, ek verstaan jou gevoel. Mens wil jou eie spasie he om te relax en te unwind. Troos jou daaraan, dis darem nie vir ewig nie. En jy gaan terugkom met baie stories!

  12. demoerin Junie 17, 2008 / 3:06 nm

    Mmmm, soldaat se unisex vragie laat my nou weer dink aan ‘n spesifieke Londense Hostel. Memories….

  13. netjane Junie 17, 2008 / 3:12 nm

    Jy kan nie nou begin kripties raak nie DMI – ons hoor graag oor die “memories”!

  14. Emil Junie 17, 2008 / 3:42 nm

    Jy sal dit ook oorleef. Slaapsak, detol, plakkies – essential kit! KIR is 100% korrek – vermy die bad, en moenie sonder plakkies stort nie.

    Gaan met ‘n oopgemoed die ding in. Fokus op die lekker kuier en die ervaring van ‘n nuwe plek. Gebruik as verwysings raamwerk die bleddie longdrop wat ek nou vir ‘n paar dae moet gebruik en die die tuisgemaakte stortkop met koue water. Dan is jou ervaring luxury!

  15. Emil Junie 17, 2008 / 3:43 nm

    Jy sal dit ook oorleef. Slaapsak, detol, plakkies – essential kit! KIR is 100% korrek – vermy die bad, en moenie sonder plakkies stort nie.

    Gaan met ‘n oopgemoed die ding in. Fokus op die lekker kuier en die ervaring van ‘n nuwe plek. Gebruik as verwysings raamwerk die bleddie longdrop wat ek nou vir ‘n paar dae moet gebruik en die die tuisgemaakte stortkop met koue water. Dan is jou ervaring luxury!!

  16. Emil Junie 17, 2008 / 3:45 nm

    F%$$@* k@k f#$%$^ konnksie – Milondo is ‘n %K$k plek!

  17. Emil Junie 17, 2008 / 3:48 nm

    😳 Jy moet maar my frustrasies delete. SOZ!

  18. Blixer Junie 17, 2008 / 3:59 nm

    EErder jy as ek- my idee van ‘roughing it’ is ‘n twee ster hotel!

  19. rosalindfranklin Junie 17, 2008 / 4:16 nm

    Oe jinne
    Dit voel of ek myself hoor praat.

    Slaapsale??? NEE! Dit is soos backpackers. Ek sal eerder my kredietkaart leegtap, maar ek slaap nie in ‘n saal saam met vreemde mense nie.

    Mense wat in klubs rond-dronk-teen-my-val-los-bliksem. Dit is die rede hoekom ek ‘n hermit is. Ek het al dronkies van my weggestamp. Dan se hulle: Why so aggro girl?

    Nee ek begin panic nou…sterkte…ek voel jammer vir jou. Ek ploeg eerder ‘n land om met ‘n stokkie

  20. kaalvoetinireen Junie 17, 2008 / 4:34 nm

    Ag nee man! Sien dit as ‘n adventure!!! Jy gaan nog terugkyk en lekker lag!

  21. Adrie Junie 17, 2008 / 5:49 nm

    Ek sien nog kans vir die slaap saam met vreemdes, mits ek my eie bed het. Maar badkamers deel? Waar almal kaal rondhardloop?

    My persoonlike ruimte is ook baie groot.

  22. Zee Junie 17, 2008 / 11:07 nm

    Goed, jy het nou al al die raad gekry, gaan geniet nou Ysland en bring ‘n paar mooi fotos terug vir ons!

  23. Eben Junie 18, 2008 / 7:00 vm

    Ek stem, soos Zee skrywe, laat ons daardie foto’s sien van die slaapsale 😉

    Miskien het ek op my kop geval, maar sulke dinge pla my nie, ek pas baie vinnig aan en maak die beste van alles. Dis per slot van sake nie verewig nie, en daar is altyd daardie ekstra storie wat saam jou kom. Iets nuuts.

    Maar die goeie reel vir my ALTYD, is (soos Emil) stort met plakkies aan. Die gestort klink vir my soos daardie jare in die koshuis !!

  24. Roer Junie 18, 2008 / 7:10 vm

    Nee heng, ek doen ook nie die vreemdelinge ding baie goed nie. Daai reuke!!! Sterkte.

  25. kaalvoetinireen Junie 18, 2008 / 7:37 vm

    Dit kon erger gewees het! Imagine ‘n slaapsaal vol Koreane! Nie vars nie, veral nie in die winter nie!

  26. demoerin Junie 18, 2008 / 7:50 vm

    @ Jane, wat ek wel kan sê is hou maar die deur gesluit as dit wel unisex is…hehehe. Picture Pamela Anderson besig om verwoed tanne te borsel.

  27. johannes coetzee Junie 18, 2008 / 10:34 vm

    Jane jy is duidelik nie Tarzan se Jane nie.

    Ek dink Tarzan sou ‘n harde tyd met jou gehad het..!

    Ek dink jy kort gorilla mis op jou kop.. en aapasem in jou gesig en vars beesmis tussen jou tone…!

  28. johannes coetzee Junie 18, 2008 / 10:41 vm

    Zuit

    Was dit ‘n hy of ‘n sy…? (jj=just joking) Ek verwag nie ‘n antwoord nie…

  29. sommergoed Junie 18, 2008 / 11:05 vm

    HA HA HA HA HA!!! Ek is jammer maar ek dink dis hondsnaaks. Sy het regtig issues. GROOT ISSUES met persoonlik space en anderhande ander geneukies. Wag miskien moet ek eendag daaroor blog! Toemaar sussie jy sal dit oorleef ek belowe.

  30. Pikkelik Junie 18, 2008 / 2:36 nm

    😆 @ Sommergoed!!! Haai, dissie mooi om al jou sussie se geite uit te basuin nie… 😆 Maar moenie ophou nie, vertel ons meer :mrgreen: 😆

  31. netjane Junie 18, 2008 / 3:19 nm

    Haai nee Pikkelik, moet haar nie aanmoedig nie! Voor ek weet het ek geen meer geheime nie… 😯

  32. sommergoed Junie 18, 2008 / 9:38 nm

    Pikkelik ek mag miskien nie haar geheime uitbasuin nie maar ek het vandag op ‘n paar baie oulike baba/toddler fototjies afgekom. Ag moeder.

  33. Wipneus! Junie 19, 2008 / 7:01 nm

    he he Jane ek het ook so gesig, ek is nie maklik nie, ek kies self wie my mag approach. Ek doen ook nie slaap saam vreemdelinge nie. Badkamers nee jammer, moenie eers daaraan dink nie…. ek het buitendien ‘n meter persoonlike spasie om my nodig. En ek het niks wat ek wil wys aan vreemdelinge nie whahaha
    Maar miskien gaan dit lekker wees 😉

  34. Da Mario Junie 27, 2008 / 6:12 nm

    LOL… jy is nie alleen nie, ek sou seker ook effe uitgefreak het… 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s