Om te lewe

Ek het gisteraand weer American Beauty gekyk. Dis een van my gunsteling flieks.

Menslikheid en die onverwagte sien daarvan roer altyd iets in my. Ek praat nou hier van as mens in die straat afstap en terloops by ‘n kombuis venster inkyk en ‘n paartjie sien soen, of as twee ou mense na hoeveel jare saam nog duidelik verlief is, of as ‘n ma ‘n baba net bietjie stywer met ‘n kombers toemaak. “Human frailty” is vir my die mooiste ding om te sien. Daai klein stukkie regte lewe wat deurskemer as die maskers wat ons dra net vir ‘n klein rukkie glip. Ek voel altyd ook half skuldig as ek so iets sien, so asof ek iets sien wat nie eintlik vir my bedoel is nie…

Die wêreld is vol sulke oomblikke, waar iets so mooi is dat dit voel jou hart wil bars daarvan. Dis soms dieselfde met gelukkig wees, saammet die geluk is daar ‘n oomblik se twyfel, want hoeveel seerder is die pyn as die geluk so groot is?

Die wêreld fassineer. Mense fassineer my. Menswees fassineer my. Ek is soms so bang dat ek so besig is om te lewe dat ek vergeet om te stop en te kyk. Die spreekwoordelike rose te ruik. Ander dae raak ek so benoud dat ek nie genoeg doen nie, sien nie, ervaar nie, want die lewe is so kort. Dan sien ek weer iets wat vir my so ongelooflik mooi is, dat dit regtig my asem wegslaan. So werk die lewe maar.

Lester Burnham, die hoofkarakter in American Beauty som dit baie beter as ek op wanneer hy sê:

“… there’s so much beauty in the world. Sometimes I feel like I’m seeing it all at once, and it’s too much, my heart fills up like a balloon that’s about to burst… And then I remember to relax, and stop trying to hold on to it, and then it flows through me like rain and I can’t feel anything but gratitude for every single moment of my stupid little life… “

 

 

Advertisements

10 thoughts on “Om te lewe

  1. Paula Junie 13, 2008 / 1:57 nm

    Dit is pragtig!

    “… there’s so much beauty in the world. Sometimes I feel like I’m seeing it all at once, and it’s too much, my heart fills up like a balloon that’s about to burst… And then I remember to relax, and stop trying to hold on to it, and then it flows through me like rain and I can’t feel anything but gratitude for every single moment of my stupid little life… “

  2. Reisiger Junie 13, 2008 / 3:04 nm

    Baie mooi geskryf! Ek voel ook soms dieselfde!

    Wat hartseer is, is dat daar soveel mense is wat net bestaan en nie werklik LEEF nie!

  3. Wipneus! Junie 13, 2008 / 6:07 nm

    Mense en die wêreld fassineer my ook. Dis waar Janie mens moet nooit vergeet om te lewe nie, die lewe is te kort.

    Lekker inskrywing!

  4. Pikkelik Junie 13, 2008 / 7:02 nm

    Mynick sê altyd: lewe vandag flou, dan het jy weer krag vir more! Laat ek verduidelik, ons is nie sosiaal nie, ons drink nie ons party nie, ons lewe… Hy het my geleer om elke ding te sien vir wat dit is, dit te geniet en dan te kyk wat ek volgende kan sien!
    Baie goeie inskrywing NJ!

  5. Roer Junie 14, 2008 / 1:42 nm

    Goeie quote. Baie mooi.

  6. Johan Horn Junie 16, 2008 / 3:36 nm

    … en met ‘n paar woorde, bring jy beelde, woorde terug wat ek al ampers vergeet het – dankie.

  7. demoerin Junie 17, 2008 / 10:13 vm

    Baie goed! Die lewe is te kort om nie elke dag rten volle te LEWE nie. Ons moet soms dalk net ons pesimistiese brille afhaal en van die mooi ook raaksien.

  8. boendoe Junie 17, 2008 / 2:21 nm

    Baie waar, Jane.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s