Are those real?!

Ons bly seker so 200 meter van die Stockholm Olimpiese stadion af. Dit is gebou vir die 1912 Olimpiese Spele. Die stadion is ‘n gewilde venue vir konserte en so meer. As ek my venster oopmaak kan ek alles hoor, maar niks sien nie.

So paar weke terug het ek saam na KISS geluister en al die fans het by ons Metro-stop afgeklim, met al die KISS make-up aan. Was interessant om te sien.

Vanmiddag het ek opgemerk dat hier ‘n bogemiddelde aantal familiekarre in ons straat stop. Ek ken al die karre in ons straatjie en die hoeveelheid mini-vans en Voyagers wat vandag hier staan is ongehoord. Toe begin die musiek en alles val in plek.

Dames en Here, Dolly Parton is op toer. Sy het blykbaar ‘n groot aantal aanhangers in Stockholm. Genoeg aanhangers om ‘n ekstra show te gee, want haar toer skedule dui haar toerdatum eers as môre aan. Dit klink na een moerse konsert en kan myself indink hoeveel line-dancers daar in die gehoor is. Die aanhangers is duidelik ook groot fans, want in die “kom aan, nou sing julle!” sessies is daar ‘n groot koor uit die gehoor uit. Groot genoeg dat ek hulle kan hoor. Woord vir woord. Dis ook maar goed dat ek nie actually ‘n Sweed in ‘n Country & Western kit gesien het nie, want ek sou my lag nie kon hou nie.

Country & Western is nog altyd vir my ‘n snaakse genré musiek gewees. Dan praat ek nou van regte Country & Western, nie Shania Twain en Faith Hill se cross-over weergawes nie.

So luister maar saam en hoor wat ek hoor. (ek hou terloops nogal van hierdie song!)

Lekker aand!

 

Advertisements

6 thoughts on “Are those real?!

  1. Wipneus! Junie 12, 2008 / 7:56 nm

    Baie mooi liedjie, die mans gaan b-a-i-e van die video hou!! 😉

  2. Pikkelik Junie 12, 2008 / 8:31 nm

    😆 Ek stem Wip, jou stats gaan deur die dak skiet NJane!!! 😆 Ek is maar seker bietjie van ‘n plep, maar daar is eenvoudig nie musiek wat ek nie luister nie, ek het nogal ‘n gevoel vir alles!!! Scary!

  3. Reisiger Junie 13, 2008 / 6:49 vm

    Ja…. die antie sing uit “volle” bors!! 😆 Ek is seriously verbaas dat die Swede so mal is oor haar. Wie sou dit nou kon dink! 🙄

    Op ‘n ernstiger noot, my pa was mal oor haar!

  4. Paula Junie 13, 2008 / 9:36 vm

    Ek het baie na haar geluister toe my ouers nog in beheer van die musiek sake gestaan het 🙂

  5. demoerin Junie 13, 2008 / 9:37 vm

    hahaha, dink nou net, haar musiek sal dalk vergaan, maar niemand sal ooit daai tweeling vergeet nie!

  6. Zee Junie 13, 2008 / 12:01 nm

    Ai, nou sal ek weer tot vanaand toe moet wag om die video te sien 😥

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s