Kleiner stukkies

Toe ek klein was, was my gunsteling “speelding” ‘n kaleidoskoop. Nie net het ek vreeslik baie van die naam gehou nie (kort op die hakke van kaleidoskoop was kornukopia), maar ek kon ure lank na die helder partone wat met ‘n enkele draai of skud te voorskyn kom, gekyk het.

Later jare het ek in ‘n klein snuffelwinkel ‘n ander tipe kaleidoskoop raakgeloop wat nie gekleurde stukkies gebruik het om die patroon te vorm nie, maar die beeld wat mens deur die kaleidoskoop gesien het in ‘n duisend stukkies gebreek het. So mens het die werklikheid gesien, maar in ‘n heel ander manier. Soos toor.

Soos wat ek ouer word en nuwe goed ervaar kom ek meer en meer agter hoe ek elke dag groei. Ek dink soms ek’s dag in en dag uit dieselfde, maar as ek mooi dink, weet ek dit is nie die geval nie. Ek’s baie bly oor my ontwikkeling en veral die tyd in Stockholm het my baie geraak. Ek kon afstand kry oor “goed” en my issues, omdat ek nie elke dag daarmee in aanraking was nie. Ek het besef ek is tot baie meer in staat as waarvoor ek myself krediet gee. Ek het baie meer onafhanklik geraak. Ek dink anders oor goed. Ek verstaan nou dat mense anders is en dat dit okay is. Dis ook okay dat ek anders is. Deur nie te werk nie het ek besef dat ek eintlik baie van my werk hou en dat ek met ‘n bly hart teruggaan.

Ek is ‘n regte creature of habit en hou nie van verandering nie. Ek het agtergekom hoe maklik dit eintlik is om in ‘n mens se denke te stagneer. As mens besig is oorrompel die lewe jou soms, net nou en dan onthou mens om tyd vir jouself te maak.

Ek weet nou dis eintlik een van die belangrikste dinge om te doen. Altyd te weet waar “jy” is.

Die ander belangrike ding is om ook deur ‘n kaleidoskoop na die lewe te kyk, dis altyd ‘n goeie idee om die werklikheid op meer as een manier te sien. Ek het ‘n mooi term daarvoor raakgelees: “the art of looking sideways”.

Advertisements

18 thoughts on “Kleiner stukkies

  1. Wipneus! Junie 9, 2008 / 8:37 nm

    Ek was ook mal oor my kaleidoskoop.

    Dis waar mens moet die werklikheid op meer as een manier sien. Staan terug en kyk die lewe van ‘n ander kant. Mooi inskrywing 🙂

  2. Parenthesis Junie 9, 2008 / 8:57 nm

    Odd how childish things can sometimes contain some of life’s greatest learnings. Seeing things from all angles, knowing who you are, and being able to approach things sideways – very valuable life skills. Particularly when playing “How low can you go”. Lovely post 🙂

  3. Rustig Junie 9, 2008 / 9:49 nm

    Kaleidoskoop laat my so dink aan Alice in Wonderland.
    🙂

  4. lostong Junie 9, 2008 / 10:23 nm

    Stunning! Jou verwysing na ‘n kaleidoskoop is spot-on!!! Dis regtig hoe die lewe is. So jammer so min mense staan stil om die kleure te aanskou!

  5. netjane Junie 9, 2008 / 10:27 nm

    Welkom by die blog, Lostong (Of het ek al welkom gesê? My brein is ook nie meer wat dit was nie)

  6. Reisiger Junie 10, 2008 / 7:41 vm

    Mooi inskrywing!

  7. Paula Junie 10, 2008 / 10:10 vm

    ‘n Baie mooi boodskappie.
    Dankie!

  8. Pikkelik Junie 10, 2008 / 12:16 nm

    Ek noem dit my ’buite-myself-gevoel’. Dis wanneer jy so bietjie terugstaan en ‘sien’ wat om jou aangaan. Dan kry mens sommer nuwe perspektief of jou lewe. Great Post NJ!

  9. Krista Junie 10, 2008 / 1:16 nm

    “the art of looking sideways”

    Baie goedgestel!

  10. Wipneus! Junie 10, 2008 / 1:42 nm

    En ons kry geen nuwe inskrywing, sy shop dat sy omval 😆

  11. BB Junie 10, 2008 / 2:25 nm

    Jip – maar mens moet net oppas dat jy nie so ‘sideways’ kyk dat jy heeltyd in jouself vaskyk nie – soos ‘n chameleon 😉
    Nice inskrywing J!!

  12. netjane Junie 10, 2008 / 3:28 nm

    Wippie, ek het so geshop dat ek ‘n waentjie moes koop om die inkopies by die huis te kry… 😳

  13. kaalvoetinireen Junie 10, 2008 / 4:50 nm

    Nice inskrywing Jane! Klink of jy al te lekker shop! Ek wens ek het die tyd gehad vir shop, maar ek is anyway effens platsak na die naweek se trip… *sug*

  14. boendoe Junie 10, 2008 / 9:21 nm

    Jis, ek onthou my kaleidoskoop! Nice pos, Jane.

  15. demoerin Junie 11, 2008 / 9:56 vm

    Nice, ‘n bietjie afstand en slow-down gee baie perspektief!

  16. Wipneus! Junie 11, 2008 / 10:07 vm

    Janie ‘n trollie, daar is geen cure vir jou nie 😆

  17. rosalindfranklin Junie 16, 2008 / 11:55 vm

    Dit laat mens anders na die wereld kyk, so ‘n kaleidoskoop, of ‘n helder kristal. Soms is dit nodig om weer jou kop reg te skop.
    Lekker inskrywing!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s