Grattis! (Geluk!)

Toe ek vroeër vandag die doef-doef-doef van ver af musiek hoor toe onthou ek dat dit nou partytjietyd vir Stockholm se “matrieks” is. Die feesvieringe vir die wat klaar maak met skool is vreeslik oulik. (‘n Vreeslike dronkspul ook, maar nou ja…)

Die meisies trek almal wit rokke aan en die seuns netjiese pakke met das en al. Almal dra sulke keppies, lyk amper soos ‘n sailor’s cap, met die naam van jou skool, jou naam en die jaar in goud geborduur. Blykbaar is mens veronderstel om bier of sjampagne direk uit die hoed te drink en die vlek wat dit los dien dan as ‘n herinnering.

Die kinders klim dan almal op groot trokke (met groot speakers!) en hou partytjie! Die trokkies ry dan deur die strate van Stockholm en almal raak eintlik heel betrokke in die feesvieringe, want die musiek is lekker ritmies, die kinders is opgewonde en blaas op fluitjies en goed en dit voel regtig net soos somer. Vandag is ‘n lekker warm dag en die doef-doef-doef dryf so stuk stuk by my venster in. Die trokke veroorsaak natuurlik ‘n lekker verkeersknoop, maar dit lyk my nie iemand gee om nie.

Voor die woonsteldeure waar die kinders bly word takke met geel en blou ballonne en streamers neergesit, sodat almal wat verbystap weet daar’s iemand wat klaargemaak het met skool wat daar woon. Gewoonlik word daar dan sommer ‘n baba foto van die kind ook opgesit, seker om die kind skaam te maak.

Hier’s ‘n foto van die woonstel oorkant ons uit my sitkamer venster geneem om die takke met die ballonne te wys en as julle mooi kyk sal julle die baba foto sien.

 

Ai, om weer 18 te wees. 😉

 

 

 

 

 

 

*Tweede foto deur Wolfgang Roosch, hier

Advertisements

11 thoughts on “Grattis! (Geluk!)

  1. Paula Junie 5, 2008 / 2:56 nm

    Dit lyk asof dit te lekker gaan daar!

    Ons het 40days gehou en dan het ons ‘n wit hemp gedra waarop al die maats geteken en boodskappies geskryf het.

  2. Wipneus! Junie 5, 2008 / 5:26 nm

    Dit lyk lekker. Ja ons het ook maar net die boring 40days gehad, niks so oulik soos die nie.

  3. Dellie Junie 5, 2008 / 6:26 nm

    Ag ja, waar’s die dae… dit lyk na vet pret! 😀

  4. Von Junie 5, 2008 / 9:19 nm

    Dis darem regtig interessant om te sien hoe dinge in ander werelddele gedoen word. Wonder waar ons 40-days eintlik sy oorsprong het. Ons het darem ook op ons 40-days seuns skooldrag aangetrek en hulle weer die dogters s’n. Ek het sowaar nog fotos van ons 40-days!

  5. René Junie 6, 2008 / 8:10 vm

    Flippit Janey – mens moet darem baie mooi kyk om die babafoto te sien!! /me trek haar x400 vergrootglas nader!

    Dis nou regtig baie oulik en interessant!

  6. Eendjie Junie 6, 2008 / 10:59 vm

    Baie interessant! NJ wil jy nie vir ons ‘n inskrywing doen oor die Sweedse koningsgesin nie. Ek het lanklaas iets van hulle gehoor. Is die kroonprinses al getroud?

  7. Pikkelik Junie 6, 2008 / 11:04 vm

    Dis nou baie interessant!!! Hulle hele lewe lê nog voor, wat ‘n voorreg…

  8. Marina Junie 6, 2008 / 1:35 nm

    Dit is nou regtig ‘n interessante instelling! Gaan dit print en vir my eie matriekulant wys. Dankie!!

  9. rosalindfranklin Junie 6, 2008 / 4:57 nm

    Ek is gek na die kepsies, ek sou van so ene gehou het. Dankie, dit is nou oulik.

  10. Da Mario Junie 8, 2008 / 12:40 nm

    Daai girls in daai 2de foto lyk darem almal vreeslik sexy… 😀

  11. netjane Junie 8, 2008 / 7:24 nm

    Ek het nogal aan jou gedink toe ek die foto opgesit het DM! 😉

    Ons was gisteraand uit om aandfotos te neem en al wat ek vir Liefie sê is “neem foto’s van die girls”. Hy vra toe later: “WHY?!” “Vir DM” sê ek. 👿

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s