Baie belangrik!

Ek is sommer drie keer getag (hoe belangrik voel ek nou!), deur Knersis, Pikkie en Wipneus.

Wat is belangrik in my lewe? Nog ‘n belangriker vraag as dit, wat is die belangrikste in my lewe?

Ek wou eers sê die mense vir wie ek lief is en toe wou ek sê geluk en toe dink ek dat ek seker moet sê dat vrede, liefde en verdraagsaamheid en die gevolge daarvan die belangrikste in my lewe is. Dit is alles waar, maar nie so waar soos dit nie:

“die man wat ek liefhet

is mooi vir my –

die vryvlug van sy mond

die sanderige val van sy hare

die vat van sproeterige hande

maak my oë vol –

die man wat ek bemin

is ‘n tent in die woestyn

‘n skuilplek ‘n stilplek

‘n sandsagte lêplek

by hom wil ek bly

hy net hy is gedig psalm

is ‘n hoë hooglied in my”

My Liefie is die belangrikste in my lewe. Vir wat ek is as ek by hom is, vir wat ek kan wees omdat hy in my glo, vir die samesyn, die liefde, die geluk, die respek en die soene.

Die belangrikste ding in my lewe is ‘n gelukkige hart – en my gelukkige hart is my Liefie.

 

Die gedig “die man wat ek liefhet” deur Louise Boshoff uit die bundel “Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte”, saamgestel deur Fanie Olivier

 

 

 

Advertisements

12 thoughts on “Baie belangrik!

  1. stephen Junie 4, 2008 / 9:01 nm

    die man kan homself baie gelukkig ag.

  2. Wipneus! Junie 4, 2008 / 9:05 nm

    Wow!! NJ se liefie, hierdie vrou moet jy hou!!! Sy is ‘n “keeper”

  3. Pikkelik Junie 4, 2008 / 9:16 nm

    Dis so pragtig. En jy is darem maar fluks jong! Lekker doedoe.

  4. Zee Junie 4, 2008 / 10:01 nm

    NJ, dis ‘n baie mooi stukkie wat jy bygevoeg het, dis so asof dit vir jou geskryf is. Jou liefie is baie gelukkig hoor!

  5. Reisiger Junie 5, 2008 / 6:41 vm

    Mooi! Lekker om lief te hê en lief gehê te word!!

  6. knersis Junie 5, 2008 / 8:09 vm

    Jou man is ‘n baie gelukkige ou! 😀

  7. demoerin Junie 5, 2008 / 11:37 vm

    Gelukkige ou, en as ek so tussen die lyne lees, waardeer hy dit ok!

  8. paulavdm Junie 6, 2008 / 8:30 vm

    Goeie kwaliteite!

  9. boendoe Junie 6, 2008 / 7:55 nm

    Ag, fraai!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s