Admission:free

Ek is mal oor reis. Om nuwe goed te sien, te hoor en te ervaar. Vir my is dit gewoonlik meer werd om iewers in ‘n “square” te sit en koffie te drink as om myself mal tussen besienswaardighede te hardloop. Ek hou van mense dophou. Ek wil sien hoe die “locals” lewe, hoor wat hulle sê, bietjie dieper as die hoof toeriste strate kom.

Ek kry dit gewoonlik nogal goed reg. Ek is ‘n groot aanhanger van die DK Eyewitness Guides, wat volgens my die beste reisgidse op die mark is. Ek bestudeer die gidse gewoonlik van kant tot kant nog voor ek vertrek en dan is ek gereed.

Toe ek op 19 April 2007 in Stockholm aangeland het was dit ook met die DK Gids se kennis agter die blad. Ek was voorbereid op Stockholm, ten minste as toeris. Of so het ek gedink.

Stockholm is asemrowend mooi. Maak nie saak hoe baie jy kyk nie, die kyk bly nogsteeds die moeite werd. Wat jy sien verander van seisoen tot seisoen, in die oggend lyk dinge nie dieselfde as in die aand nie. Ek het halsoorkop verlief geraak op Stockholm.

Deur die seisoene het ek aanhou snuffel, nog en nog kantstraatjies ontdek. Afgekom op ou geboue wat gewone doele dien. Mooi houtbote gesien. Op parkbankies boek gelees, op busse geklim waarvan die bestemming interessant geklink het. Ek het Stockholm ingedrink. In die somer het ek vir myself gesê ek “spaar” die museums vir winter, want dit gaan lank en nat en donker en koud wees. Winter het gekom en gegaan. Dit was lank en nat en donker en koud en my motivering was maar min. Ek het aanhou dwaal opsoek na Engelse boeke, goedkoper koffie, groen lensies en behoorlike pampoen. Die museums is opsy geskuif. Die stad se ligging en mense en geboue was genoeg.

Op 27 Junie 2008 word my besittings in bokse gepak. Ek gee my woonstel sleutels terug en vir die maand van Julie het ek nie huis nie, ek reis weer. Tick-tock. Al my “ek moet nog” en “ek wil nog” en “ek behoort regtig” het eweskielik op my neergedaal. Ek het my DK Gids nader geruk, ‘n 48 uur Stockholm kaart gekoop en my amazing race deur die besienswaardighede van Stockholm begin.

Dit was vreemd om ‘n stad wat ek ken te herontdek. In te gaan daar waar ek nog altyd net verby geloop het. Te dink soos iemand wat nie hier woon nie. Dit was ook sleg omdat ek alles alleen moes doen, want Liefie is by die werk.

Ek weet nou hoe fantasties dit is dat die skip Vasa in 1628 kon sink en in 1961 heeltemal heel en in ‘n uitstekende toestand herontdek kon word. Ek wonder nie meer oor die Nobel Pryse en hoekom Oslo die prys vir vrede toeken nie, ek weet. Ek kon saammet die Japanese toeriste ooh en aah oor die koninklike paleis. Ek het weer die “changing of the guard” gesien, hierdie keer was al die wagte en die orkes berede. Ek het deur klein straatjies in die ou stad (Gamla Stan) gedwaal, gaan kyk waar ridders begrawe is, Stockholm van 155 meter hoog af besigtig. Ek het uiteindelik op die ou trem reg om die mooiste eiland gery en te lekker gekry elke keer wat die klokkies lui. Ek het roomys langs die water geëet en orals op my gemors omdat die weer so warm hier is. Ek het my vervies vir Amerikaanse toeriste. Ek het op ‘n bootreis gegaan, ek het gesien dat Sweedse tradisies regtig van geslag tot geslag oorgedra word en dat Midsomer nogsteeds so gevier word as wat dit jare terug gebeur het. Ek het musical chairs gespeel op Sweedse meubels en ek kon lees oor die Laplanders (Saami is nou die polities korrekte woord) wat ek in Lapland gesien het, se geskiedenis. Ek het my vergaap aan visse in die akwarium en by elke standbeeld gestop. My groot aanbeveling en absolute gunsteling is die Historiska Museet. Nie soseer oor die inhoud nie, maar oor die manier waarop dit aangebied is.

Dis eers toe ek by die huis kom en nadink oor waar ek was, waar ek gaan rondloop het en waarna ek gaan kyk het dat ek besef het dat ek nie gegaan het om te ontdek nie, maar dat ek gegaan het om totsiens te sê.

Hej då Stockholm. Vi ses!

 

Advertisements

12 thoughts on “Admission:free

  1. Zee Junie 4, 2008 / 12:39 vm

    NetJane, right on time! 😆 Gaan bietjie later vandag kom lees!

  2. René Junie 4, 2008 / 8:54 vm

    Ai vriendin – ek wens ek kon vir jou ‘n drukkie gee!

  3. boendoe Junie 4, 2008 / 9:04 vm

    Good for you dat jy tog daardie laaste kyke gaan kyk het.

  4. Rustig Junie 4, 2008 / 9:43 vm

    Jy gaan dit mis, glo my. Of mens hou van of nie. Daar is nie tussenin nie. Ek vrek oor toer en my neus indruk waar die gewone toeris nooit kom nie. Net nie katedrale nie asseblief. Ek is al op onder die morbiede kerke.

  5. demoerin Junie 4, 2008 / 10:24 vm

    Wee jy, dit is hierdie memories wat niemand OOIT van jou kan wegneem nie. En dan natuurlik daai gevoelens wat saam met die kiekies gaan, ek weens meer mense wil besef dat reis deur boeke dit nooit kan vervang nie! Hoe kan jy voel wat in ‘n grootse katedraal gebeur as ‘n orrel Jesus, bron van al my vreugde speel deur na ‘n prentjie te kyk? Hou aan met herinneringe opbou, ons gaan hulle eendag soos ou movies in ons koppe afspeel op ouetehuis stoepe! hahaha

  6. Paula Junie 4, 2008 / 10:42 vm

    Voorwaar ‘n wonderlike geleentheid wat jy het. Ek kan maar net droom van Stockholm. Geniet dit!

  7. Dellie Junie 4, 2008 / 10:50 vm

    ‘n Bittersoet toer… ek voel skoon hartseer vir jou part. 😦

    Maar jy het soveel dinge gesien en ervaar wat vir altyd in jou sal wees. Geniet die laaste rukkie.

  8. kaalvoetinireen Junie 4, 2008 / 11:34 vm

    Never say never! Jy kry dalk net weer die geleentheid om daar te gaan draai. Hier waar ek is probeer ek ook soveel as moontlik indrink en ervaar as moontlik. Die dat ek altyd Maandae so swaar begin…
    Geniet jou laaste tydjie daar en sterkte met die hele trekbesigheid.

  9. demoerin Junie 4, 2008 / 1:50 nm

    …en moenie die kiekies vergeet nie!

  10. netjane Junie 4, 2008 / 1:56 nm

    Ek sal mos nou nooit so iets doen nie Demoerin – ek is besig om hulle uit te kies! 🙂

  11. Wipneus! Junie 4, 2008 / 8:31 nm

    Ag julle gaan weer in Stockholm draai NJ. As ‘n plekkie eers in jou hart gekruip het…. gaan kuier jy maar net weer. Die toekoms lê wyd voor jou oop….

  12. Da Mario Junie 8, 2008 / 12:41 nm

    Ek weet darem nie of ek sou wou huis toe kom nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s