Toeris

Na die soveelste droom in blog-kommentaar vorm (My karakters het avatars wat kommunikeer met mekaar deur middel van kommentaar wat ek moet lees – ek weet ook nie hoe my brein dit doen nie!) het ek besluit genoeg is genoeg.

Ek het ‘n maand oor in Stockholm en daar is nog baie wat ek moet sien en doen. Ek het vir my ‘n 48 uur Stockholm kaart gekoop (een van daai wat gratis museum ingang, bus reise, toere en allerhande ander goed wat mens nie eintlik nodig het nie, insluit) en nou moet ek waarde vir my geld kry. Ek gaan myself nou museumifiseer, soos ‘n toeris optree en basies doen wat ek al lankal moes gedoen het.

Ek rapporteer weer Woensdag. Met foto’s.

Oor en uit.

Advertisements

18 thoughts on “Toeris

  1. Dellie Junie 2, 2008 / 11:38 vm

    Hehe! Ja nee, dit raak erg as mens eers in blog begin droom… gebeur gereeld met my ook! 😆

    Lekker toeris speel, kan nie wag vir die foto’s nie.

  2. Zee Junie 2, 2008 / 12:41 nm

    Julle gaan dit nie glo nie, ek het gisteraand vir die eerste keer begin blog droom…..

    Geniet jou “af blog” tydjie!

  3. Wipneus! Junie 2, 2008 / 12:51 nm

    wha ha ha nee ek het nog nie in blog begin droom nie. Ek sit en lag lekker hier agter my PC vir julle girls…. julle is erg.

    Ek kan nie wag vir Woensdag nie NJ.

  4. Pikkelik Junie 2, 2008 / 2:09 nm

    Jy kan nou ook nie vreeslik baie sien in 2 dae nie NJ maar maak die beste daarvan, intussen kommunikeer ons maar weer vanaand in ons drome of hoe??????????
    😆

  5. platterfuss Junie 2, 2008 / 3:14 nm

    Kry ek nou ‘n jaloerse gevoel so oor my loop….

    ENJOY!!!!!!!!!!

  6. kaalvoetinireen Junie 2, 2008 / 3:21 nm

    Dit klink baie lekker…geniet dit vreeslik baie en dink maar aan die wat moet werk!!!

  7. Emil Junie 2, 2008 / 3:55 nm

    Sien uit na die foto’s.

    Kan nie sê ek het al in blog gedroom nie. Droom soms waaroor om te blog …

  8. Eendjie Junie 2, 2008 / 4:27 nm

    Great!! Ons wag in spanning!!Hoop jy neem BAJA foto’s.

  9. Rustig Junie 2, 2008 / 7:34 nm

    Julle mense het regtig hulp nodig. As my ma weet met watter mense ek rond hang stuur sy my terug army toe.

  10. Da Mario Junie 3, 2008 / 8:24 vm

    Ek dog jy rapporteer al amper terug?!
    Anyways, hoop jy “toeris” nog lekker… 😉

  11. Parenthesis Junie 3, 2008 / 9:50 vm

    Oooooooh. An excursion into the real world, and everything. Enjoy, enjoy, enjoy! [I too hate it when everything I do and see gets measured against the would-this-make-agood-blog-post yard stick? So go, enjoy, live – and I’ll be back on Wednesday to check on that update 🙂

  12. demoerin Junie 3, 2008 / 10:13 vm

    Lekker toeris. Ek is baie jaloers! Kan nie wag vir die kiekies nie! Lees nou net die gemiddelde droom is 2-3 sekondes lank, ons gaan mos baie kort posts begin kry! hahaha

  13. maeree Junie 3, 2008 / 12:52 nm

    aaaahhhh stockholm, die mooiste stad.
    skip birka.

  14. boendoe Junie 3, 2008 / 6:27 nm

    Jou foto’s is altyd iets om te waardeer. En more is Woensdag, is dit nie…?

  15. Zee Junie 3, 2008 / 11:02 nm

    Parenthesis, I think it is about 58 min to go! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s