Anybody out there?

Ek lees vanoggend op die CNN webtuiste oor die sogenaamde “Uncontacted tribes” in die Amasone. Daar is bykans 100 van hierdie groepe mense wêreldwyd, waarvan meer as die helfte in die Amasone bly. Hulle het nog nooit met ander mense buiten die van hulle stam in aanraking gekom nie.

Daar’s ‘n organisasie wat spesifiek rekord hou van díe stamme in Brazil en dis ook hulle wat die nuuste foto’s, wat vanuit ‘n klein vliegtuig geneem is, vrygestel het. Daar word blykbaar al vir 20 jaar lank boek gehou oor die stamme. ‘n Woordvoerder van die organisasie dui dan ook aan dat een van die doelstellings van die organisasie is om hierdie mense te beskerm teen kontak van die buitewêreld en teen veral siektes.

Dit was vir my eers vreeslik amazing dat daar nog mense in die wêreld is wat nog nooit met die “regte” wêreld in aanraking was nie. Dis soos ‘n regte time-warp. Die ouens op die foto’s lyk omtrent kaal en staan met hulle pyle en boë reg om die “indringer” vliegtuig te skiet. Dit pla my toe dat hierdie beskermingsorganisasie sê hulle wil die mense beskerm, maar tog met vliegtuie oor hulle blyplek vlieg. Dit pla my ook dat hierdie “uncontacted tribe” al vir ‘n hele lang tydperk vliegtuie sien, maar nog nooit besluit het “right, vandag is die dag,ek gaan oor die rivier loop en die vlieënde ding soek” nie. Hoe moeilik is dit om deesdae ander mense op te spoor? Iewers moet daar tog bosbou bedrywighede of iets wees? Of is hierdie mense net verskrik, en besef hulle dat die vyand sterker as hulle is, so hulle handhaaf maar ‘n lae profiel.

Deur te weet van die mense, maar hulle tog te beskerm voel dit vir my asof mens van hulle sirkusdiere maak. Wie is ons om in te meng? Wie is ons om nie in te meng nie? ‘n Groep kan tog net ontwikkel deur in aanraking met ander, meer ontwikkelde groepe te kom?

En hoe de donner het dit gebeur dat hierdie outjies nog heeltemal gelukkig is om op so basiese manier voortebestaan? En is dit amazing dat die mensdom op daai stadium was en nou is waar ons is, of is dit net hartseer? Want eintlik staan ons nogsteeds reg met ons pyl en boë om indringer vliegtuie af te skiet.

Die wapens is miskien anders en die vliegtuie is miskien nie vliegtuie nie, maar ons skiet nog al die tyd.

 

 

 

Advertisements

14 thoughts on “Anybody out there?

  1. Paula Mei 30, 2008 / 1:59 nm

    Ongelooflik! Wonder hoekom lyk hulle so oranje/rooi?

  2. kaalvoetinireen Mei 30, 2008 / 2:04 nm

    Dis flippen amazing! Dit moet darem maar ‘n lekker sorgvrye bestaan wees, al is dit hoe primitief! Ek sal nie mind nie!

  3. Adrie Mei 30, 2008 / 2:42 nm

    Seker weer ‘n geval dat jy nie iets kan mis wat jy nie ken nie. Hulle is so beskerm teen siektes, hulle ly nie eers aan nuuskierigheid nie.

  4. demoerin Mei 30, 2008 / 3:40 nm

    Kyk, as jy happy is, is dit seker ok. Hoekom nie, as jy nie beter ken nie? Maar as hulle nou so Uncontacted Tribes is, is dit cool van CNN om dit wyd en suid te verkondig. Nou gaan almal weer togte doen om die eerste contacts te wees?

  5. Wipneus! Mei 30, 2008 / 3:43 nm

    Wow dis interessant….

    Hulle moet die mense in vrede los, hulle het definitief ‘n baie lekkerder lewe. Ons wêreld is siek.

  6. René Mei 30, 2008 / 4:21 nm

    Kaalvoet – EK GAAT SAAM…!

  7. Pikkelik Mei 30, 2008 / 4:48 nm

    Ek wil groot, groot, groot asseblief ook saamgaan, kar, trein, vliegtuig, olifant, donkie, enige vervoermiddel sal werk solank ek net daar kan kom en die vervoermiddel onskadelik en onbruikbaar stel as ek daar is….

  8. Adrie Mei 30, 2008 / 7:37 nm

    Kan ek maar bly?

    Of wag, nee, julle gaan Amazone toe. Ek gaan asseblief saam.

  9. Rustig Mei 30, 2008 / 7:45 nm

    Ek het so paar jaar terug ‘n boek gelees oor so ekspidisie. Die stam was ook van die wat nooit ander mense geken het nie. Die ding wat die ontdekkers die meeste gefasineer het is dat die mense geen begrip het van kompetisie of beter te probeer wees as ander nie. As jy goed was in iets dan was almal bly en het hulle op jou vernuf staat gemaak tot voordeel van die hele groep. So het elkeen sy doel gehad. Niemand was beter as ander nie.

  10. Zee Mei 30, 2008 / 8:49 nm

    Nee kyk, as julle nou almal Amazone toe gaan, kan ek nie agterbly nie, ek kom ook saam 🙂

    Lekker post NJane

  11. Eendjie Mei 31, 2008 / 11:41 vm

    Stem saam met Wipneus, los hulle daar in vrede. Hulle is beter af daar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s