Bra slegte ervaring

Rosa het ‘n ruk terug geblog oor haar stryd om ‘n bra gekoop te kry en ek het lekker saam gelag, maar van lekker lag kom lekker huil né?

Ek is gewoond om by Woolworths in te stap, my grootte te vat en uit te stap. Die bra pas. As dit (miskien) nie pas nie, gaan ruil ek dit later om. Ek dog toe ek sal dieselfde hier in Swede kan doen, darem net een of twee aanpas, agterkom watter winkel werk vir my and Bob’s your uncle. Toe nie.

Sweedse girls het vreeslike klein en petite tieties. Jammer om die manne se fantasieë op te donner, maar dis die waarheid. Hulle is maer en blonde en lank, met vreeslike mooi blou oë, maar hulle tieties is klein. Winkel een (H & M – ‘n baie groot en bekende Sweedse groep) het omtrent net push-up’s. Nou kyk, as ek begin push-up’s dra sal mans nooit ooit weer in my oë kyk nie. Die bra’s wat nie push-up is nie, is maternity bra’s.

Winkel twee het bra’s in meer kleure as wat ek geweet het bestaan. Ek raak opgewonde. Totdat ek agterkom ek moet my grootte in die “Generous” afdeling gaan soek. Toe strip my moer sommer. Iets soos ‘n 46 FF is “Generous”. 36C is nie generous nie. Dis heel normaal. Nog erger is dat mens bra’s in sentimeters hier koop. So die rug groottes klink so groot om mee te begin!  Ek sluk toe maar my moer en kyk deur die “Generous” bra’s en besluit toe ook om ander klere aan te pas.

Ek het niks winter klere in Stockholm gekoop nie, want die modes was too terrible, so ek het seker ‘n jaar laas in ‘n Sweedse aantrekhokkie ingegaan. Met die ingaan onthou ek weer dat die hokkies nie sluit nie. Jy trek die deur toe en hoop vir die beste. Die deure gaan so van jou knieë tot by jou nek, so as jy ‘n lang blonde Sweedse meisie is, steek jou kop bo die deur uit en ander mense kan dus sien daar’s iemand in die hokkie. As jy Jane is, gebeur dit nie. Ek pas my bra’s aan. Daar’s 360 grade spieëls en daai helder beligting wat mens net in aantrekhokkies kry. Dis eintlik onmenslik in ‘n vroue aanpaskamer. Eweskielik verskyn daar ‘n blonde kop bo-oor my deur. Soos ‘n kameelperd wat na weiding soek. “Umm” sê ek, te verskrik om my bates te bedek. Die kop beweeg aan. Dit gebeur ‘n rukkie later weer en toe WEER! ‘n Groot gedeelte van die dames in my buurt weet nou hoe lyk my tieties. Ek het nie ‘n bra in winkel twee gekry nie.

Winkel drie se bra’s is ingevoer van Italië af en ek snak om die R800 te betaal. Ek loop maar aan. Winkel vier het cross-your-heart and hope to die (wat jy sal doen as iemand jou ooit in so lelike bra sien) vir my grootte. Hou verby.

Winkel 5 het mooi klere. Ek begin toe maar klere koop en vergeet heel van die bra’s. Hulle aantrek hokkies sluit ook nie. Ek hang toe maar my nommer buite op die handvatsel en dit het gewerk. Daar’s ook nie aparte hokkies vir mans en vrouens nie. Vreemd.

Met die uitloop kyk ek tog deur die bra’s. Daar’s wragtag bra’s met sulke plastiek opblaassakkies binne-in. Amazing.

 

 

Advertisements

37 thoughts on “Bra slegte ervaring

  1. kaalvoetinireen Mei 28, 2008 / 3:31 nm

    Toemaar, hier in Korea is dit ook nie juis veel anders as dit by bra’s kom nie…hir is NET push-ups en die goed is in allerhande skelkleure en die sizes is ook weird…hier is jy gelukkig as jy ‘n aanpashokkie kry. Ek weet nie wat doen hulle om klere aan te pas nie.

  2. Pikkelik Mei 28, 2008 / 3:39 nm

    Ag stuur tog vir my van daai push ups wat daar so vollop is…. Oi!!! Jy moet maar volgende keer vir liefie saamvat as jou ‘personel hokkie guard’!!!!

  3. machiel Mei 28, 2008 / 3:44 nm

    Wat is dit met vroue, dat hulle nie van gekleurde bra’s hou nie?

  4. netjane Mei 28, 2008 / 3:49 nm

    Machiel, daar is gekleurde bra’s en dan is daar GEKLEURDE bra’s. Verbeel jouself die helderste helderste helderste kleure en dan maak jy dit nog helderder. Jy kan nie die bra onder enige iets aantrek nie…

  5. Adrie Mei 28, 2008 / 3:52 nm

    Ek sidder. Ek moet ‘n trippie Woolworths toe beplan, haat dit met ‘n passie.

  6. Dellie Mei 28, 2008 / 4:19 nm

    Daai gekleurde bra’s kom heel handig te pas in die somer, as jy ‘n spaghetti toppie kan kry in dieselfde kleur…

    Ek vrek oor mooi bra’s. En omdat ek ook nie vreeslik voor in die ry gestaan het toe dit bolangs uitgedeel is nie, hou ek van ene wat so effens gepad is. Maar let wel: EFFENS. Dit hou my tieties warm. As my tieties warm is in die winter, het ek nie ‘n saak met die wêreld nie! 😉

    Gelukkig is jy nog mooi jonk, en kan bekostig om sonder een te loop. Gravatasie speel al bietjie ‘n rol by my… :mrgreen:

  7. Marina Mei 28, 2008 / 4:20 nm

    hie hie pos bietjie van daai wat opblaas…..dalk help dit.

  8. boerinballingskap Mei 28, 2008 / 4:28 nm

    Ek mik-mik nou om kommentaar te lewer, maar ek sit eerder ‘n wag voor my sleutelbord…

  9. netjane Mei 28, 2008 / 4:32 nm

    You can do it Boer! Ek belowe sommer namens al die dames niemand sal kwaad word nie… 😉

  10. Reisiger Mei 28, 2008 / 4:40 nm

    😆 Lyk my mens moet baie bra….aaaf wees om ‘n Sweedse aanpashokkie aan te durf!

  11. gertgariep Mei 28, 2008 / 5:06 nm

    Die “Swedish blondes” wat by die bike rallies strip se “natural” noenoes is dan altyd baie ferm en groot. Nou begin ek dink die hele biker gemeenskap leef nog al die jare in ‘n illusie en onder ‘n wanindruk

  12. boerinballingskap Mei 28, 2008 / 5:09 nm

    OK, hier gaat ek… (al weet ek ekke moenie!)

    In die eerste plek, wou ek se dat die TOTALE oorheersing van “push-up” bra’s (of, as jy wil, “t-shirt” bra’s – wetie wat die regte naam is nie) binne die Koreaanse mark vir ‘n man NOOIT iets geen om na te kyk nie, selfs in die middel van die winter! Dis SO vervelig en mundaan!

    Tweedens (en nou moet ek seker koes!)…ek dink hierdie tipe bra’s is baie onsexy! Glo dit as jy wil, maar die eerste punt hou geen verband met die tweede punt nie. Rerig!

  13. netjane Mei 28, 2008 / 5:33 nm

    Ai Gert, ek’s jammer ek het nou ‘n saadjie van twyfel by jou gesaai…

    Boer: T-shirt bra’s het geen laste of kant nie, so dit lyk glad onder ‘n t-hemp. As sulks is die bra’s gewoonlik ‘n bietjie dikker en van allerhande space age materiaal gemaak – dis hoekom jy niks in die winter sien nie 😉

    En ek stem dat daai bra’s nie sexy is nie. Functional, maar nie sexy. So jy hoef nie te koes nie.

  14. boendoe Mei 28, 2008 / 6:05 nm

    Jane, jy het my simpatie, maar ek wil graag by die mans weet of dit rerig, erig sexy is om ‘iets’ in die winter te sien? Dis vir my unreal dat mans nipples wat so punt innie wind staan, aantreklik kan vind! 😀

  15. netjane Mei 28, 2008 / 6:10 nm

    Boendoe – ons moet maar sien of die manne jou gaan antwoord!

    In my eerstejaar was ons Rekeningkunde en Ekonomie klasse vreeslik groot en die lokale waarin die klasse aangebied is was yskoud geaircon in die somer. Die ouens het altyd vroeg gaan sit sodat hulle die instant reaction van die girls kon dophou…

  16. Wipneus! Mei 28, 2008 / 7:03 nm

    Ek hou ook van mooi bra’s.

    En girls hier is waar ek dit nou al vir jare koop, en dit word gedeliver deur fedex, as jy Maandag bestel is dit Vrydag by jou voordeur. Die diens is uit die boonste rakke!!

    http://www.figleaves.com/uk

    enjoy your shopping! 😉

  17. Wipneus! Mei 28, 2008 / 7:15 nm

    Netjane het jy van jou baba foto’s by jou of is dit in SA?

  18. netjane Mei 28, 2008 / 7:20 nm

    Wipneus! – die naaste wat ek aan baba foto kan kom hier in Swede is ‘n laerskoolfoto.

  19. Wipneus! Mei 28, 2008 / 7:23 nm

    Ok dan gaan ek jou tag vir daardie foto… 😆

  20. netjane Mei 28, 2008 / 7:24 nm

    O donner – as julle lag is julle dood! Ek sal die ding uit die raam uit haal en scan…

  21. Wipneus! Mei 28, 2008 / 7:28 nm

    Ons lag mos nie vir maatjies nie, sies 😆

  22. Emil Mei 28, 2008 / 8:03 nm

    Ek voel saam boerinballingskap – wat kan ek nou sê: netjane, jinne man, ek weeeeet so waarvan jy praat. Man, ek sukkel soo …. 😉

    Gits, ek erken ek het darem al bra’s gekoop – nie vir myself nie, mind you, maar vir vroulief. Kyk, ek is heeltemal gemaklik daar tussen die vrille en kant materiaal en skroom nie om my vrou onderklere te koop nie – daarom is my ligsinnige grappie hierbo nie te ver van die waarheid verwyder nie.

    Maar miskien is dit nou nie iets wat ‘n man so op ‘n blog moet bely nie.

  23. netjane Mei 28, 2008 / 8:13 nm

    Dis ‘n goeie eienskap as jy vir jou vrou onderklere koop Emil, jy mag maar bely.

    Maar sê maar as ek van die “generous” rug groottes moet pos, as daar iets is wat jy nie bely nie 😉

  24. Emil Mei 28, 2008 / 8:30 nm

    😆 Teehee!

    Meer nodig vir die middel!!

  25. hanlie Mei 28, 2008 / 10:39 nm

    Ek was gister in Woolworths vir my jaarlikse bra-aankope! Miskien is dit hoekom ek vandag so aardig voel!

  26. rosalindfranklin Mei 29, 2008 / 4:18 vm

    Ja ek ken daai een. Ek wonder steeds wie sit agter die bra-maak-bedryf. Dit is nie vroue (1) met verstand nie (2).

    Dit is een of ander weird wese met ‘n vreemde fetish en/of ‘n sadistiese man.

    “Generous”….se gat.

  27. René Mei 29, 2008 / 8:29 vm

    Mmmm, ek sal maar saam met jou in die “generous” afdeling moet rondboer!!

    Ek is mal oor mooi onderklere, maar kan nie die heeltemal kant nommertjies dra nie – dit krap en irriteer my so ek wil hier teen 13:00 die middag net my klere van my lyf af ruk! (Ek ken mense wat natuurlik daarvan sal hou! Lol!)

    Ek wonder volborstig saam met Rosa wie agter die bra-maak-bedryf sit?? Duidelik het daardie wese nog nooit ‘n bra gedra nie!

    Wipneus – hoe pas jy ‘n bra aan as jy hom oor die pos koop? Of is dit maar ‘n geval van trial and error tot jy die regte grootte bestel?

  28. oopkop Mei 29, 2008 / 2:47 nm

    Ek’s mal oor mooi onderklere maar sukkel ook om mooi fyn goedjies in die “generous” afdeling te kry. Dis alles hierdie “Ouma-bra’s”. En nou met die swangerskap saam groei alles nog meer en maak dit nog meer onmoontlik om iets moois te kry.

  29. reisiger Mei 29, 2008 / 7:56 nm

    Ek MOES eers vanaand weer hierdie post en almal se kommentaar kom lees. Ek het nou wraggies lanklaas ‘n inskrywing soveel geniet soos hierdie een!! Wil my nou nog skeur oor “soos ‘n kameelperd wat weiding soek”!! 😆

  30. netjane Mei 29, 2008 / 8:24 nm

    Dankie Reisiger! Ek lag nou ook oor die hele storie, maar as jy daar (punt in die wind) staan is dit nie juis snaaks nie!

  31. Da Mario Mei 29, 2008 / 10:46 nm

    /me still remains wewwy wewwy qwuet… 😀

  32. Emil Mei 30, 2008 / 9:02 vm

    Ek bedien myself maar altyd ‘n generous helping, maar eintlik het mens niks meer nodig as ‘n handvol nie. Elke keer as ek pizza bestel sê my altyd ek hoef nie die XL te neem nie – ek kan net so goed regkom met die L of die M.

  33. Emil Mei 30, 2008 / 9:03 vm

    😳 “sê my VROU altyd …”

  34. Dellie Mei 30, 2008 / 10:57 vm

    Mmm, Emil, my Liefie reken ook meer as ‘n handvol is mors… en ek praat ook nie van kos nie! 😳

  35. netjane Mei 30, 2008 / 11:19 vm

    Sal Emil en Dellie nou kans sien om die gasheer van die blog in die gesig te kom vat! En natuurlik is dit Da Mario wat “niks” sê nie wat die hele storie begin het! 😉

    Hand groottes verskil né Dellie? 👿

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s