Bollywood baby!

Ek is mal oor reis en hoe meer ek sien, hoe meer wil ek sien. Ek hou omtrent van al die plekke wat ek besoek, sommige meer as ander en neem van elke plek iets besonders weg (al is dit net: “vir jou sien ek nie weer nie, hasta la vista baby!”).

Die een plek wat egter so diep in my hart gekruip het, onder my vel kom sit het en in my siel ronddraai, is Indië. Love it or hate it. Ek dink dis die enigste twee opsies wat daar is vir Indië. Mens kan nie ‘n louwarm gevoel oor die land hê nie. Dis nie ‘n “okay” land nie. Dis ‘n “ek het dit gehaat!” of ‘n “dis fantasties, fabulous, amazing, wow!” land. Ek val in die tweede kategorie. As ek môre ‘n klomp geld wen of vliegkaartjies na enige plek in die wêreld, gaan ek weer Indië toe, al was ek al daar, want ek dink jy kan ‘n hele leeftyd daar spandeer en nogsteeds meer wil sien.

Ek is ‘n regte magpie en enige iets wat blink is vir my fantasties en ‘n absolute moet-hê. Ek is ook mal oor kitch. Enter India. Glitter capital of the world! More is more and less is a bore. As iets moerse bright is en blink en al aan garish begin grens, dan sit hulle nog iets by. Fantasties!

So gebeur dit ook dat ek verlief raak op al die Indiese slipper skoentjies wat so met sequins uitgewerk is en onder streng sensuur van Liefie net (?) 3 paar koop. Die sari winkels is net so pragtig en ek loop uit met 2 saris, maar eers nadat die winkeleienaar so verskriklik bly was om ‘n Westerling in sy winkel te sien dat elke liewe sari in die winkel om my drapeer was en ek “running commentary” van die res van die klante gekry het. ‘n Mens moet dan ook na die armband winkels toe gaan en armbande wat by jou saris pas koop.

Toe ek die eerste winkel sien (winkels is volgens klas gegroepeer, so rye en rye winkels verkoop soortgelyke items) is dit asof my asem uit my ligaan verdwyn. Bollywood se moer! ‘n Hele winkeltjie vol goed wat blink. In alle kleure. As die groottes nie reg is nie, maak hulle net daar vir jou ‘n armband in jou grootte, in kleure van jou keuse en embellish dit met rhinestones.

Hier is ‘n foto van ‘n gedeelte so ‘n winkeltjie.



Die tweede foto wys my in my weergawe van die hemel. Ek kon nie kies nie. Ek wou ‘n stel in elke kleur koop en teen die pryse was dit regtig moontlik, maar teen daai tyd het ons al so geshop dat ons tasse vol was, ons sakke naby aan plat was en ons nog nie halfpad deur die toer was nie. Ek het toe maar net 7 stelle gekoop. Daai armbande is my gunsteling accessories. Ek dra hulle asof hulle diamante is. Elke nou en dan haal ek hulle uit die laai uit net om weer ‘n bietjie Indië te sien en te hoor.

 Hier’s van my armbande:

 
En my eerste verskyning in ‘n sari – dis nogal vrek moeilik om die ding reg te kry, net ‘n lang stuk lap wat mens op een of ander manier moet plooi en drapeer! 


 

Advertisements

19 thoughts on “Bollywood baby!

  1. Wipneus! Mei 23, 2008 / 3:04 nm

    NJane ek is heeltemal mal en versot op Indië, orals in my huis is Indiese goed, glitter, sequins handsakkies, meubels ens ens

    Heita vir daardie armbande en sari.

    Ag man ons sal lekker saam kan shop….

    Lekker inskrywing gewees vir iemand soos ek 😉

  2. Pikkelik Mei 23, 2008 / 3:39 nm

    Nice…….. Kan jy jou voorstel wat my terroriste met daai pragtige armbande sal maak…. Jou sari is stunning. Ek het ook een , maar kon hom nog net een keer aantrek toe my vriendin (Indier) my kom help het. Nou gebruik ek hom sommer maar vir ‘n tafeldoek…. 😳

  3. Hanlie Mei 23, 2008 / 4:20 nm

    Ons huis is ook vol Indiese goed. My skoonouers het ‘n jaar daar gewoon en was mal daaroor… Ons gunsteling uiteet is ook by Indiese restaurante. Eendag sal ek self daar kom!

  4. Dellie Mei 23, 2008 / 5:49 nm

    Weet jy, ek hou nie van shopping nie, maar o genade, DIS mos nou shopping wat die moeite werd kan wees! Ek vrek oor die sari’s en die armbande! Ek dink as ek ooit so bevoorreg kan wees om Indie te besoek, sal ek in die “wow” afdeling pas. In die Indier winkels wat ons hier het, is daar mos so ‘n kenmerkende geurtjie… die wierook wat gebrand word… dit het vir my so ‘n misterieuse klankie. Ek sal dit SO graag self wil beleef.

    Jy is bevoorrreg dat jy al in jou leeftyd soveel dinge gesien en ervaar het. En ek sê dankie dat jy my wêreld elke dag groter maak. 😉

  5. netjane Mei 23, 2008 / 8:34 nm

    Haai Dellie – dankie vir die vreeslike mooi comment van jou af! Ek smile nou net so breed! 🙂

  6. Zee Mei 24, 2008 / 11:00 vm

    Wanneer sien ons die MOVIE?

  7. Pikkelik Mei 24, 2008 / 11:57 vm

    Oi, laas nag droom ek toe jy trou in ‘n sarie!!! Og die ouderdom!!! Droom nou al blogs!!!

  8. netjane Mei 24, 2008 / 12:04 nm

    Solank ek mooi gelyk het in die droom Pikkelik!

  9. Louisa Mei 25, 2008 / 9:11 vm

    Dit lyk so cool! Ek het al daai sari storie so bekyk en gewonder hoe de heck daai lappe aanbly?! Met my luck sal ek opeindig met dit om my enkels voor ek by die deur uit is. 😆

  10. Wipneus! Mei 25, 2008 / 7:07 nm

    Louisa dan staan jy net in jou Victoria Secret en “pose” whaahaaahaa

  11. Rustig Mei 25, 2008 / 7:38 nm

    Ek like net samoosas! Nie vreeslik lief vir India nie.

  12. Eendjie Mei 26, 2008 / 10:20 vm

    Ekmoet sê die Indiese vroue lyk pragtig wanneer hulle so “op-dress” in hul sari’s. Ek kyk ook gereeld “Eastern Mosaic”. Baie oulike program. Net jammer dat armoede so ‘n groot probleem is in Indië.

  13. boendoe Mei 26, 2008 / 10:51 vm

    Ek gaan nou saam met die massas: dis stunning! Jou gelukkige ding om so baie al te gesien het!

  14. Paula Mei 26, 2008 / 11:18 vm

    Dit lyk voorwaar pragtig!
    Ek is mal oor sari’s. Het ook al een gedra by ‘n werksfunksie.

  15. Rustig Mei 26, 2008 / 12:39 nm

    Netjane: Het jy die Eurovsion Finale gekyk?

  16. netjane Mei 26, 2008 / 1:27 nm

    Ek het Rustig – kan nie glo daai Russe het gewen nie, ek kon eers nie mooi uitfigure in watter taal hulle sing nie! Duidelik foneties gesing.

  17. netjane Mei 26, 2008 / 7:02 nm

    As for an entry P – I can like to be a Boerenooi who doesn’t speak the English language very deliciously.

    Or, alternative scenario, (I’m thinking you might not believe the first option): I’m a lazy procrastinator who intend to do a number of things, but I mostly end up doing nothing….

  18. Rustig Mei 26, 2008 / 10:03 nm

    Die Russe was nou nie iets wat ek nou my bene sal breek om by HMV uit te kom. Hoe lank gaan julle nog bly in Sweden.
    Sorry sommer nozy!
    🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s