Die hoop beskaam nie

Ek sit hier en kyk die semi-finale van die Eurovision Song contest. Ja, toemaar, ek weet ook nie hoekom nie. Nou kyk, die kompetisie het al groot naam wenners opgelewer soos Abba en Celine Dion (wat vir Switserland opgetree het), maar wat ek vanaand gesien het, het my net my kop laat skud. Eurotrash. Alive and well. En hoekom mag Israel deelneem in EURO-vision?

Dit was nie eintlik my punt nie. Soos wat die lande aangekondig word besef ek hoe sleg my aardrykskundige kennis van groot dele van Oos-Europa is. Daai deel wat altyd net die VSSR in my handboeke was. Toe begin ek maar lees op een van my gunsteling sites. Die CIA World Factbook. Vergeet Wikepedia, hierdie outjies het snaakse feite. Ek begin toe maar met die gasheer land Serbia (wat volgens my nog laas bekend gestaan het as Serbia & Montenegro), maar ek sien Montenegro is al van 2006 onafhanklik. Dit het my verbaas hoe groot Yugoslavie was en hoe die land eintlik kleiner en kleiner geraak het soos wat meer en meer groepe onafhanklikheid verklaar het. Ek onthou toe van al die moord en doodslag wat meeste van hierdie onafhanklikheids verklarings voorafgegaan het. Ek was nog net nie oud genoeg om te veel aandag aan hierdie gebeurtenisse te gee nie, maar somehow was dit altyd die Ethnic (sit enige naam in) teen die ander, of andersom. Verander geskiedenis nooit nie? Is ons nie juis veronderstel om uit die verlede te leer nie? En wat “cleanse” ‘n gemeenskap regtig met “ethnic cleansing”? Die haat word nooit uitgewis nie.

Die laaste land wat ek opgesoek het was San Marino. Hier’s ‘n naam vir ‘n land en moontlik iets waarna die hele wêreld kan streef: The Most Serene Republic of San Marino. Gaan ons ooit by ‘n “Most Serene” republiek uitkom? Ek hoop so.

 

Advertisements

10 thoughts on “Die hoop beskaam nie

  1. Wipneus! Mei 21, 2008 / 7:12 vm

    NJ op die oomblik gaan dit maar sleg. Maar miskien eendag sal ons ook die “most serene” land kan word.
    Mens kan seker maar droom…

  2. Rustig Mei 21, 2008 / 9:13 vm

    Ek het ook gisteraand gekyk. Goed ek woon maar net in Ierland. Is dit nie belaglik om ‘n “hand puppet” te stuur om jou land te verteenwoordig?
    Geen wonder die wêreld lag vir die Iere nie.

  3. netjane Mei 21, 2008 / 10:22 vm

    Rustig Toe ek Ierland se inskrywing sien toe lag ek omtrent, nogal by myself gedink “O hel, Rustig is seker besig om die piep te kry!”.

  4. Eendjie Mei 21, 2008 / 10:43 vm

    Laat my dink aan toe ek so ‘n paar jaar gelede vir my seun ‘n aardbol wou gaan koop by CNA. Die verkoopsdametjie vra toe vir my of ek ‘n oue wil hê of ‘n nuwe een met al die “stans” op….? Staan toe vir ‘n paar oomblikke met die mond oop en toe slaan dit my – Uzbekistan, Kazakstan….mos almal “nuwe” lande.
    Ja, ek weet ook nie so lekker van die
    “most serene” Republic of South Africa nie….lyk my daar’s nog ‘n “long and winding road” na daai “serenity” toe.

  5. Paula Mei 21, 2008 / 10:53 vm

    Dankie vir die inloer daar by my.
    Geniet jou dag!

  6. Pikkelik Mei 21, 2008 / 11:50 vm

    Kan jy nou meer…. Die lande krimp!!! Ek dink hulle moet nuwe waspoeier kry… 😆 Maar ernstig nou, ek het ook nie ‘n idee van al die nuwe name nie. Ek sal ook maar ‘n punt daarvan moet maak om bietjie ‘up to date’ te kom…. En SA, die mooiste, mooiste land, ag ek weet nie…

  7. Emil Mei 21, 2008 / 11:51 vm

    Ag nee, ek het dit gemis. Kry dit op Deukom hier. Wanneer is die finale?

  8. Emil Mei 21, 2008 / 11:53 vm

    Terloops, dalk is daar ‘n saak te maak vir die opdeling van SA?

  9. Rustig Mei 21, 2008 / 12:03 nm

    Emil: Saturdag is die finaal.
    Netjane: Ek het my dood geskaam vir die Iere se part. Dalk moet ek maar trek.

  10. Rustig Mei 21, 2008 / 2:51 nm

    Val Orania nie onder “serene” nie?

    Het vir die mense in SA ‘n You Tube video van Ierland se “inskrywing” op my blog.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s