Sondag uitstappie

Die son skyn ‘n hond uit ‘n bos uit hier in Stockholm. Ek het nooit gedink ek sal dit sê nie, maar ek het vandag regtig warm gekry!

 

Ek en Liefie het vandag na die Skogskyrkogården net buite Stockholm gegaan, dis ‘n baie groot begraafplaas en ‘n Unesco Wêrelderfenis gebied. Ek het eers gedink dis weird om op ‘n Sondag na ‘n begraafplaas toe te gaan, maar in Liefie se woorde “You bother too much with convention”. Ek het buitendien met ‘n paar Swede hieroor gesels en hulle het almal gemeen die Swede “is nie so” oor grafte nie, wat die “is nie so nie” presies beteken het, is ek nie heeltemal seker nie, het maar net aangeneem dis okay om as ‘n toeris op ‘n Sondag in ‘n begraafplaas te wees. Ek is mal oor begraafplase in die algemeen. Ek is mal oor die gevoel van geskiedenis en lewe wat mens daar ervaar. Dis dieselfde gevoel wat ek kry as ek ‘n ou handsak of jas koop en iets soos opera kaartjies daarbinne vind – ek begin dadelik wonder oor die mense en hulle lewens en hulle drome en gedagtes. Die begraafplaas is nie baie oud nie, dis eers in die 1920’s oopgemaak en as sulks is daar nie vreeslike “ou” grafte nie, maar die Swede speel nie as dit by oudword kom nie, deur die bank lewe die mense tot ver verby die 80. Baie van hulle mis 100 met net ‘n paar jaar. Die gemiddelde lewensverwagting in Swede was in 2005 83 vir vrouens en 78 vir mans, maar hierdie ouderdomme is besig om te styg.

Die begraafplaas is pragtig, heuwelagtig met groot bome en groot groen grasperke. Alles is pynlik netjies en goed versorg. Ek het bordjies by sommige van die grafte gesien wat wys dat jy die graf kan “aanneem” en versorg as jy sou wou.

Die Swede (soos meeste ander Europeërs) beplant die grafte met blomme en bolle en dit lyk baie mooi, soveel meer so op hierdie oomblik omdat dit lente is. Die grafstene was vreeslik eenvoudig en daar was amper geen Bybelverse of boodskappe nie, meestal net name en geboorte-en sterfdatums. Ek het regtig ‘n gevoel van kalmte daar ervaar en dit was vir my ‘n goeie Sondag uitstappie.

Die groep kindergraffies het nogal aan my hart geraak, veral die waar daar speelgoed beertjies en so aan neergesit is. Die jongste graf is ‘n Griekse baba seuntjie wat ‘n maand terug oorlede is – ek hoop die ouers vind vrede.

Ons is ook na die Joodse deel van die begraafplaas, maar die gedeelte is omhein en die hek is toegemaak met ‘n slot, ek weet nie of dit is om nie-Jode uit te hou uit ‘n heilige plek nie en of dit is om teen moontlike anti-semitiese vandalisme te beskerm nie. Ek het dit amusant gevind dat die Islamitiese gedeelte van die begraafplaas amper reg langs die Joodse deel was, met net ‘n handjie vol Katolieke as buffer tussen-in. Mens kan ook nie vir ewig baklei nie, né? Die Islamitiese grafte het grafte van mense van onder meer Albanië ingesluit en dit was duidelik dat hulle as vlugtelinge in Swede aangekom het. Die een graf het ‘n prentjie van sandduine en ‘n kameel opgehad en dit was vir my hartseer dat oorlog mense so ver moet wegneem van dit waarvoor hulle lief is. Ek hoop die ou se hemel is vol oop spasies waar dit warm is, want vir ‘n woestynbewonder kon Stockholm nie aldag vreeslik aangenaam gewees het nie, maar seker beter as die konstante geweld en dood in sy tuisland waarvan hy gevlug het.

Ek persoonlik wil veras word en glad nie hê mense moet baie huil nie en as hulle baie geld op die begrafnis uitgee sal ek vir ewig spook. Ek weet nog nie waar hulle my as moet strooi nie, maar die Skogkyrkogården op ‘n sonnige lente dag is nie ‘n slegte opsie nie. Miskien langs Greta Garbo.


 

 

 

Advertisements

13 thoughts on “Sondag uitstappie

  1. Emil Mei 11, 2008 / 11:17 nm

    Klink of julle ‘n wonderlike dag gehad het. Goeie foto’s.

    Dankie vir jou kommentaar – ek ken die artikel goed! Time help altyd goed as ‘n mens niks kan blog nie – goeie inspirasie om ‘n teks te nou. Ek weet, nie baie oorspronklik nie – maar dit kry darem die creative juices aan die gang.

    Lekker week daar waar die son deesdae skyn. By ons, winter!

  2. Hanlie Mei 12, 2008 / 12:28 nm

    Sjoe, dis mooi daar! Ek is met jou oor die verassing…

  3. Marina Mei 12, 2008 / 1:12 nm

    Sjoe…wat ‘n mooi begrafplaas! Dankie vir die mooi fotos!

  4. Eben Mei 12, 2008 / 1:32 nm

    Eerste keer dat ek hier kuier en hoe lekker lees jou blog!!

    Groot guns, kan jy indien moontlik my kontak per e-pos? eben.pretorius@letaba.com

    Dankie

  5. Eben Mei 12, 2008 / 1:32 nm

    Ons begrafplase … gaan dit nie maar oor die respek wat jy het vir die dood??

  6. netjane Mei 12, 2008 / 2:10 nm

    Dis soos jy sê Eben, respek. Ek moet ook bysê dat die Swede ‘n baie gemaklike verhouding met die dood het, in die ouer kerkhowe binne die stad sit die mense middagete en eet hulle broodjies, want dis so mooi soos ‘n park, maar ek kry nooit die gevoel dat dit sonder respek gedoen word nie.

    In Oostenryk het ek ook gesien mense versorg die grafte baie mooi, selfs die waarmee hulle nie ‘n verband het nie, want hulle verstaan as sommige van die grafte vervalle raak lyk alles sleg.

    In Suid-Afrika word die mense aangeval as hulle grafte besoek. Ai.

  7. boerinballingskap Mei 12, 2008 / 6:36 nm

    Lyk na pragtige weer. Hierdie foto’s het nou vir eens en altyd my vooropvattinge dat Skandinawie net uit koue en sneeu bestaan, die hok ingeslaan. Dankie dat jy my wyser maak!

  8. netjane Mei 12, 2008 / 9:17 nm

    Ai Boer – vandag is dit weer 10 grade met ‘n ysige wind, so die koue opvatting is nie te verkeerd nie!!
    Van die mooiste somer weer wat ek nog ooit ervaar het was in die verre noorde van Noorweë met middernagson ingegooi vir ekstra effek – magic!

  9. Da Mario Mei 13, 2008 / 7:20 vm

    Ek sou darem maar met ‘n bitter swaar gemoed daar weggetrek het terug SA toe hoor…

  10. demoerin Mei 13, 2008 / 8:49 vm

    Baie mooi foto’s. Ai, dit lyk so mooi en rustig daar. Die tipe plek waar mens rus kan vind. My enigste voorwaarde vir begrafnis is een groot party na die diens. Celebrate my life, do not mourn my death!

  11. boendoe Mei 15, 2008 / 10:30 vm

    Pragtig! Ek wens ek was daar! Mal oor begraafplase.

  12. Net Ek November 6, 2014 / 8:37 vm

    Sjoe dis darem mooi!

    En ‘n pragtige inskrywing, dankie vir die deel

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s