Ag nee sies!

Ek was nie een van die hordes Suid-Afrikaners wat my geluk en rykdom in London gaan soek het nie, maar genoeg van my pelle het dit gedoen vir my om te besef dat dit nie so maklik is om ‘n 2 jaar visa te kry nie, ‘n mens moet nogal ‘n paar goedjies agtermekaar kry, onder andere ‘n klomp geld in jou rekening. So jy kan nie totaal onnosel, onopgevoed en agtergeblewe wees nie. Dan moet jy natuurlik nog ‘n vliegtuigkaartjie ook kan bekostig, redelik Engels kan praat en as jy eers daar aanland, op een of ander manier vir jou ‘n joppie kan reël.

Dis hoekom ek net my kop kon skud toe ek hierdie  berig in die Mail & Guardian lees. Twee Suid-Afrikaanse idiote se visas verval, hulle besluit om steeds onwetting in Engeland te bly en sommer op ‘n crime spree te gaan en 2 mense dood te maak in die proses. Hulle is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis en die berig meen dit beteken effektief so 15 jaar. Dan kom hulle terug SA toe. En wat moet ons met hulle maak?

Fokkit man. Wat is hulle “verskoning” vir die misdade, behalwe gulsigheid? ‘n Suid-Afrikaner in die buiteland behoort ten alle tye as ambassadeurs vir hulle land op te tree, nie harder werk om klaar bestaande opvattings te bevestig nie!

 

 

Advertisements

7 thoughts on “Ag nee sies!

  1. hanlie Mei 9, 2008 / 10:18 nm

    Ek is nie verbaas nie. Sinies ja, maar beslis nie verbaas nie.

    Ek het nou besef hoekom jy die postcard swap misgeloop het… jy was met vakansie in SA! Maar ek gaan dit ‘n gereelde instelling maak en ek is altyd op soek na kandidate buite die VSA, aangesien daar soveel Amerikaners is wat deelneem.

  2. Pikkelik Mei 10, 2008 / 8:49 vm

    So true!!! Volkstrots en eietrots bestaan feitlik nie meer nie. Ek wens ek kan hulle bietjie in die hande kry voor hulle tronk toe gaan… Ek belowe hulle sal die eerste week in die tronk nie kan sit nie. :mrgreen:

  3. Wipneus! Mei 10, 2008 / 11:56 nm

    Ag nee man daar slaan hulle ons naam weer met ‘n plank…. Nee hulle kan sommer maar daar in die tronk bly wat……ons het genoeg misdaad om te handle op die oomblik 🙂

  4. Rustig Mei 11, 2008 / 6:09 nm

    Netjane: Die kinders dink dit is sonskyn and rose. Ek het al menigte SA kinders gesien swaar kry en harde bene kou in London. Van hulle raak so vervalle dat hulle op straat eindig en bedel.

  5. Skoor Mei 12, 2008 / 1:00 nm

    Hopelik sien hulle om een of ander duistere rede nie weer die SA lig nie. Ons het genoeg van diesulkes in ons land, en soek verseker nie een meer nie.

    Dit maak my so donnirs moeg vir die mens se psige. Geen wonder ek raak net al hoe liewer vir diere nie…

  6. Jasper Mei 12, 2008 / 9:28 nm

    Hulle kan maar die 2 bliksems vir ewig wegsluit en die sleutels ook sommer weggoioi. Uiteindelik kom die gepeupel uit SA en dink hulle kan wegkom daarmee in Europa.

    Ek wonder wat se euwel het hulle alles in SA aangevang voor hulle Engeland kom probeer het

    Dit maak my siek!

  7. ICE Mei 15, 2008 / 7:14 nm

    Ja nee, en almal en hulle mate Dave weet van die storie! En die wat my ken wil net weet of al die ander Safrikaners dan so moordadige skelms is?

    My antwoord aan hulle is dan maar net :”Is ek?”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s