Take it off!

Toe die son nou vandag so lekker hier in Stockholm skyn en dit vir my duidelik lyk dat die normale reën wat gewoonlik enige sonskyn dag in Stockholm bederf, nie gaan val nie, sit ek toe maar af park toe. Ek is nie juis ‘n park mens nie, maar siende dat ek nie ‘n tuin of ‘n balkon het nie kon ek nêrens anders lekker die son gaan vang nie. (Baie Stockholmers vat sommer ‘n opvou stoeltjie en tafeltjie en sit dit tydelik buite hulle woonstelblokke se voordeure as die son skyn en hou dan die wêreld dop, ek is nog nie op daardie vlak nie, glo nie ek sal ooit wees nie).

Oppad park toe koop ek vir my ‘n wegneem fika. Daar gekom besef ek ek het nie ‘n kombers gebring nie. Nie die einde van die wêreld nie. Elke Jan Rap, sy maat en sy hond is in die park. (Werk die mense nie of is dit aftyd as die son skyn?). Toe ek nou mooi my sit gekry het en die wêreld begin uitkyk sien ek al die girls raak. En hulle is nie skaam nie. Shorts, skirts, bras, panties, whatever floats your boat, maar die son moet hulle vang. Stockholm girls hou van bruin wees. Winter, somer, herfs en lente lyk hulle soos Piz Buin modelle. “Solstudio” soos die sonbed plekke hier bekend staan is 24 uur joints, die masjiene werk soos vending masjiene en jy gooi net jou munte in en dan kan jy vir ‘n sekere tyd tan. Enige tyd van die dag of nag. (Word mense 3 uur in die oggend wakker en dink “o moer, ek is besig om te fade?!”). Die ouens is ook nogal sulke metroman frikkies met baie haarprodukte en even tans.

Toe ek nou die flesh-fest hier voor my sien skrik ek myself nog witter as wat ek is en skoon uit my AB bloedgroep uit. My lyf lyk erg op die oomblik. ‘n Regte, egte winterlyf. Met die verskil dat my normale winterlyf in Johannesburg nog son gekry het en die winter baie korter was. Ek het so een of twee of drie gramme om af te skud en ek kort ‘n moerse tan. Ek is toe maar die enigste ten volle geklede persoon in die park – selfs met langmouklere aan want dit vat meer as 18 grade om my te laat strip – maar ek besef dat dit gaan warmer word en ek my laaste dae hier ten volle gaan wil benut en om soos ‘n ware Stockholmer te kere te gaan moet mens ten enige tyd bereid wees om stormdronk en halfkaal te raak. Without prior notice.

My springclean het nou ‘n nuwe dimensie.

 

Advertisements

8 thoughts on “Take it off!

  1. hanlie Mei 8, 2008 / 5:59 nm

    Jy’t my nou laat skaterlag! Ek fade alklaar en die winter het nog net begin!

  2. Wipneus! Mei 9, 2008 / 7:35 vm

    😆 ek het nou lekker gelag vir die Pizz Buin modelle, jy moet maar daardie munte in die vending masjiene gaan gooi…;)

    Geniet ook jou laaste dae..uhm..stormdronk en halfkaal 😆

    Ek en jy gaan koffie drink en koek eet as jy terug is in Johies…. 😉 (verkieslik met so lappie om die lyf :shock:)

  3. Pikkelik Mei 9, 2008 / 9:14 vm

    😆 Ja nee, hou maar eerder daai klere aan die lyf. Een van die dae is jy terug dan het jy dalk ‘n paar slegte gewoontes aangeleer en is jy in die k@k by die nuwe familie. Lekker naweek vir jou, ek hoop jy ‘vang’ weer so bietjie son. 😉

  4. netjane Mei 9, 2008 / 9:58 vm

    Hanlie – Jy moet maar wegbly uit STH as jy nie über bruin is nie (ek word net met spesiale vergunning hier toegelaat en seker net omdat ek nie besig is om ‘n man te probeer vang nie.)

    Wipneus! – Ek is nie een vir stormdronk, halfkaal of tan nie, maar nou ja, when in Rome… Ek drink ook baie graag tee en eet nog meer graag koek.

    Pikkelik – Ek gaan moet leer om weer my gordyne toe te maak en skaam te word voor ek terug kan gaan SA toe!

  5. Dellie Mei 9, 2008 / 11:18 vm

    Ek sal stormdronk MOET wees om van my klere ontslae te raak in ‘n park! 😯

    Maar hiers ‘n tip… ek weet nou nie of jy iets soos OBS daar kan kry nie, maar dit veroorsaak geheueverlies by my… sal nie eers onthou dat jy jou klere uitgetrek het nie! 😆 En as jy weer by kom, het jy ‘n nice tan!

  6. Von Mei 9, 2008 / 12:00 nm

    Oppas net dat die son nie “short” agv die wit van jou lyf wanneer jy strip nie. Lyk self of ek in die melk geval het.

  7. Die Wolf Mei 9, 2008 / 12:15 nm

    En ek dog altyd daar ver is almal bleek en toegewikkel in lae klere. Lyk nou vir my asof daar meer is om te sien as op Margate se strand gedurende Desember.

  8. kaalvoetinireen Mei 9, 2008 / 12:53 nm

    Eish Jane! Ek verstaan wat jy bedoel…hierdie is my eerste somer since Maart 2007 en dit lyk of ek ‘n bodycast van gips het!!! Ek word in elk geval nie bruin nie…lyk soos ‘n kreef en dan word ek maar weer wit! Die vloek van rooi hare, ek se!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s