Tick-tock

Ek loop al lank met die gedagte rond (sien vorige post) dat ek my sake en goed hier in orde moet kry siende dat ons goed teen einde Junie die pad vat SA toe, terwyl ek, Liefie en ‘n paar kledingstukke nog vir Julie bietjie in Europa gaan rond beweeg. Toe ek vandag Riana Brand se inskrywing oor haar Spring-clean lees toe besef ek vandag is die dag.

Nou, bo en behalwe my geneigdheid om goed uit te stel is ek ook nie so baie goed met groot take aanpak nie. Ek multi-task. Is soos ‘n skoenlapper, lapper hier, lapper daar en so het ek altyd baie hooi op my vurk, ‘n paar balle in die lug en baie ysters in die vuur. My Spring-clean sal dus stelselmatig moet geskied. Kamer vir kamer, of op ‘n nog kleiner vlak, laai vir laai. As ek alles gelyk probeer doen raak ek tien teen een verveeld of uitgeput en dan moet ek ‘n middagslapie of ‘n koppie tee en koekie break vat. Soos wat ek ouer raak moet ek meer en meer metodes uitdink om myself te fool. (Klink skisofrenies né?)

In elk geval – terug na die Spring-clean. Ek begin toe maar met die ingangsportaal. Twee-ledige rede: dis die eerste kamer in die huis (duh – ingang…) en dis die kleinste so daar kan nie baie werk wees nie. Ek besef nou dat ek eintlik met die toilet moes begin het, want dan sou my werk klaar gewees het nog voor dit begin het… *note to self…*

My handsak versameling (of die piepklein gedeeltetjie wat saamgekom het Stockholm toe) is uitgestal op die rak in die ingangsportaal, net bo al die jasse en serpe en handskoene en hoede en onder dit nog die skoenrak waar allerhande skoene lê aangesien mens nie skoene binne ‘n Sweedse huis dra nie. “Piece of cake” sê ek vir myself toe ek die goed so kyk. (As ‘n nie-doener put ek baie genot daaruit om iets aan te pak en vinnig klaar te kry). Swop winterskoene vir somerskoene, pak serpe, musse, hoede en handskoene weg. Sit onpaar handskoen iewers sodat ek onthou om vir sy maat te soek terwyl ek elders Spring-clean. Nou vinnig die handsakke deurkyk en die ou tissues en slippies weggooi. Die eerste handsak wat ek aflig weeg ‘n ton.

“Wat de moer?” dink ek. Sambreel, reisgids (vir Italië), ou Sarie waarvan ek nooit die blokkiesraaisel voltooi het nie (ek moes mooi met myself praat om nie net daar op te hou en eers die blokkiesraaisel te doen nie), lipstiffie x3, hooikoorspille, geld in verskeie valuta, onder meer Jordaanse Dinar. Die ander handsakke het vinniger gegaan want hulle is maar klein en ek probeer om nie die vintage goed so vol nonsens te prop nie. In elke handsak geld gekry (altyd ‘n bonus). Toe ek nou mooi die rak afgestof het en weer die handsakke wil terugpak skuif iets met ‘n redelike gewig in een van die leë handsakke rond. Dadelik is ek uitgefreak want ek het dan nounet alles uitgegooi en op hulle regte plekke gesit of in die asblik gaan gooi. Ek maak die handsak oop. Niks. Kom toe agter die voorwerp lê tussen die voering en die handsak. Nou om die gat in die voering op te spoor. Kry dit uiteindelik binne die toezip kompartement. Steek ‘n paar vingers versigtig in, want die gat is so klein en ek het aangeneem dit gaan iets grillerigs wees.

Ek vind die vonds van die jaar! Iets wat al weg is vandat ek in Stockholm aangeland het en waaroor ek baie getreur het, maar net nie die hart gehad het om vir Liefie te vertel nie, aangesien dit ‘n geskenk, nogal duur, van hom af was. I have time! My horlosie!

Advertisements

10 thoughts on “Tick-tock

  1. Da Mario Mei 7, 2008 / 6:32 nm

    Wow… dis beautiful!! Kyk nou net hoe goed het hierdie jou gedoen! 😀

  2. sonkind Mei 7, 2008 / 6:41 nm

    😆

    Hierdie was nou ‘n lekker storie. Wonder hoeveel verlore goed gaan jy nog opspoor voordat jy terug is in Suid-Afrika 😉

  3. Kaalvoetkind Mei 7, 2008 / 7:09 nm

    Wow!! As die ingangsportaal so ‘n gawe vonds opgelewer het, wat gaan die res van die huis alles oplewer? 😉

  4. kaalvoetinireen Mei 8, 2008 / 3:09 vm

    Dis al rede hoekom spring cleaning soms fun kan wees! Ek kry altyd allerhande goed wat “weg” was 🙂 en die geld is altyd ‘n bonus!!!

  5. Zee Mei 8, 2008 / 8:09 vm

    Wat ‘n lekker spring clean surprise. Ek is baie bly dat jy die horlosie gekry het. Dit is maar moeilik om party goed wat “wegraak” te explain.

  6. Pikkelik Mei 8, 2008 / 9:29 vm

    Ag lekker, dis seker waar die spreekwoord: Arbeid- Adel vandaan kom. Weet jy wat is nog vir my lekker, om na die somer as jy vir die eerste keer ‘n baadjie of ‘n jas aantrek so ‘n opgerolde R10, R20 of R50 in die sak te kry. Ek dink my onderbewuste los doelbewus geld in my sakke dat ek dit kan ontdek as die winter kom…. 🙄

  7. Dellie Mei 8, 2008 / 11:20 vm

    Dis nou ‘n lekker surprise! Maar ek dink die verskuilde boodskappie is beslis dat die tyd aanstap en jy moet wikkel om alles in plek te kry… 😉

    Pikkie, daai ene gebeur elke winter met my ook… wie sê nou ons kan nie spaar nie! 😆

  8. netjane Mei 8, 2008 / 11:28 vm

    O hel Dellie! Ek het nooit eers aan die verskuilde boodskap gedink nie want ek was so bly om die horlosie op te spoor. Hmm… 🙄

  9. Wipneus! Mei 8, 2008 / 12:40 nm

    As ek verlore items gaan opspoor, klink spring cleaning nie na ‘n slegte werkie om mee te begin nie. 🙂

  10. Die Wolf Mei 8, 2008 / 1:57 nm

    Dit is altyd lekker om iets terug te kry wat weg was, veral as dit spesiaal is.
    Gaan Liefie nie nou wonder hoekom jy die horlosie so lanklaas gedra het nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s