Ek moet eintlik iets anders doen, maar…

Ek is nie iemand vir wie die beskrywing “‘n doener” geld nie. Ek is glad nie daadwerklik nie. Die terme “nou”, “dit is klaar gedoen” en “ek is besig daarmee” bestaan nie in my wêreld nie. Ek het altyd die bedoeling om iets te doen, maar nie altyd die dryfkrag nie.

Ek is oud genoeg om te besef dat dit ‘n groot probleem is. Ek is permanent besig om lysies in my kop en op papier te maak van wat ek behoort te doen, ek beplan my week al op Sondag net om Vrydag agtertekom dat ek eintlik nog niks gedoen het nie, want ek het altyd vir môre gewag. Dit is altyd môre.

Teen die tyd dat ek agterkom “time is running out” en dan gewoonlik ‘n paar swetswoorde aanlas “o fok, o fok” hardloop ek soos ‘n afkop hoender rond en skel myself uit omdat ek goed nie vroeër gedoen het nie. Dis uitputtend om so te lewe. Ek wil nie so wees nie, ek kan myself net nie help nie. Ek is baie goed met tydsbeperkinge en deadlines is goed vir my. Ek is nie iemand wat iets heeltemal nie doen nie, ek stel goed net uit… Ek is egter te trots om te erken ek kon iets nie klaarmaak nie en sal myself heeltemal oor ‘n mik werk om iets gedoen te kry, dis mos eintlik my eie skuld in elk geval…

Ek weet nie wat ek doen met die tyd waarin ek nie doen wat ek veronderstel is om te doen nie. (Bloglees moontlik?) Ek skuif nie my take heeltemal opsy nie, maar dink nogsteeds waaraan ek eintlik mee moet besig wees. Soos wat ek nou tik rammel ek die lysie af. Die goed op my lysie is nie onbereikbare goed soos “begin daaraan werk om die eerste vroulike president van Saudi-Arabië te wees” nie, dis eenvoudige goed soos “sit wasmasjien aan”, “bespreek ‘n honeymoon”. Dis nog erger as die goed op die lysie wat ek nie doen nie baie voordelig vir myself sal wees – soos ‘n honeymoon.

Is ek besig om die hele storie net vir myself te sugarcoat? Is die onderliggende rede eintlik dat ek lui is?

Advertisements

11 thoughts on “Ek moet eintlik iets anders doen, maar…

  1. kaalvoetinireen Mei 7, 2008 / 11:51 vm

    Dit klink te veel na myself…hoe meer druk hoe beter perform ek! Op universiteit was die beste tyd om te swot ‘n dag voor die tyd en ek het almal grys hare gegee, maar het nog steeds goed gedoen. Ek se ook altyd “more is nog ‘n dag” en as ek my oe uitvee dan is dit soos jy se”o fok, o fok, o fok!” Ek dink nie ons is lui nie, dalk het ons net bietjie meer motivering nodig as die gewone mens. Ek weet nie, maar dit kan nogla ‘n pyn raak en dis nogal stresvol, maar dis maar hoe ek operate!

  2. René Mei 7, 2008 / 12:39 nm

    Oi – ek is ‘n “doener”, maar glo my, ek het ook sulke erg uitstel/lui dae!!

    Ongelukkig(?) in my “beroep” beteken uitstel groot kakkies – so dit dwing my om eerder maar te doen wat gedoen moet word so gou as wat dit gedoen kan word – en dit dan dood te trek op die lysie! (Al is dit dan net ter wille van die brombeer se gemoed en my prestasiemeting…!) :mrgreen:

    Ek is wel geneig om verskriklik uit te stel by die huis – met die verskoning ek werk baie hard in die dag, ek moet rus as ek tuis is! hehe!!! (mmm…dstv het SOOO baie kanale!)

  3. René Mei 7, 2008 / 12:39 nm

    OH MY WORD!!!! Wat het met my avatar gebeur??? 😕

  4. Wipneus! Mei 7, 2008 / 12:44 nm

    Ek is ook altyd besig met die lysies in my kop..hulle word net langer, tyd hardloop altyd vinniger as ek 🙂

  5. netjane Mei 7, 2008 / 12:46 nm

    As jy ‘n “blank” is word jy nou ‘n monster René… Sorry!! 😉

  6. René Mei 7, 2008 / 4:25 nm

    Eintlik wil ek net sê – nadat ek nou mooi hieroor gedink het … jy is maar net ‘n mens Janey!!!

    So gebore – gelukkig nie so gemoer nie!! Lol!

  7. Da Mario Mei 7, 2008 / 6:27 nm

    Die woord is “Procrastination”…. 😆

    En ek is jammer, ek is REEDS die champion! 😉

  8. hanlie Mei 7, 2008 / 7:21 nm

    Gits, ek knik al die pad deur hierdie possie! Klink bekend.

    Maar ek raak al hoe beter… het verlede jaar my belastingvorm 9 dae voor die deadline ingedien en vandag my bestuurderslisensie 10 dae voor hy verval hernu. Voor ek my oe uitvee gaan ek ‘n raakvatter wees!

  9. netjane Mei 7, 2008 / 7:23 nm

    Sjoe Hanlie – dis groot stappe! Ek het vir 3 maande met ‘n vervalde lisensie rondgery… My belasting was egter vroegtydig in, maar net omdat ek uitstel gekry het deur e-filing…

  10. Dellie Mei 8, 2008 / 11:07 vm

    My lisensie het twee jaar terug verval… of is dit nou drie? 😯

    Ek het vreeslik baie lysies. Met my werk gaan dit beter, daar kan ek darem so bietjie doodtrek, maar die goed wat by die huis gedoen moet word… sug.

  11. rosalindfranklin Mei 8, 2008 / 7:16 nm

    Dalk is jy ook soos ek ‘n luidier van tyd tot tyd en dit is nogals lekker.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s