Die kardoes

Ek kan nooit die nuusberigte oor Iran en oorlog en Ahmadinejad lees nie.

My ouma het my ma en die jonger sussie wat na my ma gevolg het gehad toe sy al oor die 40 was. My ma het my op 30 gehad. Die wiskunde verklaar dus dat teen die tyd wat ek my verstand begin kry het my ouma reeds oud was. Sy was kwaai, het nie juis van kinders gehou nie, nie by die stereotipiese beeld van oumas ingepas nie en was liewer vir my suster as vir my.

Ek het geen ander ouma of oupa gehad nie en ouma Maxie was, ten spyte van al die bogenoemde tekortkominge, ‘n ouma duisend.

Een van my duidelikste herinneringe speel af in haar kamer op die boonste vloer van haar huis in Tamboerskloof. Sy het later jare nooit meer by haar kamer uitgegaan nie, maar geweier om uit die groot huis uit te trek. Sy’t my ingeroep (ons is 18 kleinkinders en ek is een van die aan die jonger kant van die spektrum, ouma het by die oudste begin en name opgenoem totdat jy geantwoord het). Ek is aangesê om die kardoes uit die kas te haal. Ek het geen benul gehad wat ‘n kardoes is nie en het net daar amper my kans op one-on-one ouma tyd geblaas. Sy’t iets gemompel oor Transvaalse kinders en die bruinpapiersak met haar kruk uitgewys. Dit was vol marshmallows. Daai tipe met die klapper om.

Amper in ‘n dwaal en met ‘n mond vol klapperkrummels het ouma my oor Persië en haar reis daarheen vertel. As jong kind was dit vir my verstommend dat my ouma in ‘n land was waarvan die Bybel praat (min wetende op daardie stadium dat al die lande nogsteeds in die “regte” wêreld bestaan). Ek dink my ouma het die storie meer vir haarself as vir my vertel en wou waarskynlik net iemand in die kamer gehad het sodat sy nie seniel lyk deur met haarself te praat nie en ek was ook handig om die sak met marshmallows uit die kas te haal.

Ek kan nie die nuusberigte oor Iran en oorlog en Ahmadinejad lees nie, want Persië is ‘n land wat net bestaan in ‘n kardoessak vol marshmallows en in die Bybel.

Advertisements

10 thoughts on “Die kardoes

  1. René Mei 5, 2008 / 4:11 nm

    Suster, jy moet boeke skryf!! Dis ‘n baie spesiale storietjie!!!

  2. hanlie Mei 5, 2008 / 4:32 nm

    Jy is regtig ‘n baie beskrywende skrywer, Jane. Rene is reg, jy moet boeke skryf!

  3. sonkind Mei 5, 2008 / 8:24 nm

    Jane, dis sulke onthou-stories wat ‘n mens se familie uniek maak. Jy is bevoorreg om so ‘n spesiale storie van jou ouma te kan onthou en jy sal dit eendag vir jou kinders moet oorvertel.

  4. Jasper Mei 5, 2008 / 9:11 nm

    Foto’s van gister

    Me hou daarvan… Baaaie 😉

  5. Sommergoed Mei 5, 2008 / 10:13 nm

    Wat? het jy marshmellows uit die kardoes gekry? Uit die kardoes? En nogsteeds dink jy sy was liewer vir my as vir jou? Ouma Max – jy is reg sy was ‘n baie spesiale anders ouma.

  6. boendoe Mei 6, 2008 / 7:24 nm

    Dis nou een van daai stories waar mens nie eintlik iets op kan se nie. Wil net he jy moet weet ek het dit baie geniet. Jy weet, ek wil nie net ‘n roofkyker wees sonder om jou te laat weet nie! 😉

  7. Da Mario Mei 7, 2008 / 7:52 vm

    Dit is voorwaar ‘n baie mooi storie! 😀

  8. Pikkelik Mei 7, 2008 / 11:34 vm

    Dit was ‘n lekker lees, mooi storie. Ek het ook so ‘n special ouma, my kinders se ouma-groot, sy is as 86. Wag laat ek haar bietjie op haar sel (nuwe speelding) bel….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s