Slim vang sy baas

Ek is slim. Ek weet dit want dis wat die kinders op skool my genoem het. Ek weet dit ook omdat ek eerste die antwoorde geken het. My ma het ook altyd vir my gesê “sussie, dis nie genoeg om slim te wees nie.” My pa het niks gesê nie – seker net aangeneem as hy die pa van die kind is moet die kind slim wees. Op laerskool het hulle my op Vrydae vir verrykende klasse saammet ander slim kinders gestuur. Die woord wat toe gebruik was is “begaafd”. Die ander kinders het aangeneem dat daar ‘n verhouding tussen begaafd en beskaafd is en net met die ander slim kinders op skool begin speel. Ek het my maatjies gehou, ek dink ek het seker daarvan gehou om novelty value te hê. Ek wou eintlik op Vrydae middae tennis gespeel het (iets wat ek vandag nogsteeds nie kan speel nie).

Deur hoërskool was ek nogsteeds slim, maar daar was ander slim kinders ook en die seuns was slimmer as ek in fisika. Op Maandae oggende moes ek lank voor skool begin het by die skool wees om in daardie tyd en gedurende saal periode ‘n sewende vak te neem. “Vir wat?” wou my ma weet. My pa het niks gesê nie, my net afgelaai. Ek wou eintlik sit in ginnegaap en grappies maak saammet die ander kinders in saalperiode, maar my slimheid het swaar op my gehang, slim kinders neem 7 of 8 of 9 of 10 vakke. Ek het my slimheid as vanselfsprekend aanvaar en begin kyk hoe min kan ek doen om maksimum resultate te kry. Bitter min.

Ek het gaan swot (met ‘n beurs) – my minimum input, maximum results manier van doen het nogsteeds gewerk. Ek het sommige vakke net-net deurgekom, maar ‘n pass is ‘n pass né? Ek het toestemming by die Dekaan gekry om meer as die maksimum aantal krediete in een jaar te loop om sodoende my laaste jaar af te sluit met die minimum aantal vakke. Dit het goed gewerk en almal het my geprys omdat ek so slim plan gemaak het. Ek het Latyn gevat in plaas van die Afrikaans wat eintlik vir die Engelse kinders bedoel was en eintlik net ‘n stop-gap vak was. Ek het stilweg superior gevoel, terwyl ek eintlik net wou kuier saammet my pelle wat die Afrikaans vir die Engelse studente bedoel gevat het en dus elke klas kon bunk. My ma was te bly dat ek alles deurkom sonder dat sy haar naels hoef af te kou soos toe my broer geswot het – sy minimum input het soms minimum results ook gelewer. My pa het Latynse frases aan my voorgehou en hom verbeel die inheemse reg handboek wat hy vir een of ander rede in sy besit gehad het is steeds relevant.

Ek het gaan klerk. Ek was ‘n goeie en getroue slaaf en soos dit ‘n slim mens betaam het ek die akte – en notariseksamens gedurende my klerkskap afgelê en deurgekom om sodoende gelyktydig as Prokureur, Aktevervaardiger en Notaris toegelaat te word. Die enigste een daai dag in die hof. Ek was stilweg afgepiss toe die Regter geen mooi boodskappie vir my het nie, maar eerder vir die meisie langs my ‘n gelukkig verjaarsdag vir die volgende dag toewens. Ek het gedurende my klerkskap dae weer onthou van my ma se deurlopende boodskap “sussie, dis nie genoeg om slim te wees nie.” My pa was baie trots en het aan almal wat wou luister vertel oor sy dogter. Ek het besluit dis over-rated om slim te wees.

Ek wil mooi (ook) wees.

Advertisements

10 thoughts on “Slim vang sy baas

  1. Riaan Oosthuysen April 29, 2008 / 10:11 nm

    Ek is bly om te sien daar is nog ‘n prokureur op die blogs, een wat dalk slimmer as ek is, harder as ek geswot het, maar dalk die lewe minder as ek geniet het.

  2. mykopop April 30, 2008 / 7:17 vm

    Jy was gelukkig dat daar spesiale voorsiening gemaak was vir “begaafde” kinders. In my skooldae was daar nog nie so iets nie, of altans nie by ‘n hoërskool met net oor 600 leerlinge nie.

    Sit, slim kind!

  3. kaalvoetinireen April 30, 2008 / 12:27 nm

    Ek stem saam met jou dat om slim te wees moerse over-rated is. Dit help jou net mooi niks! Ek is net bly ek is nie ‘n brood nie, al kan ek myself baie goed soos een vermom meeste van die tyd.

  4. Dellie April 30, 2008 / 12:59 nm

    Heit! Hoe verander jou blog-look sommer hier voor my oë! 😯

    Is dit nou wat gebeur met ‘n mens so aan die vooraand van jou verjaarsdag? Jy moet ‘n lekker ene hê more, loop kaalgat rond as jy kan! 😆

    En vir die rekord, ek dink jy is mooi! 😉

  5. netjane April 30, 2008 / 1:07 nm

    😆 @ Dellie – ons gaan bietjie na die Noorde van Swede toe vir die naweek en by vriende kuier – so ek kan nie kaalgat rondloop nie, al wil ek!

    Dankie vir die kompliment… 😉

  6. Wipneus! April 30, 2008 / 2:25 nm

    Hello “mooi meisiekind”

    Jy beter begin opvang aan al daardie verlore speeltyd waarop jy uitgemis het, sluit aan by die naaste tennisklub! 😆

  7. Wipneus! April 30, 2008 / 2:27 nm

    En baie geluk met jou verjaarsdag môre, bêre maar vir my ‘n stukkie van jou verjaarsdagkoek! 🙂

  8. Da Mario Mei 7, 2008 / 7:37 vm

    Ek dink looks is overrated. En ek dink jy het anyways looks. Maar daai sonderlinge sin vir humor wat jy het, al daai skerp grappies wat jy vang en maak… dis great dat jy slim is. Dis wat maak dat iemand van jou hou. In elk geval, dis die geval met my… 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s