Laduma!

Liefie werk tans saammet ‘n interessante groep mense wat twee Duitsers, ‘n Amerikaner, ‘n Deen, ‘n Sweed, ‘n Franse Belgiër en ‘n Hollander insluit. Meeste van hierdie mense is ver van die huis af en leef van Maandag tot Donderdag in hotelle. So gebeur dit ook toe dat meeste van hulle sokker fans is. Blykbaar groot fans. Ek is nie seker oor die Deen nie, dis ‘n “sy”. Vanaand is daar blykbaar ‘n belangrike sokkerwedstryd op tv en Liefie (barmhartige samaritaan wat hy soms is) besluit om die mense oor te nooi sodat hulle die sokker by ons kan kom kyk, want sien, ons het ‘n “projector” en dit gee nuwe betekenis aan die term “big screen”. Almal aanvaar die uitnodiging binne 5 minute na die email uitgestuur is. Almal antwoord ook met een of ander voorspelling oor die wedstryd en snedige opmerkings oor die ander span en so aan. Die Hollander spreek sy spyt uit omdat hy op ‘n vliegtuig sal wees ten tye van die game. Die Belgiër stuur ‘n hele boodskap in Spaans. Dis toe wat ek besef ek beter google wie speel. Manchester United teen Barcelona. Ek neem aan die Belgiër is ‘n Barcelona ondersteuner.

Nou kyk – ek en Liefie “doen” nie regtig sport nie. Ek kan nog bo-langse praatjies oor rugby en krieket maak sonder om my naam heeltemal gat te maak, maar Liefie is een van daai rare mans wat net mooi niks van sport af weet nie. Wat hom besiel het om ‘n sokker paartie te reël weet ek nie. Ons moet seker ook ‘n span kies om vanaand te ondersteun! Ek is aangesê om versnaperinge (mal oor daai woord!) te gaan koop en ek neem aan goed soos hotdogs en chickenwings en pizza sal die ding doen. Ook aangesê om bier te gaan koop. Ek drink nie juis bier nie en weet glad nie wat om te koop nie, wat dit erger maak is dat die drankwinkel vol staan van biername wat ek nie ken nie… Wat maak ‘n goeie bier? Weereens, Liefie is een van die rare mans wat niks oor bier weet nie….

Intussen oefen ek solank kliphard aan my “laduuuuuuuuuuuuma!” en “goal goal goal goal goal goal goal goooooooaaaaaaaal!!!!” krete. Weet net nie vir watter span nie…

Advertisements

4 thoughts on “Laduma!

  1. kaalvoetinireen April 29, 2008 / 11:41 vm

    sterkte met die vreemde biere en ek reken Man United is ‘n goeie keuse… Klink of dit ‘n interessante paartie kan wees! Lekker partikuleer!

  2. TristonJ April 29, 2008 / 12:22 nm

    Hehehe… ai tog, my gedagtis is met jou… ek sou dit nie maak nie! 😆

  3. hanlie April 29, 2008 / 5:16 nm

    Versorg jy maar die gaste en hulle sal nie eers agterkom jy weet nie wie’s wie nie! Vir Liefie het ek nie raad nie!

  4. Wipneus! April 29, 2008 / 7:50 nm

    Ek weet ook niks van sokker af nie.

    Hoop julle het ‘n lekker aand

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s