Myne!

Aaaaaaahhhhhhh…. Soos in ‘n groot vet sug van absolute aaaahhhhh-ness. Die huis is weer stil en leeg en myne.

Ek is op die beste van dae nie vreeslik sosiaal nie, mense sal dit nie maklik sê nie, want ek is heel goed met die small talk en so aan, maar ek kies gewoonlik aan watter gesprekke ek wil deelneem, ek het vreeslik baie me-time nodig. Dit was nog altyd so gewees, maar ek word al hoe erger in my oudag (haha) en veral noudat ek in Swede woon en soveel me-time kan hê as wat ek wil, ek hoef nooit eens uit die bed op te staan en klere aan te trek nie, ek kan heeldag tussen die bloggers en my boeke wees.

Met die kuier in SA is my me-time erg ingeperk, nie dat ek omgegee het nie, ek het lekker gekuier, maar ek het so uitgesien na my terugkeer na absolute stilte in Stockholm. Met my tas wat agtergebly het in London en die gas wat kort na my aankoms gearriveer het, was my terugkeer na Stockholm nie juis dit waarna ek uitgesien het nie. My tas het gister hier aangekom en lê omgedolwe op die slaapkamer vloer, met die wasgoed wat letterlik vir my lê en loer en ek weet ek moet aandag daaraan gee, maar vir nou asem ek net eers weer my lewe in.

Ek het sopas teruggekeer van die stasie af waar ek my gas veilig afgesien het. Die kuier het goed afgeloop en hy is ‘n maklike mens om mee saam te leef, dis net dat ek en Liefie nog nooit ons Stockholm nessie met iemand moes deel nie. Ons is gewoond aan kuiergaste ontvang in ons huis waar hulle hulle eie “quarters” het… En bo en behalwe die “quarters” het ek ook ‘n Stefina. Ek haat huiswerk en ‘n derde mens in ‘n klein plekkie los sy merk (of miskíen is dit net in my verbeelding?).

Ek is vreeslik selfsugtig (tel bietjie hoeveel keer is die woorde my/myne/ek hierbo gebruik) en deel nie graag nie. Was sommer jaloers omdat ek Liefie na ‘n maand met iemand anders moes gedeel het. Ek wil my panties op die draad kan hang, hard kan poep en kaal kan rondloop in my huis. Ek het nou sommer my pyjama broek gaan aantrek en lê lekker op die bank en tik – because I can!

Advertisements

13 thoughts on “Myne!

  1. Zee April 28, 2008 / 2:10 nm

    Ai Jane, ek dink ook dat ek partykeer TE veel my/myne/ek gebruik.

    LOL vir jou hard kan poep!!!!!

  2. Wipneus! April 28, 2008 / 2:27 nm

    😆 Ons het nou ‘n lady Godiva in ons midde! Hierdie Godiva van Swede laat knor geluide uit en hang haar panties op die draad en sy is vreeslik jaloers op haar tyd met Liefie. whaahaaha

    Ek hoop jy geniet jou “me” tydjie in jou pajamabroek op die bank!

    Ek is bly jou tas het weer sy pad terug huis toe gekry. 🙂

  3. Wipneus! April 28, 2008 / 2:28 nm

    Oeps! “Ek” het twee keer “ek” gebruik in my “comment”, is dit ‘n teken? 😆

  4. kaalvoetinireen April 28, 2008 / 2:31 nm

    Whahaha! Bly jy het jou tasse teruggekry en dat jy die “gas” oorleef het… Wens ek kon elke dag in my pajamas rondloop!

  5. netjane April 28, 2008 / 2:34 nm

    😆 @ Wipneus! . Jy moet pasop vir die “ek”, voor jy weet is jy so selfsugtig soos ek 😉

  6. sonkind April 28, 2008 / 4:06 nm

    Daar is niks lekkerder as om kaal of net in nou pajamas in jou eie blyplek rond te loop nie. 😆

    Ek dink nogal nie jy is te selfsugtig nie. Ek hou ook baie van mense, maar net in klein dosisse!

  7. sonkind April 28, 2008 / 4:06 nm

    JOU pajamas en NIE nou pajamas nie 😆

  8. netjane April 28, 2008 / 6:56 nm

    Maar wat as jou pajamas ook nou pajamas is Sonkind ? 😉

  9. Dellie April 29, 2008 / 8:43 vm

    Whahahaha! Vandag loop ek ook in pajamabroek rond… dis bietjie koud vir colgate! 😆

  10. skoor April 29, 2008 / 9:05 vm

    Koop sommer vandag nog vir jou ‘n lekker blik koekies, en geniet die ‘ek tyd’

  11. hanlie April 29, 2008 / 9:41 vm

    Ek is 100% met jou! My huis is my vesting waar ek wil dra (of nie), doen en aangaan soos ek wil. Meestal op my eie. Dis nie selfsugtig nie, dis maar net soos dit is!

  12. platterfuss April 29, 2008 / 9:43 vm

    Hehe! Jy klink …. soos EK!!!!

    MY plekkie is MY plekkie…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s