Heeelllloooo!

Ek is in Stockholm. My tas is nie. Ons los dit maar daar… (T5 strikes again!).

Die son skyn vir Afrika in Stockholm en die mense loop met moulose klere rond (idiots!). Ek kan nie glo dat ek nog handskoene gedra het toe ek hier weg is nie en nou is dit behoorlik lente, ek is so opgewonde. Daar word ‘n boodskap op die trein van die lughawe af gespeel en ‘n dit eindig met “welkom in Stockholm en vir die van julle wat hier woon, welkom terug.” Ek woon hier. Dit maak my bly.

Ek het altyd gedink mens woon waar jou huis is, of waar jou goed is of waar jy gemaklik is, maar ek besef nou weereens “home is where the heart is”. Ek het vreeslik na Liefie verlang en na my lewe hier verlang en na my eie bed verlang. Ek was ‘n besoeker in Suid-Afrika. Iemand anders bly in my huis daar en ek het nie ‘n kar nie, ek moes uit ‘n tas gelewe het. My bed in my ma-hulle se huis was nie my grootword bed nie, maar my vakansiebed, so selfs daardie huis voel nie soos “huis” nie, maar soos vakansie. My hart trek alreeds ‘n knop vir die weggaan hier…

Môre kry ons gaste. Wel, ‘n gas. Ek dink nie hy besef dat hy op die bank sal moet slaap nie… Volgende naweek gaan ons vir my verjaarsdag op Noorde toe en ek sien vreeslik uit om daardie deel van Swede te sien – ek hoop vir mooi weer en sonskyn.

Liefie het nie juis huisgehou terwyl ek weg was nie en die huis is nie eintlik gereed vir die gaste (gas) nie. Ek is heel lyfseer van die vlug en is min lus vir huiswerk. (Hoe mis ek klaar vir Hannah en Sylvia met hulle sagte Afrika lywe).

Lekker naweek vir julle almal, ek gaan die geleentheid kry om my aangenome stad met ‘n gas te deel en toergids te speel, weird gevoel eintlik!

Advertisements

9 thoughts on “Heeelllloooo!

  1. kaalvoetinireen April 25, 2008 / 3:35 nm

    Bly om te sien jy is veilig terug, al is dit sonder jou tasse! Sorry daaroor en hoop jy kry dit gou! Sterkte met die voorbereiding vir die gas en geniet die travels!

  2. René April 25, 2008 / 4:58 nm

    WELKOM TERUG Vriending! Ek het jou gemis!

    Oi, ek hoop jou tassie kom sommer gou huistoe – dis nogal ‘n hulpelose gevoel as jy besittings weg is né? Al is dit net tydelik!

    Geniet jou “gas”-serige naweek en volgende naweek se birthday-travels! Onthou die poskaarte!

    Love ya lots!
    Rxx

  3. Wipneus! April 25, 2008 / 7:06 nm

    Bly jy is veilig terug! Lekker naweek en geniet jou gas!

  4. Hanlie April 26, 2008 / 10:18 vm

    Ek is seker Liefie het jou net so gemis! Welkom tuis!

    Hoop jou tas kom gou by jou uit!

  5. Roer April 26, 2008 / 1:56 nm

    Sterkte met daai gas en welkom terug by JOU HUIS.

  6. Jasper April 26, 2008 / 2:40 nm

    Ek het nogals gedink T5 gaan jou grys hare gee 😆

  7. mykopop April 26, 2008 / 7:48 nm

    Welkom “terug”! Wys vir ons foto’s hoe dit nou daar lyk toe.

  8. sonkind April 27, 2008 / 10:49 nm

    Ja, foto’s asseblief! Gelukkig is JY veilig terug, die tas kan maar later volg 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s