Brokkies

Ek lewe nog. (Dis lekker in Afrika!)

Ek kuier ‘n hond uit ‘n bos uit met almal wat wil kuier en selfs die wat nie wil kuier nie. Al die laat nagte en vroeg opstaan is nie goed vir my “looks” nie, maar ek sal weer die slaap opvang as ek terug is in Swede.

Ek het ‘n trourok gekry!! Yippee! Wel, die rok word gemaak, maar ten minste is ek en die ontwerper op dieselfde blaadjie en besef sy ek doen nie tiaras en marshmallow rokke nie.

Het vanoggend vir my ou werk gaan terugvra en hulle het ge-umm en ge-aah. So enige iemand wat ‘n aktevervaardiger en notaris in die noord weste van Johannesburg soek – laat my weet, ek is moontlik in die mark.

Ek mis vreeslik vir Liefie en wil nou terug huistoe gaan, snaaks hoe Stockholm nou al soos huis voel. (About time!).

Gaan netnou tandarts toe. Grr! (Letterlik en figuurlik…)

Ek mis die bloggery en die bloglees en die bloggers vreeslik baie, maar teen Vrydag  is ek terug in Stockholm en vang ek weer op met al die lees en skryf. Belowe! So – don’t you forget about me!

Advertisements

10 thoughts on “Brokkies

  1. René April 21, 2008 / 2:05 nm

    Nou hoekom het jy nog nie hier in die mooiste Kaap ‘n koffietjie kom drink nie? My ketel is al uitgebrand van koffie-water kook en die hond het al AL die koekies opgevreet! Ek sal weer moet bak…

    Hoe sal ons dan nou vir JOU kan vergeet! Mis jou baie op die blog!!!

  2. Wipneus! April 21, 2008 / 3:30 nm

    Ek is bly jy het ‘n trourok gekry. Geniet jou kuiery!

  3. Hanlie April 21, 2008 / 4:53 nm

    Genade, ek sal jou mos nooit vergeet nie! Mis jou baie!

  4. Skoor April 22, 2008 / 9:25 vm

    Geniet die kuier.

    En onthou, jy is nie nou ‘tuis’ nie, sluit jou deure!

  5. Pikkelik April 22, 2008 / 9:50 vm

    Ons mis jou ook, vlieg veilig en ek is seker Liefie verlang net so na jou…

  6. mykopop April 22, 2008 / 11:14 vm

    Sjoe dis naby verby, jy moes nog volgende week gebly het, dan is die laaang-naweek weekvakansie vir amper almal. Geniet die laaste paar dae!

  7. Dellie April 22, 2008 / 12:10 nm

    Geniet die laaste paar dae se kuiers. Ja nee, jy kan maar verlore slaap inhaal as jy eers weer by die huis is.

  8. Da Mario April 22, 2008 / 8:16 nm

    Ja maar jy wil mos nie saam met my kuier nie… 🙄

  9. sonkind April 23, 2008 / 3:04 nm

    Moet tog nie weer op Heathrow jou paspoort in die gleufies gooi nie! 😆

    Lekker kuier, die bietjie wat oor is.

  10. rosalindfranklin April 24, 2008 / 7:23 nm

    En moenie jy tas by terminaal 5 ingee nie! Veilig reis. Sine jou weer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s