You’re beautiful

Ek het vanoggend wakker geword en toe ek myself in die spieël raaksien besef ek dat ek nuwe betekenis aan die term “deur die kak lyk” gee. Ek lyk nie elke oggend so as ek wakker word nie, net nou en dan as my slaappatroon nie op ‘n goeie ritme geëindig het nie en die kussingvoue ekstra duidelik sigbaar is. Soos vanoggend.

 

Ek onthou toe dat ek onlangs gelees het dat die verskeie redakteurs van die groot Britse modetydskrifte beplan om bymekaar te kom sodat hulle die hele kwessie van “editing” kan bespreek. Daai editing wat tot gevolg het dat mense sonder boobs op die voorblad verskyn met sulke bates dat Pamela Anderson se tieties soos ‘n “A” cup lyk. Daai editing wat modelle onmenslike klein heupe en middellyfies gee, perfekte bruin vel gee, groot blink Bambi oë gee, voue uit rokke haal, alles “perfek” maak, maar wie se idee van perfek? Die redakteurs het besluit dat die editing nou nuwe hoogtes (laagtes) bereik het en dat daar uitsluitsel oor die saak gekry moet word. Advertensies skep die begeerte vir iets wat nie eens bestaan nie.

 

Ek glo almal is bewus van Dove se “Campaign for Real Beauty”. Ek dink dis ‘n goeie idee, al is dit effens waaghalsig. Hoekom werk advertensies? Omdat dit altyd ‘n beter lewe/huis/gesig/man/vrou/werk belowe. So wil iemand ‘n produk koop deur ‘n normale mens geadverteer? Wil ek weet supersterre is maar net mense? Wat maak ‘n model? Wat maak ‘n mens mooi? Daar’s ‘n video op Youtube wat wys hoe ‘n model (doodgewone gesig) deur grimering verander word. Na die grimering word al die fotos wat geneem word nog verder verander en enhance dat mens later nie eens meer die model kan herken nie. Die video is as deel van die Dove veldtog gemaak, seker ‘n tipe van wake-up call vir verbruikers (julle sal maar self moet soek – ek sidder om Youtube met hierdie dial-up aan te durf!).

 

Toe ek so na myself staar terwyl ek tande borsel het ek nogal gewonder hoe ek sal uitdraai met ‘n paar lae grimering en ‘n hele klomp photoshop.

Advertisements

15 thoughts on “You’re beautiful

  1. sonkind April 13, 2008 / 8:02 nm

    As jy ‘n man was, hoe sou jy voel as jy hierdie BAIE mooi girl het en more oggend word jy langs haar wakker, sonder al die lae make-up, en dan herken jy haar soos in GLAD NIE!?

    Ek het vandag langs ‘n girl gestaan met nogals ‘n mooi vel, maar ek sal ‘n kwart bottel make-up van haar gesig kan afskraap!

    Ek meen nou nie mens moet altyd “deur-die-kak” lyk nie 😆 Maar ek dink daar is perke aan jouself beplak.

  2. rosalindfranklin April 13, 2008 / 9:02 nm

    Ek vermy die spieel in die oggend, dit is net so sleg vir my soos die 3 spieels in die aantrekhokkie – hulle is getoor. Getoor om mens sleg te laat lyk. soggens, buk ek oor die wasbak en borsel tande sonder om vir myself te kyk. probeer dit.

  3. Hanlie April 13, 2008 / 9:59 nm

    Daar is ‘n waaghalsige beweging in die blog wereld wat wil he ons moet wakkerword foto’s pos! Aangesien ek nogal lief is vir my lesers, het ek dit maar geignoreer!

  4. Die Gestorwe Soldaat April 14, 2008 / 6:45 vm

    Dis nou vir jou ‘n interessante gedagte… Wakkerword-foto’s… Hehehe! Dalk moet ons ‘n paar pryse uitloof… 😉

  5. Pikkelik April 14, 2008 / 8:12 vm

    Toemaar Netjanetjie, jy het my nog nie innie oggend gesien nie. Dis bleddie scarry… Slaaptekort weens kinders… Gelukkig lyk ek normaalweg nie veel beter nie. En GELUKKIG sê hulle mos ‘love is blind’ 😉

  6. René April 14, 2008 / 10:17 vm

    Iemand wat dink hy is slim het eendag gesê as ‘n man langs ‘n vrou wakker word en nogsteeds dink haar oggendgesig is beeldskoon – is hy REGTIG lief vir haar! (of dalk nog snotters dronk! Hehe)

    Ek is glad nie ‘n oggendmens nie en ‘n “wakkerword-gesig”-foto sal dalkies net my kameralens laat bars! Ek sal daardie foto dus maar eerder “pass”!

  7. machiel April 14, 2008 / 12:24 nm

    Die adverteerder wil nie hê jy moet tevrede wees soos jy lyk nie, want dan gaan jy niks koop nie. Die hele idee agter modetydskrifte is om jou te laat lelik voel. Weet nie veel van Dove se veldtog nie, maar daar word al jare lank deur sagte lense/filters of teenwoordig deur Photoshop ‘n beeld voor ons oë gehou wat vir die gewone mens nie haalbaar is nie, maar waarvoor ons ons sakke sal skud, in hoop.

    Ek groet my spieëlbeeld elke oggend vol vreugde, al is hy net een plooi kort van ‘n poepol!

  8. Dellie April 14, 2008 / 12:57 nm

    Nee wat, ek het al jare gelede vrede gemaak met my oggend gesig. En ek dink my Liefie ook, want hy lyk nie TE verskrik as hy my soggens more soen nie. Maar nou wonder ek skielik hoekom is sy oë dan toe? 😯

    Maar ek is nog nie eens gereed om ‘n foto van myself wat opgetof is te deel met die wereld nie, so die oggend foto kan maar happilly by my verbyskip, dankie!

  9. Wipneus! April 14, 2008 / 12:59 nm

    Elke oggend as ek verby die spieël loop is dit soos ‘n wekker, ek skrik my wawyd wakker vir daai gesig wat vir my terug kyk!

  10. Da Mario April 14, 2008 / 2:44 nm

    Mmmm… ek weet nie of ek juis veel slegter soggens lyk nie… dis nou nie juis asof my hare deurmekaar kan raak of something nie!
    Wat my so pas laat besef, julle kan darem hoop om beter te lyk deur die dag, ek moet maar happy wees met wat ek (nie) het nie!! 😯

  11. TristonJ April 14, 2008 / 7:45 nm

    ooo jinne ek praat nie eers met n siel tot ek klaar my hare deur n borsel het en ten minste die minimum make-up op my gesig gesit het nie… ek is dood erenstig ek sal nie eers more se tot ek vir my self in die spieel kan kyk nie.

  12. mykopop April 14, 2008 / 10:01 nm

    Ek dink nie ek sien ooit regtig my gesig in die oggend in die spieël raak voor ek eers by die werk my koffie in het nie!

  13. kaalvoetinireen April 15, 2008 / 6:07 vm

    I don’t do mornings!!! Meer deur die k@k sal niemand my ooit sien nie…dis altyd so blerrie mission om wakker te word, maar glo my, daar is niks soos ‘n paar koreaanse kleuters se gegil om dit te doen nie 😯

  14. Skoor April 16, 2008 / 1:44 nm

    Sex en the good life sells. Dis maar wat die lewe laat draai.

    Ek is nie enetjie vir make-up en goete nie, en ek lag lekker vir jou DDK opmerking.

    Ek het noudie dag my lang hare afgesny, en vir die eerste keer in jare, verslaap ek weer my hare dat ek sommige oggende ‘n Knysna loerie ‘n ‘go’ sal kan gee!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s