Leaving on a jet plane

Ek vlieg vanmiddag Suid-Afrika toe. Wel, eerste London toe en dan van daar af. Liefie het sy frequent flyer miles geskenk (dankie Liefie!) en my trippie is dus nie te duur nie. Ek vlieg deur die nuwe Terminaal 5 by Heathrow. Daardie een waar die groot nonsens aan die gebeur is en hulle vlugte links en regs kanselleer en daar duisende tasse lê wat nie mooi by hulle bestemmings en eienaars uitgekom het nie. Ek reis redelik baie en tot dusver (touch wood!) het daar nog nooit iets groot fout gegaan nie. Die ergste was met ‘n vlug uit Indië via Bahrain het ons so 3 daggies in Bahrain gescore wat ons nie wou gehad het nie omdat verbindingsvlugte nie mooi verbind het nie.

Ek is ‘n redelike goeie traveller, raak nie te opgestres nie, ken die tricks en so aan, maar meestal trap ek nog in my spoor. Liefie, byvoorbeeld, gaan check sommer by die besigheidsklas ry in al vlieg hy ekonomies – die een keer wat ek dit probeer stuur hulle my na die ander ry toe terug! My lekkerste bederf was toe ek die laaste keer uit Suid-Afrika terugvlieg en ek opgegradeer (of moet dit opgeklasseer wees?) word besigheidsklas toe. As ek eendag groot is gaan ek net Eerste Klas vlieg. (Dream on!)

Met vliegery kom daar allerhande dinge ter sprake. Mens moet baie naby iemand sit wat jy nie ken nie (ek praat as ‘n reël nie met mense op vliegtuie nie…), mense hoes en nies en jy moet daai lug vir hoeveel ure inasem. Babas skree. Die vlug ruik na eier. Babas skree. As jy ‘n gang sitplek het sal dit so uitwerk dat die mens wat langs jou sit elke 20 minute moet opstaan om rond te loop of te gaan piepie sodat jy naderhand jou sitplek opgee vir hulle s’n net om bietjie rus en vrede te hê. Daar sal ‘n Duitser met ‘n hout kameelperd langs of ten minste naby jou sit en die kameelperd sal as ‘n eregas behandel word, soveel so dat niemand naby die ding mag verbyloop nie. Die persoon oorkant jou sal met een van daai oogmaskertjies slaap, maar syne sal van pienk satyn wees want sy vrou het dit op die laaste oomblik vir hom ingepak, wat sal beteken dat jy die hele vlug lank moet seker maak jy kyk nie na hom nie anders bars jy uit van die lag. Daar sal een dronk en luidrugtige doos wees. Daar sal een poephol wees wat die lugwaardin probeer opchat (is dit net ek of is lugwaardinne nie meer deesdae mooi nie en vreeslik oud?) Baie mense sal snork. Jou voete sal koudkry, maak nie saak hoe jy die kombersie om jouself probeer draai nie. Jou oorfone/skerm/remote sal nie behoorlik werk nie wat tot gevolg sal hê dat jy net The Little Mermaid deel 8 kan kyk.

Wat ek eintlik probeer sê is dat as ek vanaand al die bogenoemde deurmaak (behalwe nou die Kameelperd Omie, dis vir die vlug terug) en ek kom môre oggend by O.R Tambo aan en my tas is nie op daai belt nie gaan ek crack.

Advertisements

19 thoughts on “Leaving on a jet plane

  1. hanlie April 2, 2008 / 12:14 nm

    Ten spyte van al daai dinge, bly oorsee vlieg vir my opwindend! Lekker kuier, Jane!

  2. Jaco April 2, 2008 / 12:29 nm

    T5 by Heathrow het sedert dit oopgemaak het nog net 44000 passasiers se bagasie “verloor”. So ek glo nie jy hoef enigsins oor joune bekommerd te wees nie. 🙂

  3. Pikkelik April 2, 2008 / 12:51 nm

    Lekker vlieg man. Voor jy jou oë uitvee is jy op moederaarde en tussen jou geliefde bagasie.

  4. Die Gestorwe Soldaat April 2, 2008 / 3:50 nm

    Whahaha! T5 – jou bollie is geboek! Ek vermoed die ergste: CrackedJane!

    Geniet dit! (as jy vlieg…!)

  5. René April 2, 2008 / 3:54 nm

    Wat ek die meeste op Heathrow gehaat het was dat jy jou skoene en baadjie moes uittrek as jy deurstap by sekuriteit! Jy praat van ‘n vlug wat na eier ruik, jy het nog NIKS geruik nie suster!

    Geniet jou vlug en geniet jou kuiertjie! Ek raai maar dat jy nie ‘n draai in die Kaap gaan kom maak nie??? Ons het baie mooi trourokke hier as jy niks daarbo kry nie hoor!

    En oja – hierdie beskrywing hierbo klink amper soos my vlug van SA na Londen! Behalwe dat ek langs ‘n baie gawe oom van Wimbledon gesit het wat vir baie aangename geselskap gesorg het 3h die oggend toe almal oopbek sit en slaap het!! En daar was twee dronk, luidrugtige dose!! :mrgreen:

  6. Da Mario April 2, 2008 / 5:26 nm

    Ek wens jou alles van die beste toe! Hoop hulle gradeer jou besigheidsklas toe. 😉

  7. Dellie April 2, 2008 / 5:29 nm

    Mag alles goed afloop, en die omie met die kameelperd baie ver van jou af weg sit. En mag jou voete warm wees! 😆

  8. mieliepap April 2, 2008 / 7:39 nm

    Cool, jy en my vroutjie kruis iewers oor Afrika! Lekker vlieg

  9. boendoe April 3, 2008 / 11:38 vm

    En nou is jy seker al by die huis? Hoop jy het jou bagasie gekry… 😀

  10. vygie April 3, 2008 / 12:38 nm

    Lekker kuier by die huis!

  11. rosalindfranklin April 3, 2008 / 1:41 nm

    Mag iets ten goede verkeerd gaan sodat hulle julle opgradeer na eersteklas toe, waar julle heerlik kan smul en op kan krul in sagte kombersies….sug…..

  12. sonkind April 3, 2008 / 9:38 nm

    Welkom in SA. Ek hoop niks van jou vliegvrese het waar geword nie en dat jy lekker gevlieg het en al jou bagasie het!

  13. ICE April 4, 2008 / 10:15 vm

    Sterkte en geniet jou kuier!

  14. mykopop April 5, 2008 / 8:01 vm

    Wel jy is seker nou hier, geniet dit! Die ergste wat ek nog beleef het is Dubai se lughawe, as mens probeer om te sit en slaap, en net sodra jy jou bene uitgeskop het toet een van daardie golfkarretjies om verby te kom.

  15. netjane April 5, 2008 / 7:33 nm

    Ek is in een stuk hier – tas inkluis! Enigste verlore artikel (Dankie T5 en julle sekuriteitswagte) is ‘n paspoort -nie juis iets wat mens wil verloor nie. So ja, DGS, CrackedJane.

    Ek blog baie gou weer, sodra mammie my ‘n blaaskans in die tee drink en kuier gee. 🙂

  16. Da Mario April 6, 2008 / 2:21 nm

    O… so internet Afrika styl is darem nie te veel van ‘n probleem nie? Gee Mammie jou darem koekies saam met al die tee?

  17. René April 7, 2008 / 10:00 vm

    Ai jy moet lekker kuier saam met moeder!! Lyk my jy is voor daai poskaart in SA! Maar ek wag nogsteeds geduldig… :mrgreen:

  18. René April 7, 2008 / 10:05 vm

    Ag kan jy dit nou glo – ek het net die Submit knoppie gedruk toe land die poskaart!! Baie dankie Janey! Dis PRAGTIG! (Ek wonder of Gauteng ook poskaarte het?) Lol 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s