Ek sou kon, maar…

Ek was nog in die hoërskool toe ek die eendag kerm en kla oor iets wat my ontneem is en wat volgens my, my toekom, toe my pa so in die middel van my sin heel droog opmerk “jou ouers hou jou darem terug né?” wat seker ‘n mooi manier was om te sê “jammer om van jou kak te hoor”. Daai sin het van toe af ‘n standaard tussen my en my sussie geword. Enige ding wat nie ons kant toe kom nie word spottenderwys verklaar met “my ouers het my teruggehou”. Soos in ek kon Miss World gewees het, maar “my ouers het my teruggehou”. My ma en pa weet van hierdie spot en later het die ding so hand uit geruk dat as ek kla oor die weer in Swede my ma sommer antwoord met “jou ouers het jou teruggehou”.

Ek praat vanoggend met my sussie en sy vertel my dat haar seuntjie ‘n dolfyn koek vir sy verjaarsdag wil hê. Nou kyk, ek sê nie maklik ek haat iets nie, maar ek haat dolfyne. Nie die regte egte goed wat in die see swem nie, die dolfyne op goue hangertjies en kerse en posters en duvets. Ek haat dit. En ek haat daai spesifieke blou-kleur wat daarmee saamgaan. Ek kan dit nie verklaar nie, dit is nou maar net eenmaal so. Ek sê toe vir haar sy moet hom oortuig dat hy eintlik ‘n ander koek vir sy verjaarsdag wil hê. Sy antwoord natuurlik “jy’t nooit ‘n dolfyn koek gehad nie, want jou ouers het jou terug gehou”. Ek lag lekker vir ons ou standaard grappie, maar toe begin ek sommer vir die pret daarvan daaroor na te dink. Waarvan het my ouers my regtig teruggehou?

Snaaks genoeg is die eerste antwoord wat by my opkom Voortrekkers. Ek wou nooit ‘n Voortrekker gewees het nie, maar dis nie die punt van die “jou ouers het jou teruggehou” storie nie. Ek het net geweet ek sou nie een kon wees nie, want my ma het iets daarteen gehad. Ek dink dit was volgens haar te Transvaals. (Sy’t in Tamboerskloof in die Kaap grootgeword en sit ook nooit haar mond aan pap en sous nie, dis ook te Transvaals). Ek het dus ook nooit gekamp nie en het vandag toe nog nooit in ‘n tent geslaap nie. Die feit dat ek ‘n tent kan gaan koop en kan gaan kamp aangesien ek nou groot is het nog nooit by my opgekom nie. Ek wil nie kamp nie.

Ek het tasse vol Barbie poppe gehad, maar nooit ‘n Ken nie. Dit val my nou by. My ouers het my teruggehou.

Ek het nie ballet gedoen nie, ek is nie as ‘n vegetariër grootgemaak nie, ek het nooit Formula One gekyk nie. My ouers het my teruggehou!

Ek gaan Woensdag Suid-Afrika toe om bietjie by my ma-hulle te gaan kuier, ek dink ek gaan hulle mooi vertel hoe ver hulle my eintlik teruggehou het. Ek vermoed my pa gaan hierdie keer vir my sê jammer om van jou kak te hoor…

Ek weet dis nie eintlik iets waaroor ek moet spot nie en dat daar baie mense is wat regtig beperkinge in hulle lewens ervaar as gevolg van hulle ouers, maar ek het nou maar eenmaal nie in so ‘n familie grootgeword nie, so in die gees van April Fools – waarvan het jou ouers jou teruggehou?

 

 

Advertisements

15 thoughts on “Ek sou kon, maar…

  1. Sommergoed Maart 31, 2008 / 9:58 nm

    Ai lekker lag ek nou. Luister my eerste geskenk van manlief was ‘n dolfyn hangertjie! (duidelik het sy ma hom nie teruggehou nie) en tweedens ek het weer probeer maar jr’tjie wil niks hoor I want a dolphin cake mommy. Ons het darem een naweek in ‘n karavaan geslaap maar oor seker goed praat ons nie ne sussie!

  2. hanlie April 1, 2008 / 8:04 vm

    Ek wou so graag een van daai poppies in die Playboy mansion gewees het, maar my ouers het my teruggehou!

  3. René April 1, 2008 / 8:18 vm

    In St 8 (Graad 10) het ek ‘n outjie ontmoet wat ‘n motorbike gery het – ek was mal oor hom en sy motorbike en wou so graag saam met hom op daai fiets ry – maar my ouers het my teruggehou – en ek moes maar daai liefde afskryf! Ek hoor nou die dag hy is nou ‘n Direkteur van ‘n Advertensie maatskappy!! Frok!

  4. Zee April 1, 2008 / 8:26 vm

    Ek wou graag n “beach bum” geword het, needless to say, my ouers het my regtig teruggehou!

  5. boendoe April 1, 2008 / 8:34 vm

    Ek het eers in matriek vir my gaatjies in my ore laat skiet. My ma wou nooit iets daarvan weet nie. Daar het sy my regtig teruggehou!

  6. netjane April 1, 2008 / 9:47 vm

    Boendoe now that you mention it – ek het eers in Std 8 gaatjies gekry, skelmpies! My ouers het my teruggehou.

  7. Dellie April 1, 2008 / 10:15 vm

    Toe ek 6 was, het ons die eerste keer ‘n sirkus besoek. Ek wou hulle vreeslik graag join om saam met die narre te kan speel. My ouers het my teruggehou… 😆

  8. Da Mario April 1, 2008 / 10:26 vm

    Whahahaa, hierdie was nou baie snaaks ja!! 😆
    Laat ek dink, al waarvan my ouers my terug gehou het was meer blonde girlies… ek kon baie meer gehad het! 😉

  9. Roer April 1, 2008 / 1:25 nm

    Die ou wat ek mee wou trou, het ‘n regte parra uitgedraai so ek is maar bly hulle het my ‘terug gehou’. Goeie inskrywing. Lekker gelag. 😀

  10. Pikkelik April 1, 2008 / 8:29 nm

    Nou gaan julle my nie glo nie, ek het die jaar na matriek vir die eerste keer in ‘n bioskoop gaan fliek. Ek sweer…. My ouers het een of ander iets daarteen gehad. My ouers het my teruggehou! Ek dink daars ‘n gat in my opvoeding.

  11. mykopop April 1, 2008 / 9:50 nm

    Mmmm… ek wou graag leer dans het…

  12. rosalindfranklin April 1, 2008 / 10:07 nm

    My ouers het my teruggehou toe ek aankondig ek vir ‘n “kept woman” wees. Nou met ek werk vir ‘n lewe! Dis simpel.

    NJane, gaan koop vir jou ‘n Ken-pop. LOL

  13. Marina April 2, 2008 / 12:47 nm

    Ek wou SO graag gaan kyk hoe lyk Switzerland….maar my ouers het my teruggehou…..en my vlerkies geknip.

  14. neykie April 2, 2008 / 3:49 nm

    ek wou graag meer wou kuier by vriende en dalkies my eie vriende ook kon kies

  15. sonkind April 6, 2008 / 7:44 nm

    In Std 9 wou ek uit die skool gaan en gaan verpleeg, maar my pa het gesê ek bly, al sit ek daar tot ek mondig is. Vandag is ek bly hy het my teruggehou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s