Jy’s seker mal?

Gedurende ons roadtrip in Frankryk ry ons deur ‘n klein dorpie en ek trek my Frankryk gids nader om te lees of daar iets te siene in die dorpie is. Ons kom toe af op facteur Cheval se “Palais Ideal”, ‘n “Facteur” is ‘n posman in Frans.

Die agtergrond is dat die posman elke dag vir hoeveel jaar dieselfde posroete gedoen het (die roete was omtrent 32 kilometer te voet) en duidelik baie tyd gehad het om te dink. Hy sê dan ook self “What can we do while perpetually walking in the same surroundings except think. To distract myself I built a fairy palace in my dreams.” Hy stamp toe eendag sy voet teen ‘n klip en vat dit as ‘n boodskap van Moeder Natuur af om aandag aan die vorms van klippe te begin gee. Hy begin toe klippe te versamel al langs sy posroete om sodoende boumateriaal vir sy droom “paleis” te hê. En toe begin hy bou.

Die vreemdste, snaakste, mees amazingste ding. Ding is seker verkeerde woord – struktuur is seker meer gepas. Dis was net weird. Dis asof hy alles wat in sy kop opgekom het gedoen het. Egiptiese beelde, hindu tempels, diere, mense, torings, trappe en nog en nog en nog. Verder het hy sy gedagtes in die sement geskryf, so oral is daar sê-goed (in Frans natuurlik) teen die mure. Hy het begin bou in 1879. Hy was klaar in 1912.

 

Voor aansig

 3 Men

Toe ek daar was het ek in my kop gedink die ou moes mal gewees het. Hoe anders kom mens met so iets vorendag?

Die inligtingsblaadjie het baie van Cheval se sê-goed vertaal en hier volg ‘n paar daarvan:

“In creating this rock, I wanted to prove what willpower can do”

“To a valiant heart, nothing is impossible”

“For good men, all people are brothers”

“Our motto is to love everyone”

en die laaste een, wat my laat stop en dink het:

“It is not time which passes, but ourselves”.

Die plek was vir my vreeslik vreemd en ek het dadelik die begeerte om so iets te wil bou vir myself verduidelik deur dit af te maak as malligheid, maar wie is ek om so te besluit? Ek kyk na van sy aanhalings en wonder wat sou gebeur as ons maar almal daarvolgens sou lewe.

Ek sukkel soms om iets ordinêr en eenvoudig behoorlik klaar te maak, hierdie ou (against all odds), met sy bure wat geglo het hy is mal het iets gedoen wat hy regtig wou. En dit is fantasties.

Advertisements

12 thoughts on “Jy’s seker mal?

  1. Die Gestorwe Soldaat Maart 30, 2008 / 6:18 nm

    Dit is fantasties… En ‘n bietjie mal… Maar dan weer: partymaal moet ‘n mens bietjie mal wees in hierdie wêreld as jy wil uitstyg bo die ordinêre…

  2. hanlie Maart 30, 2008 / 6:31 nm

    Dis fabulous! Ek hou van mense wat hulle eie ding doen en basta met die res!

  3. Pikkelik Maart 30, 2008 / 8:22 nm

    Ek kan nie glo ‘n mens kan so gemotiveerd wees nie. ‘n Amazing monument!

  4. Da Mario Maart 30, 2008 / 8:57 nm

    Ek is verbaas dat hy genoeg tyd gehad het om te bou tussen die daaglikse loop van daai 32km posroete, met ‘n klomp klippe wat hy nog saam karwei ook elke dag.
    Ek neem aan dis wat toewyding werklik is.

  5. boendoe Maart 31, 2008 / 2:23 vm

    Hell’s bells. Ek is verstom. 🙄

  6. kaalvoetinireen Maart 31, 2008 / 5:00 vm

    Dis flippen amazing!!! Mens moet soms seker bietjie “mal” wees om so ver te gaan! Wat maak dit tog saak wat ander dink??? Dis regtig ‘n besonderse struktuur en absoluut amazing! Een woord-KUNS!

  7. Kaalvoetkind Maart 31, 2008 / 7:28 vm

    Wow!! Wys jou net weer: “If you can dream it, you can do it!”

  8. René Maart 31, 2008 / 11:04 vm

    Ek dink weer die ou was glad nie mal nie! Mense se drome verskil en is juis uniek omdat mense uniek is! Die ou het deursettingsvermoë gehad en hy het GEWEET wat hy wil hê en hoe om dit vir homself te skep! Ek sal graag eendag wil terugkyk en weet ek het ‘n droom gehad en ek het uit my pad gegaan om daardie droom vir myself waar te maak! Maklik om te sê, maar nie so maklik om te DOEN nie né?

  9. Dellie Maart 31, 2008 / 1:45 nm

    Ongelooflik! Dit is voorwaar monumente vir uithouvermoë!

  10. sommergoed Maart 31, 2008 / 5:16 nm

    Amper soos die Uilevrou!
    PS: ek hoop jy het darem ietsie vir jou sussie in mooie frankryk gekoop?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s