Frankryk(er)

Ek is terug van my Franse rendezvous af! Hoe lekker reis ook altyd vir my is, is daar nie veel beter as om jou eie voordeur weer oop te sluit na so ‘n trippie nie.

Ten spyte van die feit dat ons gehoop het vir son en die koudste, koudste weer in Parys gehad het (toe ons heel bo by die Eiffel toring uitkom het daar hope ys gelê), was die stad vir my regtig mooi en interessant. Die Franse het nie gespeel as dit by monumente, parke en boulevards kom nie. Bigger is better. As die monument die Franse nasie as geheel, of beter nog, ‘n spesifieke persoon vereer, is dit nog groter. Die hele stad skreeu omtrent “Kyk hier!”. Ek wil nie eers dink hoe besig Parys in die somer moet wees nie, want selfs in relatiewe lae seisoen was daar oral baie toeriste en L-A-N-G toue.

Na die naweek in Parys het ons in ons gehuurde Peugeot (wat anders?) gehop en suid gejaag. Ek sê jaag, want dit is wat die Franse doen. Veral in vergelyking met die baie wetsgehoorsame Swede wat op ‘n goeie dag 90 in ‘n 110 sone doen. Ek wens ek kan sê die rollende heuwels vol wuiwende gras is verlig deur die son. Dit het gereën. ‘n Baie nare ysige windjie het ook gewaai. Maar daar was spasie! Die vistas was groot! Geen geboue! Net ooptes.

Toe ons die eerste aand by ons B & B aankom en alles lê toe onder die sneeu het ons gedink dat ons maar net sowel in Stockholm kon gebly het, maar die volgende dag het dinge darem beter gelyk en toe ek daai eerste Provensaalse huisie tussen die lavender bosse en olyfbome met die blou shutters sien (ek het lank gedink oor die Afrikaanse woord – luik?), was ek baie tevrede. Dit was nog bietjie vroeg in die seisoen, maar alles was al heel groen. Regtig pragtig.

Meeste van die Franse vistas het my erg herinner aan dele van Suid-Afrika en ek kan nie eintlik sê dat daar iets “uniek” is aan die omgewing wat ons gesien het nie, maar dis die hele pakket wat dit Frankryk maak. Die huisies, die omie met die baguette onder sy arm, die verskriklike lang dorpsname wat vir my (as navigator) alles dieselfde geklink het, die kerke…

Vir die van julle wat ‘n stadiger pas lewe beplan, die Franse platteland is regtig die plek, alles maak toe tussen 12:15 en 14:30. ALLES. En ‘n stukkie brie op ‘n stukkie vars brood iewers waar die gras groen is, maak mos die lewe die moeite werd.

Toe ons vanoggend ‘n draai by die Reims Katedraal maak en die son val deur die mooiste glasvensters, besef ek weer ek is verryk.

Advertisements

9 thoughts on “Frankryk(er)

  1. hanlie Maart 30, 2008 / 3:10 nm

    Daar is darem net iets magies aan Frankryk… Ek sal weer daar bly!

  2. kaalvoetinireen Maart 30, 2008 / 3:20 nm

    Ai, maar dit klink so lekker! Ek sal verseker nog daar ‘n draai gaan maak, maar vir eers verken ek maar die Ooste en al sy vreemde goeters.

    Ek wens nou net dit wil warmer word hier in die noordelike halfrond, want ek het presies ‘n jaar laas somer gehad!!!

  3. sonkind Maart 30, 2008 / 3:51 nm

    Ai, ek beny jou. Verder is Frans die een taal wat ek nog wil aanleer voor ek doodgaan.

  4. boendoe Maart 30, 2008 / 4:25 nm

    Ek kan maar net weer se: jou gelukkige, gelukkige vrou! Wanneer wys jy die foto’s?

  5. Da Mario Maart 30, 2008 / 5:09 nm

    Ek’s bly dit was so amazing! Maar ek is ook bly ek kan weer iets hier lees!! 😉

  6. René Maart 31, 2008 / 10:58 vm

    Welkom terug Janey! Ek het jou gemis!! En my posbus is stukkend gekyk!! 😆

  7. Dellie Maart 31, 2008 / 1:44 nm

    Bly jy het dit geniet. Dit klink na ‘n ongelooflike ervaring.

  8. ICE April 1, 2008 / 10:53 vm

    Haai Jane!

    Hoe was die taal struikelblok?

    Waar in Frankryk was julle ooral, behalwe Parys?

    Ons beplan ‘n trippie na Charente vir so 3 dae, volgende week.

  9. Daleen Mei 4, 2009 / 9:48 nm

    Jane
    Ek het jou storie gelees oor Frankryk. Kan jy my asseblief meer vertel oor hulle tradisies, kos sien my kind is besig met ‘n projek vir skool en hy moet vir 3 minute lank oor Frankryk se kos en tradisies praat help asseblief

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s