Glad Påsk van Stockholm af

sneeu21mrt.jpg

Ons het wakker geword in ‘n spierwit winterwonderland.

Dit het al ‘n hele paar keer in Stockholm gesneeu, maar die sneeu hou nie vreeslik lank nie en voor mens mooi weet is alles weer weg. Dit sneeu nou al die hele week aan en af en dit moes deur die nag gesneeu het, want vanoggend was te mooi. Omdat dit ‘n publike vakansiedag is, is baie mense weg vir die naweek en daar was omtrent geen spore of merke op die sneeu teen die tyd wat ons uitgegaan het nie.

willow21mrt.jpg Die bome sonder hul blare in die sneeu is vir my verskriklik mooi.

Ek het soos ‘n mal ding rondgehardloop en die sneeu ten volle geniet

j21mrt.jpg

Moes natuurlik ‘n snowangel maak, al was daar nie regtig genoeg sneeu nie. Ek was verbaas dat dit regtig eintlik soos ‘n engel lyk as mens klaar is!

snowangel21mrt.jpg

Eerste tekens van die komende lente

lente21mrt.jpg

Ek hoop almal het ‘n verskriklike lekker naweek en moenie te veel paaseiers eet nie (of ten minste nie meer as wat ek sal eet nie, dit behoort vir julle ‘n wide scope te gee!). Geniet julle hasies (in watter vorm hulle ookal mag kom).

Ek is weer volgende Saterdag terug met Franse stories.

Advertisements

27 thoughts on “Glad Påsk van Stockholm af

  1. Die Gestorwe Soldaat Maart 21, 2008 / 9:27 nm

    …en Swartkappie, hoekom is jou neus so rooi? Koue, of te veel “teenkouemiddel”?! 😉

    Mooi bly darem maar mooi…

  2. netjane Maart 21, 2008 / 9:35 nm

    Om beter te kan ruik Soldaat 😉

  3. Pikkelik Maart 22, 2008 / 9:23 vm

    Wat ‘n sprokieswêreld. Jou snowangel is oulik… Kyk net daai donker vlerkies! 🙂 Julle het amper lente en ons het amper herfs, ongelooflik!

  4. Zee Maart 22, 2008 / 9:52 vm

    Netjane, jou snowangel is te cute!

    Ek sal probeer om nie te veel paaseiers te eet nie. Mmm… een van my swakhede 😉

    ‘n Geseënde Paasfees vir jou!

  5. mykopop Maart 22, 2008 / 12:33 nm

    Dankie, ons het ‘n heerlike rustige langnaweek tuis, geniet julle s’n ook. Baie mooi foto’s!

  6. rosalindfranklin Maart 23, 2008 / 6:41 nm

    MOOOOOOOOOOOOOOI. Ek het nie geweet van ‘n sneeu-engel nie, want ek speel nou nie aldag in sneeu nie.

  7. BB Maart 25, 2008 / 8:28 vm

    Thanks vir daai snowangel pic!! Dis mooi, mooi!
    Ai, ek het so ‘n foto van somewhere in die 80’er jare in Duitsland…

  8. Dellie Maart 25, 2008 / 12:44 nm

    Oe, die bome in die sneeu is vir my pragtig. En jou snowangel is ook nie te sleg nie. Ek ken net van sand-angels! 😆

  9. boendoe Maart 27, 2008 / 8:06 vm

    Dit was nou regtig lekker om saam met jou in die sneeu te jol! Pragtige foto’s!

  10. Skoor Maart 27, 2008 / 9:25 vm

    Bleddiehel, ek is nou so jaloers, ek klim sommer in die vrieskas!!!

  11. kaalvoetinireen Maart 27, 2008 / 11:34 vm

    Ja nee, mooi bly mooi! Maar ek is nou rerig bietjie moeg vir koudkry en ek wens die son wil nou bietjie skyn hier in Suid-Korea! Tekens van warmer dae is daar, maar nes ek die wintersklere wegpak word dit koud…

  12. rosalindfranklin Maart 28, 2008 / 5:43 nm

    LOL @ Skoor, daar by Cape Union Mart is so vrieskas, sal ons jou daar sien?

  13. Die Gestorwe Soldaat Maart 28, 2008 / 8:54 nm

    Nou wat nou? Kom jy NOOOOOOIIIIIIITTTTT weer terug nie? Ons verlang na jou, SnowJane

  14. Da Mario Maart 29, 2008 / 6:07 nm

    DGS…
    Toe jy in daai eerste comment geskryf het “mooi bly darem maar mooi”, het jy na die sneeulandskap of na Jane verwys? 😀

  15. netjane Maart 29, 2008 / 7:21 nm

    Ja DM ek wou nog daai selfde vraag vra, toe dog ek maar ek sal nie. 😉

  16. mieliepap Maart 29, 2008 / 7:36 nm

    Dis pragtig. Sneeuis een van die min dinge wat volwassenes soos kinders kan laat voel. Dit lyk heerlik.

  17. Da Mario Maart 30, 2008 / 5:15 nm

    Jinne jong, Jane bly darem maar mooi, selfs mooier as daai sneeulandskap-foto’s wat sy neem, ek wou eintlik maar net weet of jy saamstem? :mrgreen: 😆

  18. netjane Maart 30, 2008 / 5:35 nm

    Sjoe DM ! Jy smeer vandag die botter dik.

    /me like. 🙂

  19. Die Gestorwe Soldaat Maart 30, 2008 / 6:03 nm

    Het ek en jy al ooit ‘n meningsverskil gehad as dit by girls kom, Da Mario…? 😆

    SnowJane, is jy en Kaalvoetinireen sussies? Julle tweetjies lyk nogal na mekaar…

    Ja oukei, Da Mario, maar ek het net vir ‘n vlietende oomblik daaraan gedink! 😆

  20. netjane Maart 30, 2008 / 6:11 nm

    Nee Soldaat – ek en my boetie en my sussie lyk glad nie na mekaar nie. (Of miskien die boetie so bietjie, maar ek dink nie mans wil na vrouens lyk nie en andersom…)

  21. netjane Maart 30, 2008 / 6:15 nm

    En ek los dan ook jou “vlietende” gedagte daar. 😉

  22. Da Mario Maart 30, 2008 / 10:20 nm

    Jy het nog nie haar sussie se blog gelees nie? 😯
    En nee, ons het altwee goeie smaak, so ons het nog nie oor die girlies verskil nie. Wat dit ‘n goeie ding maak dat ons op twee verskillende plekke bly. Ek glo nie Pretoria is groot genoeg vir ons albei nie… 😆

  23. Skoor Maart 31, 2008 / 12:19 nm

    Wille Rosa, ek was Sa’rag by CUMart, maar in Kennilworth, en al die mense laat my kop so draai, gisteroggend toe die son uitkom, sit ek op my duiksak en wag vir Skoorlief om wakker te word. Ek moes later maar brekvis ook maak. En toe eers kon ons na waters waar daar rus is…

    Ek moet se, die duikery was erg heerlik gister, en die tweede keer se in, het my nogal bibberend laat vergelykings tref met sneeu.

    Maar ek sal jou seker sien by die koue hokkie van CUMart, veral as ek die son vandag weer so voel-voel. Is dit Canal Walk s’n? 🙂

  24. rosalindfranklin Maart 31, 2008 / 4:02 nm

    Skoor, ja daar is so koueweer-hokkie by die Waterfront en by Canalwalk ek is baie keer lus om sommer net in te gaan….:)
    Mens toets jou parkas daar uit, asof ons dit nou hier nodig het.

  25. staaltjies Desember 21, 2011 / 11:34 vm

    ek kyk so na jou pragtige fotos en wil sommer tjank so mooi is dit , dankie dat jy dit met ons deel .

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s