Die Poolse boor polka (deel 2) en ander brokkies

Ek het vanoggend ‘n handgeskrewe nota gekry. In Sweeds. Met die vreemdste woorde waarvan ek 2 verstaan het. Nie en kombuis. Ek trek toe maar die woordeboek nader en begin opsoek. Die bouers vervang ‘n iets (ek dink dis ‘n afvoerpyp) en ek moenie tussen 10:00 en 12:00 in my kombuis “rondhang” nie. Watter tipe versoek is dit? Beteken dit ek mag die ketel aansit solank ek die water uit die badkamer kry? Beteken dit ek mag ‘n broodjie maak? Beteken dit my blote teenwoordigheid in die kombuis (MY kombuis!) gaan hulle bouwerk beïnvloed? Want as dit die geval is gaan ek nou vir die laaste 15 minute daar staan en op en af spring of te kyk wat gebeur. Julle wil mos boor!

Wat my nog van die nota gepla het is die totale afwesigheid van die woorde “jammer”, “asseblief” en “dankie”. Ook geen telefoonnommer nie. Grr!

Ek kan ook nou rapporteer dat my woon – en werkspermit verleng is tot die einde Augustus toe. Ons is daai tyd al lankal terug in Suid-Afrika, maar dis altyd lekker om ‘n Schengen visa te hê vir so lank mens dit kan kry. Ons is vroegoggend na die Immigrasie raad toe (al die vorms is reeds vooraf elektronies ingegee en ons het die antwoord per pos gekry, moes net die plakker in ons paspoorte kry). Ons het ons nommer gekry en gewag. Hoe is dit dat daar altyd so vreeslik baie kinders is wat huil in staatsinstansies? Na ‘n ruk is ons nommer (29!) geroep en kon ons die plakkers kry. Mens neem sommer jou foto by die toonbank, maar ons visas het hierdie keer nie fotos op nie, ek wonder hoekom… (En ek het ewe my make-up opgesit en my hare geblaas vir die photo op!) Dit was vir my opmerklik dat alle immigrante dieselfde “look” het. Meeste van die immigrante in Swede kom van nare plekke met oorlog en ethnic cleansing en ‘n tekort aan kos af, so die “look” is seker een van pyn en verlange en ‘n harde lewe.

Verder sneeu dit al vir 2 dae hier, maar vir elke sneeubui is daar weer sonskyn, so daar is nie hope sneeu nie. Daar word koue weer en sneeu vir die hele week voorspel, maar sodra dit sneeu is ek uit by die deur. Ek geniet die sneeu vreeslik en kry maar soveel ek kan daarvan voor ek weer huistoe gaan.

Ons vlieg Saterdagoggend dou voor dag Parys toe vir die Paasnaweek en roadtrip dan in die res van Frankryk rond tot die daaropvolgende Saterdag, nog geen idee waarheen ons ry nie, but have car, will travel. Ek is vreeslik opgewonde!

Oor en uit.

Advertisements

9 thoughts on “Die Poolse boor polka (deel 2) en ander brokkies

  1. René Maart 19, 2008 / 2:15 nm

    Wat het toe tussen 10:00 en 12:00 gebeur toe jy op en af staan en spring het?

    Ja ja, vryf maar nou Parys en die hele blerrie Frankryk so diep in as wat jy wil! Ek is klaar alle skakerings groen van jaloesie!

    Ek weet sommer jy en Liefie gaan dit baie geniet en hoop julle gaan baie moranties wees in die stad van romanse – onthou die brag-poskaarte!!!

  2. mykopop Maart 19, 2008 / 9:15 nm

    Ja, lucky julle waar die landjies so naby mekaar lê, as ek maar net bietjie Pofadder toe kon gaan, maar dis ook te ver! Geniet die trippie.

    Ek hoop nie dis die Poolse buurman wat die werk moes kom doen nie!

  3. hanlie Maart 20, 2008 / 7:50 vm

    Geniet jou Franse interlude…! Ek is self aan die groen kant. Ons gaan die stoorkamer regpak die naweek – it just doesn’t have the same ring to it!

  4. Dellie Maart 20, 2008 / 11:02 vm

    Ja nee, geniet. Ek is saam met Hanlie – skuif meubels, pak reg en ruil kaste om!

    Onthou om foto’s te neem!

  5. boendoe Maart 20, 2008 / 1:22 nm

    Ek wens ek kon ook sneeu sien, maar ek begin twyfel of dit my beskore is!
    En gelukkige jy – geniet jou Franse uitstappie.
    *snik*

  6. Pikkelik Maart 20, 2008 / 2:40 nm

    Ag jy, geniet maar jou Parys. Miskien is dit ‘n goeie plan om op en af te spring – goed vir die ouderdom ( gaan kyk bietjie by boendoe)! Lekker naweek vir julle….
    Geseënde Paasfees.

  7. Da Mario Maart 20, 2008 / 5:33 nm

    Lekker man!! Geniet die uitstappie. En watse tool het toe daai geluide gemaak?

  8. sonkind Maart 20, 2008 / 9:45 nm

    Lucky Fish! Parys vir Paasnaweek! Geniet dit en kom wys vir ons fotos.

  9. kaalvoetinireen Maart 21, 2008 / 8:45 vm

    JA NEE, dit klink omtrent lekker! Ek sal maar die strate van Gwangju platdraf en wie weet, dalk kom ek op iets interessant af:-)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s