Rock ‘n roll dreams come through*

Vanaand is ek jammer dat ons in ‘n woonstel bly en bure het. Ek is ook jammer dat dit ‘n Donderdagaand is en nie en ‘n Vrydagaand wanneer mens nog met sulke goed kan wegkom nie. Ek is jammer Liefie is in Frankfurt en nie in Stockholm nie. Ek is jammer die woonstel het houtvloere wat kraak as mens daarop spring. Ek is weereens jammer dat ons bure onder ons ook het.

Ek is in ‘n bui vir harde musiek speel. Harde rock met skreeuende kitare en ‘n duidelik doef-doef-doef van dromme. Ek wil rondspring terwyl die musiek speel en miskien nog bietjie air-guitar ook speel. Ek wil headbang en wild te kere gaan.

Ek is nie ‘n harde rocker as mens net so na my kyk nie, maar ek geniet regtig die musiek. In Johannesburg gaan ons altyd na The Doors toe, ‘n club waar mens regtig net kan mal gaan. Niemand kyk twee keer nie, geen Sandton poppies in sig nie en drinks is goedkoop. (My ma sê altyd “Doors” asof daai die einste deure na die hel toe is…). Ons kon nog nie eintlik iets soortgelyk in Stockholm oopspoor nie, maar al het ons, is ek vanaand alleen.

Ek dink tog ek sal maar vir ‘n rukkie die volume opdraai en rondspring. Bietjie die Swede laat wakker skrik… Afterall, hulle is nie meer vir lank my bure nie en word dit nie verwag van Africans om rof te wees nie?

* ‘n Reël van die Meatloaf song:

“Remember everything that I told you
Well I’m telling you again that it’s true
You’re never alone cause you can put on the phones
And let the drummer tell your heart what to do”

 

 

 

Advertisements

7 thoughts on “Rock ‘n roll dreams come through*

  1. Da Mario Maart 13, 2008 / 6:18 nm

    Ek het seker 12 jaar laas Meatloaf geluister. Rock daai Swede se sokkies af!! :mrgreen:

  2. René Maart 14, 2008 / 8:48 vm

    *sug* – ek luuuuvvvvveeeeee Meatloaf!!

  3. Zee Maart 14, 2008 / 11:04 vm

    Netjane, ek hoop jy het jou harde musiek geniet. Ek kry maar ook daai gier so af en toe en dan moet die bure maar hulle ore toedruk! 😉

  4. vygie Maart 14, 2008 / 12:48 nm

    Vandag is een van daai dae wat ek sulke musiek nodig het om die stemme in my kop stil te maak. 🙂 En ek spot nie eintlik nie.

  5. Die Gestorwe Soldaat Maart 14, 2008 / 5:50 nm

    Gee gas, RockJane! Enige iemand wat kla omdat Meatloaf teen 120 desibels sy waarhede kwytraak, verdien slapelose nagte! Rock on!

  6. sonkind Maart 15, 2008 / 5:03 nm

    Hoop net jy kom nie oor wat ek oorgekom het nie. Het een aand wat die Liefie laat gewerk het, so ‘n bui gekry en ek sit daai musiek HARD en ek spring en ek headbang en die volgende oomblik toe ek so in die springery opkyk, staan die Liefie in die deur en langs hom die diaken, wat toe nou juis daardie aand gekies het om te kom kennis maak, al bly ons al ‘n jaar in hierdie area!

    Ek het maar die res van die huisbesoek probeer wys ek is eintlik heel besadig en normaal! 😈

  7. mykopop Maart 15, 2008 / 9:20 nm

    He he, jy laat my nou baie dink aan daardie storie wat ou Lucas Maree vertel, van hoe hy een aan in sy woonstel ‘n song wou skryf, maar niks kon regkry nie oor die ou bokant hom so raas, toe skryf hy maar later die song “My buurman aan die bokant”.
    Lyk my jy’s erger as daai buurman. Probeer daar uit my dae uit: Suzi Quatro!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s