Bennie Boekwurm

Ek is mal oor lees. Ek raak ook erg beneuk as ek die dag nie iets het om te lees nie. Ek gedra myself ook gewoonlik heel goed, lees ‘n paar hoofstukke op ‘n keer, kan nog gesprekke voer as iemand met my praat terwyl ek lees, los die boek vir lank genoeg om my gewone dagtakies te verrig. Nou en dan kom daar ‘n boek oor my pad wat my net heel insluk. Ek word die boek, of is dit nou die boek word ek?

‘n Hoofstuk is nie genoeg nie, ek lees gulsig elke bladsy wat ek kan kry, as ek ‘n minuut het terwyl ek wag vir iets lees ek ‘n paragraaf, elke blaai word verorber, net om nader aan die einde te kom. En terwyl ek so lees en lees om by die einde te kom weet ek terselfdertyd ek wil nie hê die boek moet eindig nie, want ek lees dan so lekker! Dan begin die dans. Hoe meer ek lees om nog van die boek in te sluk, hoe meer probeer ek myself keer, om sodoende die boek net nog ‘n tydjie uit te rek. Ek kan myself gewoonlik net nie help nie en lees verwoed voort.

Daar’s nie ‘n patroon van watter tipe boek dit aan my doen nie, dis nie noodwendig eers die “goeie” boeke wat dit doen nie, maar daar’s iets omtrent die karakters of die storie of die woorde of my bui op die dag wat die boekmonster laat verskyn.

As ek die boek klaarlees (wat altyd gaan gebeur, die enigste boek wat ek nog kwartpad laat staan het is War & Peace) voel ek vir ‘n tydjie so verlore. Dit voel vir my of iets van my ontneem is. Ek kan eintlik so ver gaan as om te sê dat ek half useless en pateties is. Droomverlore. Ek lees dan ook gewoonlik vir ‘n dag of twee niks anders nie, want dis sou ‘n mors van tyd gewees het.

Ek sit juis nou in so ‘n waas. My dag het verdwyn in die geritsel van blaaie, ek het gesê ek lees net Deel 1, maar toe dit eindig, moes ek eenvoudig Deel 2 lees en die storie raak gekoek soos ‘n string kersliggies wat deur die jaar in die laai lê en ek lees voort aan Deel 3. En toe die boek se laaste bladsy verskyn, soos ek geweet dit sou, het ek gewens ek kon die blaaie terugblaai en nie weet wat op hulle geskryf staan nie.

Advertisements

15 thoughts on “Bennie Boekwurm

  1. Die Gestorwe Soldaat Maart 13, 2008 / 8:14 vm

    Jy moet die Huilgenoot lees, BennieJane! Wed jou jy sal nie langer as twee minute hou nie!

  2. hanlie Maart 13, 2008 / 8:24 vm

    Jane, ek is net so! Van kleintyd af. Ek leef my so in ‘n boek in, dat die regte lewe vir my heel onwerklik raak. Ek lees 100 keer eerder ‘n boek as om ‘n fliek te kyk.

  3. kaalvoetinireen Maart 13, 2008 / 10:47 vm

    Ek verstaan heeltemal wat jy bedoel met die verorber van ‘n goeie boek en die hartseer gevoel as jy die laaste sin klaar gelees het! Party boeke is net so goed dat mens nie wil he die storie moet einde kry nie.

  4. vygie Maart 13, 2008 / 12:20 nm

    Sjoe, ja. Ek moet bieg dat ek totaal doof word as ek lees. Dirk is nie juis so nie. Hy lees verkieslik koerante en tydskrifte. Maar hy los my maar liewer as ek my verdiep het in ‘n boek. Want as ek kan lees is ek gewoon ‘n heelwat makliker mens om mee klaar te kom.

  5. Roer Maart 13, 2008 / 12:43 nm

    Ek neem aan jy kan spoedlees. Dis my groot probleem. Ek’s ook mal oor lees en versamel boeke, maar dit vat my ‘n ewigheid om boeke te lees. Lekker om van ‘n mede boekwurm te hoor.

  6. Da Mario Maart 13, 2008 / 1:24 nm

    /me like dit ook kwaai om te lees!

    Daar is boeke in my boekrak wat ek so een keer ‘n jaar weer lees, want dis net te goed. Dit maak nie saak dat ek die storie min of meer ken nie, ek lees dit weer vir daai detail wat jy met tyd vergeet, en elke keer vind ek weer hoe die storie my boei…

  7. sommergoed Maart 13, 2008 / 2:36 nm

    Ek kry nou nog nagmerries oor Sus en Boet. Jy was op 6 al ‘n ywerige klein lesertjie. Soos ek se ek kry nou nog nagmerries want ek was altyd die een wat mos sit as jy begin voorlees!

  8. sonkind Maart 13, 2008 / 5:27 nm

    Jy klink vir my alte veel na myself. Ek voel skoon soos ‘n weeskind wat haar familie verloor het as ek ‘n goeie boek klaar gelees het!

  9. rianabrand Maart 13, 2008 / 6:07 nm

    Hmmmm – ‘n medebewonderaar van woorde… woorde wat kan betower. En dit het alles begin met Mills & Boons op 10 jarige leeftyd… en nou is dit so dat dit wat ek lees ‘n film in my gedagtes word…’n heerlike ontsnap van die werklikheid. Salige ure van lees word jou toegewens…Mede boekwurm. R in Belgie.

  10. rosalindfranklin Maart 13, 2008 / 6:17 nm

    Ek is verslaaf aan lees. Ek het ook al depressief gevoel as ‘n boek klaar is, gewens daar is meer en meer.

  11. knersis Maart 14, 2008 / 12:28 nm

    Is ook mal oor lees, maars nous ek nuuskierig. Watter boek lees jy nou so lekker?
    🙂

  12. netjane Maart 14, 2008 / 12:31 nm

    Knersis ek het Fingersmith van Sarah Waters gelees. Nog nooit vantevore een van haar boeke gelees nie, maar dit vreeslik geniet.

  13. rosalindfranklin Maart 14, 2008 / 12:38 nm

    Ek het ook Fingersmith gelees, heerlike boek. Tipping the Velvet is net so mooi verhaal.

  14. knersis Maart 16, 2008 / 7:58 nm

    Sal so bietjie gaan loer, dankie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s